Vinnige resep: Hoenderslaai

2011-01-30 21:59

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 Groen slaaie is maklik en lekker om te maak. Enige bestanddeel van jou keuse (solank dit mooi lyk) kan gebruik word. ’n Slaaisous is ook nie nodig nie, maar dit gee miskien net ietsie ekstra aan die slaai. Bedien verkieslik dadelik terwyl die slaaiblare nog bros is.

Hoenderslaai

Lewer 4 porsies

500 g (omtrent 4) hoenderborsies
30 ml (2 e) olyfolie
30 ml (2 e) ligte bruinsuiker
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
2 ml (¼ t) sojasous
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 botter-blaarslaai, in stukkies gebreek
20 g roketblare
1 avokadopeer, gehalveer en in skywe gesny
omtrent 70 g pikante rissies soos Peppadews, in skywe gesny
omtrent 150 g pitlose, swart olywe
4 selderystingels, grof gekap
4 sprietuie, gekap

Mosterdheuningslaaisous


45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) vars suurlemoensap
5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) heuning
15 ml (1 e) gekapte, vars origanum of 5 ml (1 t) droë
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode


1 . Sny hoenderstukke in repe. Meng die olie, bruinsuiker, suurlemoensap, sojasous en geurmiddels by. Laat vir omtrent 15 minute staan. Plaas op oondrak en rooster vir omtrent 10 minute tot gaar en goudbruin. Borsel met die sous gedurende die roostertyd. Laat hoender afkoel.

2. Plaas die blaarslaaistukke en roketblare in ’n opdienbak. Rangskik die avokadopeer, pikante rissies, olywe, seldery en sprietuie op die blare. Pak die hoenderrepe bo-oor.

3. Slaaisous: Kombineer al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die slaai. Bedien dadelik.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 4-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: -2-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!