flieks: Nuwe terrein vir Almodóvar

2012-01-21 13:19

Antonio Banderas in die rol van dr. Robert Ledgard, besig met ’n nuwe skepping.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die grootste orgaan in die menslike liggaam is die vel. Die vel hou dit wat binne is bymekaar en dien ook as beskerming teen elemente van buite – dis nou fisiologies gesproke.

Maar die vel word ook vereenselwig met identiteit – hoe mense hulself sien. Vandaar die uitdrukking wat deesdae nogal gereeld gehoor word: Jy moet tuis voel in jou eie vel.
In The Skin I Live In word albei hierdie aspekte verken – sowel die fisiologiese as die sielkundige.

Die werk van die plastiese chirurg en navorser dr. Robert Ledgard (Antonio Banderas) fokus op dié orgaan. In ’n lesing getuig hy sy bevredigendste werk is om ’n brandslagoffer sy/haar gesig terug te gee – die vermoë om gesigsuitdrukking te herwin.

Later, wanneer die verhaal van sy vrou, wat byna doodgebrand het, ontvou, verstaan jy sy obsessie om nuwe vel te kweek. En hy doen dit sonder om hom te steur aan die reëls van mediese etiek. Manipulasie geskied op soveel vlakke – hoekom nie ook op ’n transgenetiese vlak (tussen mens en dier) nie?

Weens ’n sameloop van omstandighede (wat ek ter wille van die storielyn nie hier sal uitstippel nie), bekom Robert ’n menslike proefkonyn. Só begin sy eksperiment – nie net ten opsigte van veloorplantings nie, maar ook as skepper van ’n nuwe identiteit. Enersyds tree hy op as die toediener van straf en andersyds probeer hy terugwen wat hy verloor het. Dit is seker onvermydelik dat hy verlief raak op sy skepping, maar as skepsel is Vera (Elana Anaya) nie tuis in haar nuwe vel nie. Dus verwag ’n mens dat skepsel in opstand sal kom teen skepper.

The Skin I Live In is ’n verhaal van manipuleerders (monsters?) en maaksels (ook weens die karakters se eie toedoen). Op ’n manier dra elkeen sy vel met ’n mindere of meerdere mate van ongemak. En almal dra maskers.

Die skoonheid van die vel word uitgelig: skilderye van sensuele vroue, Robert wat as voyeur sy handewerk bewonder. Mense word, asof met klei, gemodelleer – soos ’n bonsai wat na wil gevorm word.

Winkelpoppe word geklee, beelde word geskep met klei en toegedraai met stukkies lap. En ’n geblomde rok is uiteindelik die bewysstuk van ’n mens wat eens was.

Al is dit nie Almodóvar se beste prent nie, is sy prente steeds beter as dié van die gemiddelde rolprentmaker. The Skin I Live In gee ’n mens soms hoendervel, en dit gaan nie net in jou klere gaan sit nie. (7/10) (18 D/N/S/G)

* Ander rolprente wat uitgereik word: Underworld Awakening (ouderdomsperk onbekend), We Bought a Zoo (10) en Machine Gun Preacher (16 T/G/D).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.