So is die lewe: Dis in ons midde

2012-08-14 14:06

Die ontbrekende stuk van die kosmiese legkaart is glo gevind: die Higgs-bosondeeltjie, wat waarskynlik gewig aan materie verleen en die unbearable lightness of being ophef. Blykbaar is die heelal in ’n onsigbare magnetiese veld gebaai waardeur sekere gewiglose deeltjies gemaklik kan beweeg terwyl ander, wat (tot nou toe) raaiselagtig massa besit, meer van ’n impak op die veld het.

Dis alles opwindend en net-net oor my kop, soos digte poësie. Dit laat my nadink oor die media. Daar is ’n onsigbare veld rondom mense. “Media” is lukrake deeltjies wat deur die veld glip. ’n Medium is ’n voertuig, boodskapper, bemiddelaar wat met die anderkant kan kommunikeer.

Toe ek ’n kind was, het my pa soggens die koerant gelees en die radio was die hele tyd aan. Alles was duidelik en eenvoudig. Jy het een mening gehoor (die destydse regering s’n) en kon dit afskakel, toevou.

Maar met die koms van die wêreldwye web het die onsigbare veld rondom ons so poreus geword. Veral deeltjies wat min gewig dra, glip moeiteloos deur. Oral krioel en biep seine, flitse en golwe, draadloos.

In die nag knipoog ’n paar kleure liggies op verskillende plekke in die kamer, die slapende BlackBerry vibreer steunend wanneer e-pos inkom, of ’n SMS, of kommentaar op Facebook, die wekkerradio waarvan die volume afgedraai is, tel nou en dan statika op van die ander toebehore, die laptop laai en flikflooi, die Kindle rus.

Die sitkamer is Starship Enterprise; elke muurprop is beset deur laaiende kameras, iPods, boomboxes, docking stations.

In die kind se kamer slaap sy, in die blou lig van haar oop skootrekenaar, onrustig. Die selfoon onder haar wang brom. Haar maniese duime vuur in die slaap ’n antwoord af.

Ons is infofiele, kompulsiewe kommunikeerders. Die media is nie meer in die middel nie, maar in ons midde.

Dis onmiddellik.  

Deborah Steinmair is ’n joernalis en skrywer. Haar misdaadstorie,
Poppekas, is nou op die rak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.