SONDE MET DIE BURE

2012-07-31 15:32

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy’t gedink om hom DBV toe te neem, sê die vrou. Lyk nie of hy ’n huis of eienaar het nie.

Ondanks die feit dat hy in ’n goeie kondisie is en ’n halsband dra?

Wel, ja, antwoord sy verbaas. Maar… wil ek nie inkom nie? Dan wys sy my ewe sy “gunsteling-lêplekkie”.

En net daar verloor ek dit. Ek vertel vir die simpel vrou hoe onlogies haar redenasies is, tel my kat aan sy nekvel op en loop. Bure!

Ons het dit almal al gehad – wat Langenhoven as “sonde  met die bure” beskyf het. En dis óf oor ’n kat wat ’n ander een  se kos opeet en ’n boom wat nie munisipale grense respekteer  nie, óf ’n raserige ryding wat op onmenslike ure brullend van langsaan vertrek.

Hanlie Kuys* van Gauteng vertel hoe sy een naweek met ’n pap babatjie by haar ma gaan kuier het.

“Vrydagmiddag om halfdrie het die buurman se huisalarm  afgegaan en nooit weer opgehou tot Sondagaand sewe-uur nie. Die bure het ’n luilekker naweek op Clarens gehad en die hele naweek beloof hulle is op pad terug, of dat sy broer nóú die alarm sal kom afsit.”

In Hanlie se geheue is dit ingebrand as “die slegste naweek van my lewe”.

“Nina kon glad nie slaap nie, die hele naweek! Die alarm lui tien keer, hou op vir 30 sekondes, dan begin dit weer – en Nina skrik weer wakker… Selfs die veiligheidsdienste kon nie help nie. Die hele buurt was woedend, maar die buurman het bloot vir ’n paar weke laag gelê.”

Gerhard Swart*, uit die suidelike voorstede van Kaapstad, se storie is een van blinde sambok. Sy buurvrou hét twee jaar vantevore sy aandag op ’n lekkende pyp (syne) gevestig, in die muur tussen hulle twee skakelhuise. Maar hy het dit gerieflikheidshalwe vergeet. Totdat hy die dag tuis opdaag om ’n hoop bakstene en ander bourommel voor sy deur te kry. Die water het uiteindelik die buurhuis se kombuiskaggel laat instort. En die buurvrou laat die gemors én die rekening mooitjies voor Gerhard se deur.

Onmin tussen bure kom van ver af. Al maan die Bybel jy moet jou medemens liefhê, is dit ook hier waar ons sommer vroeg al van die twis tussen Abram en Lot se veldwagters lees. En hoewel ons nooit lees dat dié twee baklei het nie, was dit juis omdat hulle saam op een stuk grond gewoon het waar die probleme begin het. Om vredeshalwe, dus, dat Abram en sy neef weggetrek het.

Deesdae se blyplekke is so klein, dit voel dikwels jy moet ’n stuk grond deel.

Christine Muller* vertel hoe sy haar buurvrou twee keer op een dag moes lawe oor die buurman se bouery. Die kompleks waarin hulle woon, kom van ver en is van “ongebakte modderbakstene met lae en lae pleister”. Rondte een, vertel Christine, was toe haar buurvrou tuis kom en al die muurteëls in die bad vind. Die voortdurende gekap aan die ander kant het uiteindelik háár teëls losgeskud. Gelawe met ’n koppie tee het die buurvrou die teëls uit die bad gepak, water ingetap en haar nie verder ontstel oor wat anderkant die mure van Jerigo gebeur nie.
Maar bollings skuim, brandende kerse en strelende musiek word wreed onderbreek toe Buurman eers sy hand en toe sommer sy kop deur die muur druk om om verskoning te vra… (Dis waar die tweede lawing nodig was.)

Hoe dan tog gemaak?

Etiket-kenner Emsie Schoeman sê dis steeds goeie maniere  om nuwe intrekkers met ’n fles koffie en ’n bakkie beskuit te  verwelkom.

