So is die lewe: Bo-Kaapse troue

2012-08-29 10:42

Die weerman het alwetend verkondig dat dit nie voor Woensdag weer sal reën nie. Maar kyk nou – eers het net ’n digte mis vroegoggend van Robbeneiland se kant af ingestoot en die stadskom toegespoel in ’n melkerigheid, soos Jik-water. Maar nou begin my voete koud kry, en nie lank nie of ’n sagte motreën – net genoeg om ’n mens te dwing om die wasgoed teësinnig in te bring – sproei van die Spar se kant af.

Steeds, dis maar ’n halfhartige besigheid, g’n regte Kaapse reën nie. Op die hoek stotter die tuindiensmanne se grassnyer voort; die son kaats nog kordaat van Tafelbaai se water af terug en die naamlose gemmerkat bly sit, pootjies viets bymekaar, op die stoeptrappies – pof skaars sy wolle uit teen die nattigheid.

Die klossie kraaie op die oorkantste woonstelblok skuifel wel koddig-sywaarts nader aan mekaar toe ’n rukwind ewe skielik ’n leë lemoensapbottel klaterend straataf jaag. Hier’s dit nou...

Die nuuskierige ou vrou oorkant die straat por haar vuilwit hondjie aan om gouer klaar te piepie, hark dan die diertjie ongeduldig met een spekkige arm van die grasperkie af op en waggel moeisaam op geswelde voete by haar stoepdeur in – vies vir die ongure weer, vies omdat sy nou nie meer vir kwaadgeld buite kan rondhang en almal se besigheid uitkyk nie.

Die palmboom se kuiftakke kry lewe. Kragkabels wip senuweeagtig as ’n paar duiwe eensklaps afduik, dan in die melkerigheid wegswaai. Die grassnyer ruk dood. Alles kom tot rus.

Die reuk van klam grond en die bliksmaak van stomende teer klouter oor my balkonmuurtjie op. Die silhoeët van ’n vragskip skuif stom by die hawe in.

Maar bo Seinheuwel hang tog repies blou lug. En in die Bo-Kaap blink motorruite al rondom die Jameah Masjied in Chiappinistraat. Hoe kon ek vergeet: Dis mos vandag Jakkals se nikah met Wolf se vrou!  

Sophia van Taak is artikelredakteur by Weg!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Matt Heyns sê... Weet jy die cape flats se memory stick bestaan uit 'n memory stick met twee vals tande. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.