Veilig op die net

2012-09-26 13:53

Die onlangse moord op Olwyn Cowley, ’n jong man wat sy motor op die handelswebwerf Gumtree verkoop het en toe deur die “kopers” ontvoer is, het die land aan die gons: Is dit veilig om aanlyn te koop en verkoop?  Hierdie nuttige wenke sal jou help om veilig te bly in die kuberruim.

Aanlyn-handel is gerieflik, doeltreffend  en voordelig vir kopers én verkopers. 

Vir aanlyn-kopers is daar ’n reuse-ver¬skeidenheid om van te kies en heelwat winskope om op te raap. Jy hoef nie ’n voet uit die huis te sit nie en jy kan koop wanneer dit jou pas.

Vir aanlyn-verkopers is daar die belofte van ’n groter mark vir hulle produkte en lae bemarkingskoste, met agente, middelmanne en duur winkelruimte wat uitgesny word.

Maar daar is ook slegte nuus: Die verskuiwing van transaksies na die internet het gelei tot ’n groot toename in die aktiwiteite van kuber-kriminele. Kansvatters en skelms is bedrywig op die internet, maar met sekere veiligheidsmaatreëls in plek kan jy jou kanse om ingeloop te word heelwat verminder.  

ILSE SE REKENAAR

Daar is verskeie manier waarop jy ingedoen kan word wanneer jy ’n item te koop aanbied op ’n handelswebwerf soos Gumtree. Terwyl sommige transaksies in tragedie eindig, is ander gebruikers soms net hulle besittings kwyt.

Ilse*, ’n argitek van Kaapstad, het in 2011 ’n skootrekenaar te koop aangebied op Gumtree. Sy het byna dadelik ’n koper gevind wat ’n elektroniese oorbetaling na haar bankrekening gemaak het. Omdat hy by ’n ander bank as sy bank, het die geld nie dadelik in haar rekening verskyn nie.

Haar koper het egter ’n bewys van die oorbetaling aan haar gestuur en sy het die rekenaar aan sy drywer oorhandig.

Etlike dae later was daar egter steeds geen teken van die geld in haar rekening nie, en by navraag aan die bank moes sy uitvind dat die betaling intussen omgekeer is. Die koper kon nie weer op sy selfoon opgespoor word nie.

Wenke vir verkopers


• Dis veiliger om met ’n koper te reël om kontant vir die item te betaal.
• Moet niks aan ’n koper oorhandig as jy nie 100% seker is dat die geld in jou bankrekening verskyn nie – bel die bank om te bevestig
indien nodig.
• Moet nooit ’n tjek as betaling van ’n koper aanvaar nie.
• As enigiets oor die koper jou agterdogtig maak, kanselleer eerder die transaksie en kry ’n ander koper.
• Kry vooraf die koper se ID-nommer en volledige kontakbesonderhede.

REINIER SE DODGE

Reinier* is ’n amateur-motorrestoureerder van Johannesburg wat ’n kennisgewing op Gumtree geplaas het toe hy op soek was na ’n windskerm vir ’n ou Dodge wat hy aan’t regmaak was.

’n Man het hom gebel en gesê dat hy nie net ’n windskerm het nie, maar ’n hele ou Dodge met die windskerm nog perfek in plek. Die verkoper het ook, heel toevallig, ’n waentjie gereed gehad wat die ou motor van Durban na Johanneburg sou vervoer. Al wat Reinier moes doen, was om die geld oor te betaal. Reinier het so gemaak en ’n oproep ontvang om te sê die goedere is oppad en sal later die middag in Johannesburg opdaag.

Teen laataand was daar niks nie en die verkoper was skielik ook skoonveld. Hy het nooit weer sy selfoon beantwoord nie en Reinier wag tot vandag toe vir sy ou Dodge met die “perfekte” windskerm.

WENKE VIR KOPERS

Oor Ilse en Reinier se ervarings, sê Aaron Tiessen, ’n gemeenskapsondersteuning-verteenwoordiger by Gumtree: “Kopers én verkopers moet altyd onthou dieselfde beginsels geld vir handel op die internet as vir gewone inkopies: Doen jou huiswerk voor jy koop, en gebruik altyd jou gesonde verstand.

