Verkleurmannetjie op die krieketveld

2013-02-23 23:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Saeed Ajmal (35) is een van die mees gevreesde draaiboulers ter wêreld en een van Pakistan se troefkaarte in die internasionale eendaagse T20-wedstryde teen Suid-Afrika.

Claude Henderson, ’n voormalige Suid-Afrikaanse linksdraaier, bekyk hom. Hy gee ook sy uitspraak oor die tweestryd tussen Saeed en die Protea-speler Faf du Plessis in die T20-reeks.

NUUSFLITS

Die eerste T20-wedstryd tussen Pakistan en Suid-Afrika is op 1 Maart in Durban. Faf (SA) en Saeed (Pakistan) is sleutelspelers in dié wedstryd.

1 LAAT BEGINNER
Saeed het eers op 30-jarige ouderdom sy internasionale debuut vir Pakistan gemaak, maar hy het op eersterangse vlak sy spore verdien en baie ondervinding opgedoen – in onder meer 112 eersterangse wedstryde.
Sy rekord is indrukwekkend. Sedert November 2011 is hy die wêreld se voorste T20-bouler op die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys.
In toetskrieket is hy nommer drie ter wêreld op die IKR se ranglys.  

2 SPOED
Hy boul taamlik vinnig vir ’n wegbreekbouler.
Dit maak dit vir kolwers moeilik om hulle voete te gebruik, langs die blad af te beweeg en die bal oor die binnering van die veldwerkers te lig vir grenshoue. Gevolglik kan hy kolwers vaspen.
En wanneer hy vir lang periodes na een kolwer boul, bou hy druk op wat tot hulle ondergang kan lei.

3 OPPAS VIR DIÉ HOUE
Saeed kry baie bodraai (over spin) en daardie wip op Suid-Afrikaanse blaaie kan die ondergang van talle kolwers bewerkstellig.
Die Engelse het verlede jaar die veeghou probeer inspan om Saeed te neutraliseer. Hulle het klaaglik misluk omdat hulle soms die borand by die kolf gekry en uitgevang is naby aan die kolf.
Soortgelyk aan Shane Warne se “flipper” of glybal, beskik Saeed oor die armbal wat reguit deurskiet. Voor die Engelse reeks het hy die kolwers gewaarsku hy gaan die “flipper” gebruik – dit was sy sielkundige truuk om die Engelse te ontsenu.

4 ONPEILBAAR
Saeed het ’n tradisionele wegbreek-aflewering wat indraai na die regskolwer, en beskik ook oor ’n goëlbal of “doosra”, wat wegdraai van die regskolwer. Dít versteek hy baie goed sodat die kolwers dit nie kan sien kom nie.
Verlede jaar kon die Engelse toetsspan Saeed in ’n reeks van drie toetse glad nie lees nie. Hy het verskillende variasies en kamoefleer dit só goed dat die Engelse nie geweet het in watter rigting hierdie wegbreekbouler die bal gaan draai nie. Daarom het Pakistan die reeks van drie toetse met 3-0 gewen en Saeed is as speler van die reeks aangewys met 24 paaltjies.

5 VERTRAAGDE AKSIE
Saeed is iemand wat by die punt van aflewering ’n stadige of vertraagde aksie (delayed action) het. Dit beteken hy hou die kolwers tot op die laaste oomblik dop.
Die kolwer moet versigtig wees dat Saeed nie agterkom hy wil hom stormloop nie, want dan kan hy sy aflewering aanpas en die kolwer daarmee flous.
As 35-jarige is dié Pakistani se vermoë om kolwers instinktief te lees en te weet wat hulle wil doen, baie besonders. En juis omdat hy kolwers so goed lees, is hy so suksesvol.

SAEED VS FAF


Die regskolwer Faf du Plessis (28) het Suid-Afrika onlangs in T20-wedstryde gelei. Hy is bekend as ’n goeie speler teen draaiboulers. Sy vermoë teen draaiers het verbeter toe hy in die graafskapreeks teen legendes soos Shane Warne gespeel het.

Faf gebruik sy voete goed teen die draaiers en hy kan ook die bal deur die binnering werk. Daarby is hy blitsvinnig, so hy kan enkellopies steel. Deur die slag te roteer, kan hy Saeed verhinder om druk op te bou.

Faf is vol selfvertroue ná twee honderdtalle en twee vyftigtalle in sy eerste vier toetse vir Suid-Afrika.

My raaiskoot is dat dit ’n 50/50-stryd tussen Faf en Saeed kan wees. Suid-Afrika het die wegbreekbouler Graeme Swann geneutraliseer nadat die span video- materiaal oor hom ontleed het. Hulle sal dieselfde met Saeed doen, maar omdat sy variasies so goed is, sal dit baie beplanning verg om hom onder te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R380000 - R400000

Direcctor of Finance

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R1200000 - R1700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.