Vry gebore

2012-10-21 14:52

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

In 1994, die jaar van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing, is die sogenaamde “born frees” gebore – ons eerste generasie baba’s wat nie die juk van apartheid dra nie. Vanjaar word die born frees 18 en hulle het sterk opinies oor ons demokrasie, wat saam met hulle volwassenheid bereik.




Rasseverhoudinge

Clement: Ek voel glad nie geïnhibeer nie. In die apartheidsjare was strande en sekere openbare plekke net vir sekere rasse, maar deesdae kan jy gaan waar jy wil en só kan jy nuwe kennisse ook maak. Ek probeer maar sosiaal wees en so aan; ek het vriende van alle rasse. Ek is wel bekommerd dat daar te veel buitelanders in Suid-Afrika is.

Chantelle: Ek het vriende van ander rasse, maar party van hulle mag nie in die publiek met my praat nie, want hulle ouers hou nie daarvan dat hulle met ’n gekleurde meisie vriende is nie. Dit pla my baie. Mense behoort almal dieselfde te behandel.

Suzanne: Ras is nie vir my so belangrik nie; dit speel nie regtig ’n groot rol in my lewe nie. Die meeste van my vriende is wit.

Ek het wel swart vriende, meestal deur netbal. Partymaal is ek bekommerd dat daar ’n omgekeerde apartheid sal wees, en dat ons uit ons huis sal moet trek of iets, maar ek dink darem nie dit sal gebeur nie. Ek dink nie mense het van apartheid vergeet nie, maar ek dink hulle vergewe. Of, ek hoop so!

Khumbula: Hoewel ek na ’n veelrassige skool gaan, is ras steeds ’n faktor. Toe ek jonger was, het ek gevind dat al die rasse meer vrylik meng en ek het baie meer vriende van ander rasse gehad. Op hoërskool is mense geneig om met hulle eie ras te meng. Dit is weird, maar dis asof mense in hulle gemak¬sone wil bly, hoewel die klimaat in die land verander het.

Palesa: Ek woon in Soweto waar die meeste inwoners swart is, maar ras is steeds ’n konstante kwessie in my lewe. Ek dink swart mense was só lank oortuig dat wit mense beter as hulle is dat mense steeds met daardie idee worstel. Alles wat wit is, word steeds as beter gesien: As jy in ’n wit skool is, is jy beter, ensovoorts. Die lys is eindeloos.  Ander mense dink hulle het geen toekoms nie omdat hulle in ’n “swart” wêreld woon, maar ek weier om dit te glo.

Die toekoms van Suid-Afrika

Palesa: Ek het gemengde gevoelens oor my toekoms hier. Somtyds glo ek as ek hard werk, sál ek ’n goeie lewe vir myself kan skep. My idee van ’n goeie lewe is om ekonomiese vryheid te hê: Ek wil nie bekommerd wees oor geld vir vervoer of kos nie. Ek wil ’n goeie werk hê wat my sal toelaat om ’n mooi huis en kar te hê en om die dinge te kan bekostig wat ander mense kan. Dan hoor ek van mense met grade wat nie werk kry in Suid-Afrika nie, en dan voel ek ek wil nie ’n statistiek word nie. Ek wil na ’n meer ontwikkelde land trek sodat ek kan werk om die lewe te hê waarvan ek droom.

Chantelle: Ek voel in die algemeen positief oor die toekoms, maar daar is ’n paar dinge wat my negatief maak, soos geweld en misdaad. Mense van ander lande kom Suid-Afrika toe en pleeg misdaad en ons land lyk op die ou end sleg vir mense van buite. As dit kon verander, sou ek veiliger voel.

Clement: Ek voel nie positief oor die toekoms in Suid-Afrika nie, want hier is te veel mense. Die bevolking is te groot. Daar is meer geleenthede oorsee. Mens hoor ook van mense wat die nodige kwalifikasies het wat nie werk hier kry nie. Ek dink as daar minder bedrog is, sal dinge ook beter word.

Khumbula: Ek voel redelik vol vertroue oor my toekoms. Ek is bevoorreg omdat ek ’n goeie opvoeding gekry het, soos my ouer broers en susters. Ek glo daar is ruimte vir geskoolde arbeid in Suid-Afrika en in my gekose veld.

