kassieklets: Sweet in die Sahara

2012-02-04 14:43

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is baie redes om na werklikheidsreekse te kyk (omtrent net soveel as om nié te kyk nie). Een van die lekkerste is seker om te sien hoe mense met ’n gruwelike wanbeeld van hulself op hul herrie kry.

Soos New Yorkers, wat mos dink hulle is die taaiste mense onder die son. Daar is ’n paar van hulle in dié week se nuweling, Expedition Impossible, waarin 13 spanne regoor Marokko resies jaag. Een van dié brekers sê op ’n kol: “If we can make it in New York, we can make it out here in the Sahara.” Toe nie, soos jy sal sien.

Bygesê, dis op die oog af nie ’n kompetisie vir sissies nie. Met die oudisies moes kandidate wys hulle kan (diep asem): perdry, ’n boot regop keer as hy omslaan, kompas lees en abseil. Natuurlik moet hulle ook nie bang wees vir hitte, ysige koue, dors en giftige goggas nie. Daar word baie geval, water gesluk, enkels verdraai, gestry en opgegooi (darem nie voor die kamera nie).

Die spanne van drie moet raaisels oplos terwyl hulle oor woestyne, sneeubedekte berge en deur riviere resies jaag. Daar is tien skofte. Hulle begin in Merzouga, ’n stowwerige dorpie waarheen die avontuurlike soort gaan om kameelritte te doen en ’n toeristevriendelike weergawe van die Berbers se tradisionele leefwyse te bekyk. Die kompetisie se roete van 3 200 km sluit ’n skof in die Sahara en ’n stappie oor die Atlasgebergte in.

Episode een begin met ’n stappie oor ’n hoë sandduin na ’n kameelbuitepos. Kies drie kamele en ry tot jou boude voos is – as jy nie vooraf sand koop nie. Soek water soos die plaaslike Berbers dit doen. Stap na die voet van die Todra-canyon en abseil daar meer as 90 meter teen die kranse af.

Dan is dit onvermydelik tyd vir ’n bietjie sosiale verkeer met slangbesweerders en hul wriemelende vriende. Einde van episode een. Is die New Yorkers nog hier?

En wat dink die Berbers van dit alles? Een van hulle kyk hoe drie vriendinne mekaar tussen die duine verskree en mompel: “Ek sal nooit met so een trou nie...”

Dié reeks is bedink deur die supervervaardiger Mark Burnett wat al met Survivor, Shark Tank, The Apprentice en ’n tros ander die dollars laat inrol het. Die man is geniaal. Hy kry dit reg om oor en oor dieselfde resep met ’n ander sousie aan miljoene kykers te verkoop en al raak die prysgeld kleiner, sukkel hy nie om deelnemers te kry nie. Expedition Impossible se wenspan maak hul Marokkaanse nagmerrie deur vir ’n relatief beskeie $50?000 en ’n nuwe kar elk.

Die hele ding is dalk te veel soos The Amazing Race, wat nié een van Mark se treffers is nie. Maar daar is altyd rede om te kyk, al is dit ook net om te sien hoe hardgebakte New Yorkers se houding soos sweet in die Sahara verdamp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Senior .Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.