Troefkaart: Phalaborwa ekspres

2012-07-14 16:02

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dale Steyn (29) is al die afgelope drie jaar die voorste bouler op die Internasionale Krieketraad se ranglys. Hy was die bouler wat op drie na die mikpunt van 200 toetspaaltjies in die minste aantal toetse bereik het en – afgesien van Dennis Lillee – ook die een wat die minste aantal toetse nodig gehad het om 250 toetspaaltjies plat te trek. Allan Donald, een van Suid-Afrika se beste snelboulers ooit en die Proteas se boul-afrigter, bekyk die Phalaborwa Ekspres se deugde.

Suid-Afrika speel van Donderdag op die Oval in die eerste van drie toetse teen Engeland. Wen Suid-Afrika die reeks, sal hy die Engelse onttroon as die voorste toets-span in die wêreld!


1 Spoed
’n Mens kan spoed nie aanleer nie. Dis ’n Godgegewe talent en Dale het dit. Hy het ’n slag dié seisoen in die Indiese Premierliga teen 154,4 kilometer per uur geboul.
Die rede is dat hy ’n uitsonderlike sportman is en daarby wonderlike ritme het. Hy laat ’n mens aan ’n volbloed-renperd dink.

2 Swaai

Sy gewrig-aksie is sekerlik die beste ter wêreld onder snel-boulers en danksy dié aksie kan hy die bal swaai. Wat dit vir kolwers nóg moeiliker maak, is dat hy die bal kan swaai teen 150 kilometer per uur. En dan plaas hy dit op ’n lengte wat die kolwer laat twyfel of hy vorentoe moet beweeg of van die agtervoet af moet speel.
Hy swaai die bal deur die lug, en sy naatposisie, wat altyd na eerste glip wys, is uitstekend.
Boonop vat hy die bal van die blad af effens weg van die regskolwer, wat meestal gedwing word om na die bal te speel.

3 Opslagballe
Sy opslagbal is een van die gevaarlikste aflewerings in wêreldkrieket. Omdat Dale effens korter is, skiet sy aflewering deur na die kolwer se regterskouer toe.
Omdat dit so vinnig en laag deurskiet, kan dit kolwers onkant betrap en moet hulle hulle keer ken as hulle nie teen die kopskerm getref wil word nie.
Daardie opslagbal word gevolglik ’n sielkundige wapen, want dit hou die  kolwers op die agtervoet. En dan voer Dale hulle met ’n voller, wyer bal, wat  dikwels van die rand van die kolf af in tweede glip se hande beland.


4 Temperament
Dale het ’n tipiese snelbouler-temperament. Wanneer hy eers paaltjies neem, gaan sy aggressie en spelpeil in ’n hoër rat.
As hy eers die middelorde geskud het en daar is ’n effens onbedrewe kolwer aan die een kant, wals hy deur die laer middelorde en die eindkolwers en kry dikwels vyf paaltjies in ’n beurt.


5  Treftempo
Dale se treftempo (die Engelse praat van “strike rate”) is van die heel beste in die geskiedenis van toets-krieket.
Sy treftempo van 40,9 beteken hy neem ’n paaltjie elke 40,9 aflewerings.
Dis juis omdat hy teen tussen 140 en 150 kilometer per uur boul en die bal deur die lug en van die naat af swaai. Boonop kan hy met die ouer bal om-gekeerde swaai kry.
Sy beste syfers van 7/51 was teen  Indië in Indië. Dit is opsigself ’n prestasie omdat die blaaie daar soms as snelboulers se begraafplase beskou word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 7-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.