Troefkaart: Amla-mintig!

2012-08-17 10:50

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hashim Amla (29) het homself die afgelope drie jaar gevestig as een van die beste krieketspelers in die wêreld. Pas het hy ’n onoorwonne 311 op die Oval teen Engeland geslaan, die enigste Suid-Afrikaanse kolwer wat nog ’n driehonderdtal op toetsvlak kon behaal. Kepler Wessels, ’n voormalige SA kaptein en aanvangskolwer vir die Proteas en Australië, verduidelik hoekom Amla so ’n begaafde kolwer is.

 

Houespel

Hy het baie sterk gewrigte en daarmee genereer hy groot kolfspoed, wat bydra tot sterk dryfhoue haaks van die paaltjie aan albei kante. Dit verklaar waarom sy treftempo so hoog is in eendaagse krieket (meer as 91).

Hy het ook die trekhou die laaste tyd mooi ontwikkel.

 

Tegniek

Hashim het sy tegniek die laaste paar jaar verfyn om hom meer doeltreffend te maak. Pleks van ’n oordrewe terugswaai van sy kolf (wat bokant sy kop eindig en in die rigting van die gang-veldwerker wys), het hy deesdae ’n meer kompakte terugswaai.

Hy hanteer ook opslagballe baie beter, want sy kolf gaan nou af wanneer hy ’n wipbal trotseer, pleks van boontoe, sodat die bal verby sy kolf fluit.

 

Uithouvermoë

Hashim het vyftien toets-honderdtalle en nege eendaagse honderd-talle behaal. Ná die eerste toets op die Oval was sy toetsgemiddeld 50,26 en sy gemiddeld in eendaagse krieket is 56,49. Dis ’n getuig-skrif van sy vermoë om ’n beurt te bou en ’n lang beurt te speel.

 

Konsentrasievermoë

Hashim se grootste bate is dalk dat hy vir langer periodes kan konsentreer. (Dit ver-klaar waarom hy 790 minute lank kon walgooi op die Oval onderweg na sy onoorwonne toetsbeurt van 311).

Hy speel met skerp fokus en hanteer druk baie goed.

 

Hy’s bewus van sy beperkings

Slim kapteins kan hom soms in toom hou deur op ’n goeie lengte net buite die wegpen te boul en die bal dan van die naat af terug te swaai na die wegpen toe.

Maar Hashim ken sy beper-kings en sal dienooreenkomstig speel. Hy sal wag vir die swak aflewering en dit dan bêre, pleks daarvan om die pas te forseer met ’n hoë-risiko hou.

 
Die Suid-Afrikaanse toetsspan, vir wie Hashim Amla speel, en Engeland is tans in die derde en laaste toets op Lord’s in ’n stryd om oorheersing gewikkel.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.