So is die lewe: Kaal in die koue

2012-08-08 15:29

“Ons gaan die koue naloop,” sê my vriendin.

Ek vra nie waar nie, want ek weet.

“Gaan sê hallo by Kambrokind,” sê ek. “Ry Salpeterkop toe en as julle deur Verlatekloof ry, groet die garingbome vir my.”

By die hotel op Sutherland word hulle langs ’n two bar-verwarmertjie sitgemaak vir koffie. Maar Rooikat se kroeg met die vuur roep. Laataand ’n knertsie whiskey en ’n pimpeltjie port.

Dit word nag. Dis vyf grade buite en die ysbere sluip deur die strate. Vriendin oorweeg om soos die Chinese kindertjies te maak. Naai die openinge van jou pajamas nouer en trek dagklere bo-oor sodat môre se pyn heelwat ligter op die lyf sal wees.

En toe kies Geliefde om dese nag te slaaploop. Op Sutherland van alle plekke.

Hy wandel glo deur die gang. Versigtig die trappe af. Gooi ’n es deur die eetkamer en gaan groet die koue asse in Rooikat se kaggelkroeg.

Vriendin wag hom in aan die bopunt van die trap. Sy’t ook al geleer ’n mens maak nie ’n slaaploper skrik nie.

Nie ’n veteraan-somnambulis wat ná jare besluit het om op Sutherland sy loop te kom loop nie.

By ontbyt vertel hy. Hy was glo so ses jaar oud op hulle plaas op Stonehouse, Maclear. Ma en Pa ken hulle dwalende nagkind.

Hy staan op, klim uit sy pajamas en loop kaalgat uit na sy oppassers in die huisie op die rand van die erf. Dan weer al die pad terug tot in sy kamer. Sê mooi aan sy ouers dat hy moes gaan seker maak Lena is oukei. Klim in sy hopie pajamas op die vloer en gaan voort met die slaap.

Ek wonder nou nog oor die pajamas. Naak in ’n Sutherlandse winternag? My vriendin seg niks, maar ek ys om te dink…  

Nanette van Rooyen is ’n skrywer. Haar nuwe jeugboek, Ek was hier, is nou op die rak.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.