flieks: 'n Man van geheime

2012-01-28 13:36

Leonardo DiCaprio as J. Edgar Hoover.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Almal is CSI-bedonnerd. Boewe wat in ’n japtrap vasgetrek word. ’n Enkele haar wat ’n onbetwisbare DNS-spoor laat. ’n Gedeeltelike vingerafdruk wat teen die spoed van witlig deur ’n databasis woer en voilà. Alles so maklik. Byna vanselfsprekend.

Die FBI (Federal Bureau of Investigation) is by wyse van vergelyking iets uit die oude doos. En ’n mens wonder wie sonder om te weifel in ’n vasvrakompetisie sal kan sê wie J. Edgar Hoover was.

In J. Edgar wend die draaiboekskrywer Dustin Lance Black (Milk) en die regisseur Clint Eastwood ’n dapper poging aan om aspekte van dié eerste direkteur van die FBI (en sy voorloper, die Bureau of Investigation) te onthul.

Beslis geen maklike taak nie as in ag geneem word dat sy loopbaan oor 48 jaar gestrek het en dat hy onder agt presidente gedien het. Voeg hierby dat die kyker in kort terugflitse ook ’n glimp van sy dae as kind en jong man kry, en jy verstaan hoekom die prent twee uur en 17 minute lank is. Seker te kort om ’n deurdringende portret te skep, maar ook te lank omdat dit heen en weer spring tussen verskillende tydvakke wat uiteindelik fokus inboet.

Hoover was aan die stuur in die dae van onder meer die rooi gevaar, van radikale bewegings, ’n era gekenmerk deur ’n skrikbewind van rampokkers en die opkoms van die swartbewussynsbeweging. En hy het alles in sy mag (wettig en onwettig) ingespan in die stryd teen misdaad (individueel en op nasionale vlak), soms volgens sy definisie daarvan.

Intussen word daar ook aandag gegee aan persoonlike elemente – sy noue verhouding met sy ma, Anne Marie Hoover (Judi Dench), by wie hy gebly het tot hy 40 jaar oud was. En dié met sy adjunk en vertroueling, Clyde Tolson (Armie Hammer), wat na bewering meer was as net dié van kollegas.

J. Edgar is ’n subjektiewe blik op ’n baie komplekse karakter.’n Man wat hom daarvoor beywer het om geheime bloot te lê – sowel van organisasies as individue (sy geheime lêers oor presidente het hy glo ingespan om sy posisie te beskerm). Sy persoonlike lewe was egter gehul in geheimhouding. In die geheel nou nie juis ’n man van wie die kyker sal hou nie. Net in tonele tussen Hoover en Tolson skemer daar ’n menslikheid deur, wil-wil dit empatie ontlok. Dit is hoofsaaklik danksy Hammer se sensitiewe spel.

Waarvoor ’n mens respek het, is dat hy die vader was van die sentralisering van ’n databasis van vingerafdrukke en die baanbrekerswerk wat hy gedoen het op die gebied van forensiese laboratoriums wat doeltreffende werktuie geword het in die modernisering van die insameling van bewyse.

Uiteindelik word J. Edgar gepootjie deur die fragmentariese aard daarvan in ’n poging om ’n wyer blik te bied. Omstrede of nie omstrede nie – Hoover het die weg gebaan om polisieondersoeke op tegnologiese vlak ’n onbetwiste hupstoot te gee. Fiktiewe karakters soos Horatio en Mac Taylor verstom kykers week ná week met hul ondersoekvaardighede. Maar moenie vergeet van J. Edgar Hoover nie – hy is die ware Jakob. (6/10) (13)

Ander rolprente wat uitgereik word: The Muppet Movie (A), Courageous (13 G), Seeking Justice (16 T/G) en Darkest Hour (ouderdomsperk onbekend).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 Trendline MY05
2007
R 109,995.00

FORD

Bantam 1.3i XL AC PU MY09
2010
R 104,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab 4x4 PU
2005
R 135,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.