Wit tande en oranje boude

2013-02-02 23:25

Ek moes inbetaal op die terugvlug van New York: oorgewig. Shop ’till you drop. Ek het bietjie baie gehap van die Groot Appel. En ongelukkig was die tas nie al wat oorgewig was ná die kuiertjie nie.

Die kilogramme het hulleself misterieus kom nestel teen my heupe en boude. Kon ek maar net R250 per kilo betaal soos met die tas en daarvan vergeet!

Helaas, dit sou te maklik wees. Nog ’n hot doggie vir jou, Margit? 

En nou het ek ’n probleem, want twee dae ná my tuiskoms moet ek op die verhoog klim in ’n skrapse outfit. En daardie kilo’s klou hardnekkig. Kom oornag intrek, maar weier mos halsstarrig om te move, verdomde plakkers! Weet julle nie hoe onwelkom julle is nie?

Ek het dit!

Iewers in my yskas kruip die tandbleikmiddel al vir maande tussen die kaas en viennas en olywe weg.

Groot glimlag, wit tande, dit sal mos die aandag van die heupe aftrek. Die aanwysings is weg, maar hoe moeilik kan dit nou wees? Borsel, vlos, skwirts die jel in die mondstuk, glip hom in, slaap, staan op, herhaal, herhaal, herhaal.

Die resultate is skitterend, maar nou is my tande só sensitief, ek kan skaars glimlag, wat nog te sê grappies maak.

Sal wit tande genoeg wees? Bruin vet lyk beter as wit vet. Die prentjie op die self-tan lotion-boksie is misleidend bruin. Ek het die self-tan in een of ander Vrouedag-goodie bag gekry en as ek nou na die vervaldatum kyk, was daardie Vrouedag iewers in 2006.

Maar dalk lê die fout by my. Om die aanwysings eers te lees as jy die (oranje) Oros-man (met seer tande) is, blyk ’n duur les te wees…

Nog ’n hot doggie vir jou, Margit?  

Margit Meyer-Rödenbeck is die vermaaklikheidster Dowwe Dolla se alter ego.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.