Skeppende hoof, Mandie van der Merwe

2012-10-17 13:59

FOTO: Inga Hendricks

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar’s ’n gesegde dat almal in die reklamebedryf rock stars is. Jy sê egter self jy’s nie cool nie…
Om kreatief te wees, beteken nie jy moet heeltemal way out wees nie. Wees jouself en wees eerlik met die wêreld oor wie jy regtig is. As jy van nature ’n verantwoordelike soort mens is, moet jy die selfvertroue hê om presies dit te wees.

Van waar jou belangstelling in reklame?

Ek was in die Pro Arte-skool in Pretoria, en daar is ons aangemoedig om te waag met nuwe idees. Maar soos enige verantwoordelike Van der Merwe wou ek in ’n beroep wees waar ek as mens kan groei. (My pa het ook gereken dis ’n slim plan as ek iewers kan gaan werk waar ek betaal word om prentjies te teken.)  

Waar het jou loopbaan begin?

Ek het by die AAA School of Advertising studeer en my eerste werk was ’n internskap by Bosman & Johnson, nadat ek as student ’n Pendoring-prys gewen het. Vandag werk ek al tien jaar saam met dieselfde kopie-skrywer, Avish Gordhan, ook die man in my lewe.

Nando’s se advertensies geniet byna kultus-status. In die Pendoring-wenner baljaar Robert Mugabe onder andere saam met Muammar Gaddafi in die duine en stoot hy ’n vinger-swaaiende P.W. Botha op ’n swaai. Watter eienskappe moet jy hê om só iets te help skep?

Beslis ’n donker sin vir humor! Jy kan jouself glad nie te ernstig opneem nie. Dis ook belangrik dat jy van mense hou en mense respekteer – selfs dié met wie jy spot. Jy moet ook koerant lees en op die hoogte bly van wat in die harte en op die tonge van Suid-Afrikaners is. Nando’s probeer altyd iets van die heersende tydsgees en sentiment weergee in hulle advertensies. Laastens moet jy bereid wees om baie hard te werk. Juis omdat Nando’s bekend is vir uitstekende reklame is hulle standaarde baie hoog!

Waar kry jy jou idees?

’n Mens se brein is soos ’n spons. Hoe meer jy aan goed blootgestel word, hoe beter. Ek studeer buitemuurs deur Unisa, met vakke soos filosofie, godsdienswetenskappe en sosiologie sodat ek beter kan verstaan hoe mense dink. Baie idees kom ook uit boeke – ek is mal oor lees. Ek glo jy moet jouself oopstel vir nuwe idees – gaan as ’n Van der Merwe na ’n partytjie, of beter, Soweto toe, en kyk die reaksie!

Watter loopbaanraad sal jy aan mense gee?
Gaan leer by dié met ervaring sodat jy uiteindelik ’n portefeulje en netwerk het waarmee jy ’n loopbaanpad kan stap. ’n Mens kan nie ’n prys aan goeie ondervinding koppel nie.

Kyk by www.youtube.com/watch?v=u1EX--vdxh4 na die Nando’s-advertensie.


Wat doen jy as jy nie advertensies uitdink nie?
Ek versamel vetplante! Ek kan myself nie help nie, as ek ’n plantjie sien, moet ek ’n steggie steel. Ek het seker al 150 plante, en ek bly in ’n woonstel… En ek duik graag – ek was vrek bang, maar moes daardie vrees oorwin, en nou is die onderwaterwêreld vir my baie mooi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

MI Accountant Non CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.