“Julle het mekaar nodig. As jy ’n tyd lank weggaan, kan jy darem op jou buurman se nommer druk en vra: ‘Buurman, hou tog asseblief ’n ogie.’ Raak vriende, minstens kennisse. Laat weet as jy gaan partytjie hou en raas, vra hulle moet geduldig wees.”

Oor ’n blaffende, keffende geraas vertel Emsie die volgende staaltjie oor Philip Nel, ’n eertydse burgemeester van Pretoria, wie se buurman hom een nag om drie-uur gebel het: “Jou hond se gekef hou my nou al die heelnag wakker,” kla hy en plak  die foon neer. Philip het die volgende nag – ook om drie-uur –  teruggeskakel om te laat weet hy het nie ’n hond nie.

Op ’n ernstiger noot: Rentia Malan* en haar gesin het groot hartseer beleef kort nadat hulle uit die Vrystaat Johannesburg toe getrek het. Hulle was nie tuis nie, toe die buurman se twee groot honde ’n gat onderdeur die draad gegrawe en die Malans se lieflinghond baie sleg gebyt het. En al het die ánder buurman met die hond veearts toe gejaag, was dit te laat. Boonop, vertel Rentia, was die skuldige buurman vreeslik arrogant: “Wat wil jy hê moet ek nou doen?” was sy vraag. Totdat sy een oggend genoeg gehad het van die twee onwelkome kuier-honde.

“Ek het hom gebel en gesê as hy nie nou sy diere kom haal nie, gaan ek die polisie bel om hulle van kant te maak.” Dieselfde dag nog het die buurman die gat tussen die twee erwe toegemessel.

Genoeg om jou na die gereg te wend, ja.

Maar ’n prokureur van Kaapstad, Piet Matthee, wys daarop dat daar nie ’n eenvoudige antwoord is wanneer dit by buurmanskap kom nie.

“Ek dink die basis van ons burereg word saamgevat in die ou regspreuk waarop beide die Engelse en die Romeinse burereg gegrond is, naamlik sic utere tuo ut alienum non laedas (‘gebruik jou eie só dat jy die goed van ’n ander nie beskadig nie’).”

Lees ’n mens in Law of South Africa (LAWSA) kom jy tot dieselfde slotsom: Burereg kan nie na ’n enkele regskonsep teruggespeur word nie en dit berus ook nie op ’n enkele regsbeginsel nie.

Hoe sou ’n mens ook maak in ’n saak soos die volgende?

Marais Botha*, nog ’n Kapenaar in een van die ouer voorstede waar die huise knap teenmekaar staan, vertel hoe sy buurvrou haar ontferm het oor “die hele buurt se rondloperkatte”. Haar motorruit was permanent oop sodat die straatkatte daarin kon slaap, en saans het sy vir hulle kos op die motorkap bedien. Asof die geraas en reuke nie genoeg was nie, het sy buurvrou gemeen háár liefdadigheid verdien dieselfde: Sy het vir Marais ingelig dis sý plig om vir háár kos te maak.

“Dis tog wat gay buurmans doen, dan nie?”

Verdra maar, maan Emsie, want met jou bure wil jy nie sonde hê nie. En, waarsku die skrywer Rudyard Kipling, as jy die gewoonte het om moeilikheid te loop soek, moenie jou bure saamnooi nie.

(’n Mens kan seker net hoop die bure sal ook hierby hou…) 

En dis óf oor ’n kat wat ’n ander een se kos opeet en ’n boom wat nie munisipale grense respekteer nie, óf ’n raserige ryding wat op onmenslike ure brullend van langsaan vertrek.

*Name is verander ter wille van goeie buurmanskap.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 2-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 0-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: -2-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-19°C Mostly sunny. Cool. PE: 7-17°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors Clerk

Western Cape
First Technology Holdings (Pty) Ltd

Creditors Clerk

Western Cape
First Technology Holdings (Pty) Ltd

Optometrist needed

Northern Cape
World Careers
R22 000 - R35 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!