Vlieger dreig sy suster

2012-02-18 12:40

Vlieger was moeg vir die pyn. Hy het wakker geword toe hy in sy slaap op sy heup draai. Hy het lê en wag dat die pyn verdwyn. Die huis was stil. Sy ma was nog nie terug van die werk nie. Sy horlosie se lang wyser was op die nege en die kortetjie op die twee. Hy het gewonder of daar genoeg tyd was om te stort voor Drienie terug kom van die skool af.

Hy het die Gunston Plain op die bedtafeltjie opgetel, een uit die pakkie geskud en na die vuurhoutjies gevoel sonder om sy kop te lig. ’n Stukkie swael het weggespat van die vuurhoutjiekop en die kombers effe geskroei. Hy het sy rook vol longe getrek. Dit was een van die min dinge wat nog vir hom lekker was.

Hy het die glas-asbakkie in die klein Firestone-buiteband op sy maag laat rus. Dit was drie maande sedert hy uit die hospitaal ontslaan is. Die dik, swart gordyne wat sy ma gemaak het toe hy begin het om nagskof op die Carlton Hotel se skakelbord te werk was toegetrek.

Vlieger het ’n tweede sigaret met die eerste aangesteek en dit ook klaar gerook. Sedert hy uit die hospitaal gekom het, het sy ouers niks gesê oor sy rokery nie. Hulle het nie eens gekla as hy in die bed rook nie. Vlieger het die bottel VAT69 wat hy twee dae tevore gekoop het, uit sy bedkassie gehaal. Hy het ’n groot sluk gevat. Die smaak het sy asem weggeslaan en sy hele lyf laat ril. Hy het die bottel teruggesit en sy houtkrukke nadergetrek.

Drienie het huis toe gekom terwyl hy onder die stort was. Sy het aan die badkamerdeur geklop en gevra of hy iets wil eet.

Vlieger het die krane toegedraai en dit reggekry om homself af te droog sonder om in die spieël na sy wond te staar.

Drienie was besig om eiers te bak toe hy in die kombuis kom.

“Smeer vir ons brood, Hopalong Cassidy.”

Vlieger het op sy krukke na die broodblik geloop en die brood uitgehaal. Hy het die botterpot nader getrek en alles op die wit kombuistafel neergesit.

“Jerry het gistraand gebel,” Drienie het ’n blikkie sousboontjies oopgemaak.

“Hamilton-Jones?”

“Ken jy enige ander Jerrys?”

“Maar hy weet ek werk in die aande.”

“Hy wou nie met jou praat nie.”

“Met wie wou hy dan praat?”

“Met my.”

Vlieger het die smal stukkie wit broodpapier afgehaal. Die woord ATLAS het in opgehewe letters op die kant van die brood gestaan. Die mes het maklik deur die eerste A gegaan.

“Hy het gevra of ek saam met hom sal gaan fliek,” het Drienie verder gepraat toe haar broer niks sê nie.

“O.”

Die vierde sny brood was klaar gesny. Sy suster se nuus het hom verbaas.

“Sal jy Pa vra of ek saam met Jerry kan gaan? Ma sê hy is te oud vir my.”

“Miskien moet Jerry self vir Pa vra.”

“Maar, dis so...”

“So wat?”

“So... Afrikaans.” Drienie het vies hul eiers in borde geskep en op die tafel gesit.

Vlieger het sy bord nadergetrek en roereier op sy brood gesit.

“As jy Pa vra of ek saam met Jerry kan uitgaan, sal ek hom nie sê jy steek bottels drank in jou bedkassie weg nie,” het sy haar taktiek verander.

“Hy weet daarvan.” Vlieger het ’n sny brood met eier in sy mond gesit

“O ja, ek het vergeet... Kaptein Caprivi kan mos niks verkeerd doen nie.”

Drienie se stem was driftig. Vlieger het ophou kou. Die eier en brood was droog in sy mond. Hy het opgekyk. Sy suster se hand was voor haar mond.

“Ek’s sorrie,” het sy saggies gesê.

Vlieger het geknik. Dit was die eerste maal sedert die hospitaal dat ’n lid van sy gesin hom gekritiseer het. Dalk die eerste maal dat een van hulle eerlik met hom was. Hy het sy krukke opgetel en van die tafel af weggeloop.

In die slaapkamer het hy die bottel uit die kassie gehaal.

Die whisky het die water in die toiletbak verkleur toe hy dit daarin uitgooi. Hy het dit weggespoel en die leë bottel onder sy bed weggesteek.

Drienie het met rooi oë by die tafel gesit toe hy terug in die kombuis kom.

“Ek sal met Pa praat.” Vlieger het sy stoel uitgetrek. “Jerry is my pêl; as jy sy hart breek, gee ek jou ’n snotklap.”

“Ek klap jou terug,” het Drienie gesê.

Maar terwyl sy tamatiesous oor haar eier gegooi het, het sy geglimlag. Hulle gesin was nie die soort mense wat aan ander geslaan het nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

ERP Developer

JHB - Southern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R240000

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.