Aaron se drie topwenke


• Doen slegs plaaslike transaksies.
• Doen jou huiswerk: Vra die verkoper vrae oor die item of diens voor jy hom of haar persoonlik ontmoet.
• Reël om die verkoper op ’n besige plek soos ’n inkopiesentrum te ontmoet, en neem iemand saam as jy ’n vreemdeling gaan ontmoet.  
* Name is om veiligheidsredes verander.


10  gebooie vir veilige aanlyn-aankope

1 Kies web-handelaars wat jy ken

Koop altyd by aanlyn-handelaars wat jy vertrou, eerder as om ’n soek-enjin te gebruik om items te vind waarin jy belang stel. Maak seker jy is op die regte webwerf: Spelfoute en swak kopie kan ’n aanduiding wees dat jy op ’n nagemaakte weergawe van die werf beland het.

2 Betaal slegs as jy ’n slot kan sien

Moet nooit enigiets aanlyn met ’n kredietkaart koop as die webwerf nie “SSL encryption” geïnstalleer het nie. As die webadres met https:// (eerder as net http://) begin en die slot-ikoon word vertoon, is die werf waarskynlik veilig.

3 Hou dit eenvoudig

Verskaf so min persoonlike besonderhede as moontlik wanneer jy ’n transaksie op die internet maak en moet nooit jou kredietkaartnommer oor die foon of per e-pos uitgee nie.
Hoe meer inligting jy verskaf, hoe makliker maak jy dit vir kuberdiewe.

4 Gebruik ’n digitale beursie

’n Digitale beursie (of e-beursie) soos PayPal is ’n gerieflike manier om inligting vir aanlyn-aankope te bêre en te gebruik. Inligting in e-beursies word geënkodeer, wat dit beskerm teen bedrog – maar soos met alle digitale oplossings is dit feilbaar.

5 Hou jou sekuriteitsagteware op datum

Maak seker dis op datum. Goeie sekuriteitsagteware sal jou waarsku as ’n webwerf gevaarlik is.

6 Wagwoorde is belangrik!

Maak seker jy gebruik wagwoorde wat nie voorspelbaar is of maklik geraai kan word nie, en verander jou wagwoorde gereeld.

7 Moenie openbare rekenaars gebruik nie

Moet nooit ’n openbare rekenaar soos ’n internetkafee gebruik om aanlyn te koop nie.
Indien jy wel ’n openbare rekenaar moet gebruik om op die web te gaan, selfs al is dit net om vinnig e-pos te lees, maak seker dat jy aan die einde van die sessie uitteken.

8 Gaan jou state gereeld na

Gaan gereeld aanlyn om jou bankstate na te gaan vir kuberbedrog, veral tydens spitstye (byvoorbeeld vakansietye soos Kersfees en Paasfees).
Bel jou bank onmiddellik as jy iets ongewoons op jou bankstaat opmerk.

9 Lees resensies oor die produk en handelaar

Doen ’n soektog na die naam van die produk en handelaar en lees wat ander kopers daaroor te sê het. As jy onseker voel, “google” die produk of handelaar se naam en sit die woord “fraud” by as soekterm – die resultate sal onmiddellik wys as iets nie pluis is nie.

10 Bly skepties

As dit te goed lyk om waar te wees ís dit waarskynlik. Moenie verlei word deur fantastiese spesiale aanbiedinge of promosies nie.

MOENIE DUBBELD BETAAL NIE!

Nie alle skade wat jy met internettransaksies kan lei, is weens kriminele optrede nie: Soms kan ’n doodgewone fout of tegnologiese probleem jou duur te staan kom. Een algemene fout wat mense maak, is om aan te neem dat ’n transaksie nie deurgegaan het nie as hulle nie onmiddellik ’n bevestiging op e-pos van die handelaar kry nie. Moenie sommer dadelik weer betaal nie.

Bel eerder eers die bank en vind uit of die transaksie suksesvol was. Nie alle handelaars sal jou geld terugbetaal as jy twee maal vir dieselfde produk of diens betaal nie.



Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 10-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!