Troefkaart: Kaptein Jean

2012-08-23 10:54

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jean de Villiers (31) is die Springbok-kaptein en het reeds in 75 toetse vir die Bokke gespeel. Robbie Fleck, ’n oud-Springbok-senter en deesdae die Stormers se agterlyn-afrigter, gesels oor die vaardighede wat Jean laat uitstaan.


1 Natuurlike buitesenter
Jean is myns insiens beter op buitesenter as binnesenter. Hy is vinnig, groot – 1,90 meter lank en weeg 103 kilogram – en sterk.

Sy verdediging is skerp danksy sy spoed.

Hy kan soos ’n skaduwee aan die aanvaller se binnekant beweeg en hom plattrek deur laag in te beweeg en hom om die bene beet te kry.

Die Stormers se verdedigingsrekord is die beste van al die Super Rugby-franchises. Dis deels te danke aan Jean se organiserings¬vermoë van hulle verdedigingslinie.

Ek dink sy verdediging vanjaar was die beste nog in ’n Stormers-trui.

Die Springbokke speel Saterdag in Mendoza teen Argentinië in die Rugby-kampioen¬skaps¬¬reeks. Australië en Nieu-Seeland is die  ander twee deel¬nemers aan dié reeks.

2 Hier kom spoed


Jean is bedrieglik vinnig. Voor die seisoen begin het, het ons al die Stormers se spoed oor 40 meter getoets. Jean was op 31-jarige ouderdom die vinnigste van die hele lot, Gio Aplon ingesluit. (Net Bryan Habana kon nie getoets word nie.)

Jean sal maklik daardie 40 meter in tussen 4,6 en 4,8 sekondes aflê.

Deur sy hele Springbok-loopbaan was hy altyd onder die drie vinnigstes van ’n bepaalde Springbok-groep.

3 Vaardighede


Sy bewustheid van watter hardlooplyne om te gebruik help hom dikwels om deur gapings te kom. Hy het ’n uitstekende buite-breek, wat hom ’n geskikte buitesenter maak.

Hy kan ook natuurlik na buite uitskuif (in Engels noem ons dit “drift”) en dan die lyn reguit maak. Dis een van sy spesiale eienskappe.

4 Daardie drie teen Engeland

Hy het sy spoed en “drift” veral goed gedemonstreer met daardie drie teen Engeland onlangs. Nie baie senters is vinnig en sterk genoeg om daardie drie te kon druk nie.

5 Spesiale leier
Jean is ’n spesiale leier vir die Bokke en die Stormers omdat sy spanmaats en die bestuur hom respekteer. Hy is ’n inspirerende kaptein wat van voor af lei en het baie by die oud-kaptein John Smit geleer.

Jean sal die bestuur aanraai om nie die span oor die kole te haal as hulle moraal laag is nie. Maar hy sal self onder sy spanmaats inklim as hulle drooggemaak het en ’n paar harde woorde verdien.

Sy tydsberekening oor wanneer om iets te sê, is spesiaal.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.