TROEFKAART: DIE PHELPS - FENOMEEN

2012-08-01 13:37

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Amerikaanse swemmer Michael Phelps (27) het by die Olimpiese Spele in Athene en Beijing sestien medaljes gewen, waarvan veertien goues. Sy agt goues in Beijing is die meeste nog by een Olimpiese Spele. Marianne Kriel, ’n bronsmedalje-wenner by die Spele in Atlanta, help om die raaisel om Michael se uitnemendheid te ontrafel.

1. ’N “ONREGVERDIGE” VOORDEEL
Nadat hy in 2008 geskiedenis gemaak het met sy agt goue medaljes is daar verskeie wetenskaplike studies oor Michael gedoen.
Hy is volmaak gebou vir swem. Sy “vlerkspan” of armlengte is verstommend. Die meeste mense se armlengtes is gelyk aan hul lengte van kop tot toon. Maar Michael is 2,03 meter van een vingerpunt na die ander en hy is 1,93 meter lank. Hy kan dus verder strek om die swembadmuur vroeër te raak.
Hy het natuurlike paddavoete, want hy dra ’n 13,5-grootte skoen en hy kan sy enkels 15 grade verder buig as die gemiddelde mens.
Michael het ’n baie langer bolyf en korter bene vir sy lengte. Hy het dus minder lyf om deur die water te trek en is doeltreffender met die draaislag by die muur.

2. ‘N OBSESSIE MET WATER
Michael bestempel water as sy ontvlugting, as een van sy gunsteling-plekke om te wees.
Hy oefen vyf tot ses uur per dag vir ses dae van die week en geniet dit.
Hy is gek daaroor as sy afrigter hom onder druk plaas in die oefeninge en nuwe en groter uitdagings aan hom stel.
Hy het ook ’n puik span wat hom wetenskaplike ondersteuning bied soos video’s van oefeninge en ontledings van die draaislag.


3. TEGNIES GOED TOEGERUS

Michael het ’n natuurlike aanvoeling vir die meganiese aspekte van swem en gebruik ekonomiese bewegings in die vlinderslag.
Uit die foto is dit duidelik dat hy laag oor die water beweeg. Hy mors nie energie met op en af beweeg nie.
Verder sien ’n mens ’n spatsel (“splash”) agter hom, wat ’n teken is van sy kragtige skop en sterk heup-bewegings.
’n Mens moet jou heupe so hoog as moont¬lik in die water hou. Dis natuurlik om jou heupe te laat sleep as jy moeg raak in die vlinderslag. Dan is al die werk in die arms en raak dit al moeiliker om hulle bo die water uit te kry.
Michael is amper volmaak met sy armbewegings. Hy haal die water ver voor hom, doen ’n effense kurwe langs en onder sy liggaam verby, en strek al die pad verby sy heupe.

4. SIELKUNDIGE KRAG

Michael se grootste bate is sy sielkundige krag. Hy kan fokus soos min ander.
Hy kan druk ook baie goed hanteer en verwerk, en hy is gaande oor die wedywering.

Die swem by die Olimpiese Spele is  tans aan die gang en duur tot Saterdag. Die tweestryd tussen Michael en sy landgenoot Ryan Lochte kan vir ‘n ongekende hoogtepunt sorg.

* NOTA: Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede Olimpiese goue medalje Dinsdagaand in ’n tyd van 1:52.96 in die 200 m borsslag vir mans losgeswem en sodoende ook Michael Phelps geklop.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.