Suzanne: Ek weet nie.  Ek weet nog nie eens wat ek wil studeer nie. Ek dink ek voel positief, want ek glo as jy hard werk, sal jy suksesvol wees. Ek wil in Suid-Afrika bly, want dit is waar ek vandaan kom. My ouers en grootouers is hier. Dit is my herkoms. Ek wil graag oorsee reis en die lewe buite Suid-Afrika ervaar, maar ek wil definitief hier woon.

Die nalatenskap van apartheid


Suzanne: Ek dink apartheid is iets wat gebeur het omdat dit na die regte ding gelyk het in daardie tyd. Dit was natuurlik nie en baie lewens is verwoes as gevolg daarvan, en mense is fisies en emosioneel afgebreek.
Ek dink nie dit het eintlik vandag ’n invloed nie. Ek dink ons het nou almal dieselfde geleenthede.

Palesa: Ek voel dankbaar dat ek ná apartheid gebore is. Ek het geleenthede wat my ma nooit gehad het nie en daarom voel ek ek is dit aan haar verskuldig om beter te vaar. Hoewel almal dit nie glo nie, is daar vandag meer geleenthede, sommige mense gryp net nie die geleenthede aan nie.

Chantelle: Apartheid het nie regtig ’n uit¬werking op my lewe vandag nie, maar ek is bly ek is nie tydens apartheid gebore nie. Wat my ouers vir my vertel het oor die omstandighede waarin hulle grootgeword het, klink nie goed nie.

Hoe dinge sedert apartheid verander het

Clement: Vandag het ons baie meer vryheid van spraak. Maar apartheid het steeds ’n invloed op ons lewe, want as jy aansoek doen vir ’n pos of so, dan kry jy punte
volgens jou geslag en jou ras, en ek verneem dat swart vroue die meeste punte kry.

Khumbula: Dinge het verander in Suid-Afrika; ek is een van dié vir wie die lewensgehalte oor die jare verbeter het. Ek is dankbaar oor my omstandighede, maar ek voel steeds baie swart mense se werklikheid het erger geword. Ek het familielede wat steeds sukkel; dis asof die verandering waarvoor almal gewag het, net ’n uitgesoekte groep beskore is en dít is die probleem. Ek dink nie Suid-Afrika is waar dit 18 jaar ná demokrasie behoort te wees nie: Daar is ’n klomp werk wat dringend gedoen moet word.

Kyk Bornfrees 3 op e.tv, Sondae om 18:05.


Clement Coetzee
• Hoërskool Voortrekker, Kaapstad
• Onderhoofseun, avontuurlustig, blokfluitspeler
• Rolmodelle: Natalie du Toit en Oscar Pistorius
• Wil volgende jaar B.Sc gaan studeer

‘Ouers se opinies kan steeds ’n uitwerking  op jongmense se persepsies hê’

Palesa Tsele
• Hoërskool Beyers Naude, Soweto
• Dogter van ’n enkelma, wat hard werk om die pot aan die kook tehou
• Slim, gedrewe
• Glo die lewe is wat jy daarvan maak

“Wanneer ek universiteit toe gaan, hoop ek om met mense van alle rasse interaksie te hê.”

Suzanne van den Bergh
• Hoërskool Linden, Johannesburg
• Sportmal
• Groot passie: netbal!
• Droom: Om SA-netbal
te speel

‘Vandag het almal dieselfde geleenthede.’

Chantelle Felix
• Gansbaai Akademie, Gansbaai
• Eerste persoon in haar familie wat matriek bereik
• Stil en saggeaard
• Mal oor pienk

‘Party mense dink steeds soos in die ou dae.’


Khumbula Ngcobo

• Een van die born frees op die e.tv-program
• St Peters College, Johannesburg
• Lief vir rugby en sokker
• Wil regte studeer by Wits

‘Ek dink nie Suid-Afrika is waar dit behoort te wees 18 jaar ná demokrasie nie.’

677 000 kinders is in 1994, saam met ons demokrasie, in Suid-Afrika gebore. Hier gesels vyf van hulle oor rasseverhoudinge, die verlede, die toekoms… en of dinge werklik verander het.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers late. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 1-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-25°C Sunny. Mild. PE: 10-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!