kok & skinker: Maer kos vir vet jare

2010-02-27 12:30

Foto en stilering: Reinet Nagtegaal

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soos dit ’n vetvreter betaam, hou ek van sagte kos verpulp in botter, room, Brie de Meaux, camembert en caciocavallo. Sjokolademousse. Ek hou van biltong met ’n dik, deurskynende vet rand om die vleis te olie op sy pad binne toe. En bros­gebraaide spek saam met my eiers. Ek gebruik graag heldergeel, romerige botter op my brood, tandemerk dik, asseblief, en vars room in alle sop en souse. Ek kan nie slaap voordat ek my nagtelike rytjie Belgiese sjokolade met toe oë gesuig het nie.

En die dieetvrou klap met haar pen op haar boekie en sy lyk vir my presies soos ’n kosspietkop.

“Dis nie die einde van die wêreld nie,” sê sy. “Van vet alleen kan geen mens leef nie. Ons gaan jou ontgif met vars vrugte en groente en water. Daarna stoom ons vis; jy sal ná ’n paar dae lief raak vir die smaak daarvan. Bly vir minstens ’n paar weke van rooivleis en vette af weg,” sê sy.

Ek luister gedwee. Dis alles my skuld, my hart wat bewerig in sy vetomhulsel tril, my tong wat agter lekkerte aan klap, gaan my graf toe vat. Ek is baie morbied toe ek by die huis kom.

“Nonsens!” roep Madam X uit. “Jy kan nie jou bloudruk verander nie. Ons moet ’n plan maak. Jy sal doodgaan as jy nie lekker kan eet en kook nie!” Ek knik eerbiedig. Sy druk vir my ’n paar velle met haar favourite maer resepte in die hand.

“Improviseer, my lief,” sê sy en druk haar kop in die yskas. Die bestanddele vlieg van haar kant af na my kant toe.

Ons gaan bouillabaisse (uitgespreek: boe-ja-bes) maak, ’n verskeidenheid vis en seekos sag gestowe met knolgroentes, voorgesit in die geurige sous van kruie en wyn, afgerond met sitrus en saffraan.

Ek het vergeet van bouillabaisse! Ek het spesiaal Marseilles toe gery om op die ou hawe by die Miramar-restaurant hul resep vir die wêreld se beste bouillabaisse te proe. Die vriendelike sjef het my op die skouer geklop en gefluister: verskeie soorte vars vis, goeie olyfolie, saffraan en kokende water.

Ek bel almal wat ek ken wie se gesigte vir my te rond lyk om gesond te wees. Ek sê ek maak maerlyfkos en niemand sê nee nie. Die resep is vir ses vettes of ses keer se eet. Koop vir jou twee visse soos romans, met die koppe nog aan en sonder skubbe, 1?kg wit vis (gebruik verskillende soorte soos kabeljou, stokvis, geelstert, koningklip, tongvis) ses mossels, ses garnale, sonder dop, en so een kreef as jy gelukkig is, andersins sommer ’n paar seekrappies of calamari.

Heel eerste maak jy’n visaftreksel. Daarvoor soteer jy 3 uie, 2 preie, 3 knoffelhuisies en 1 klein rooi soetrissie, almal fyngekap, in ’n olievrye pan met net so ’n teelepel wyn op ’n slag.Verhoog die hitte en voeg die rooi vis by. Laat braai dit vir ’n paar minute terwyl jy die vis heen en weer roer. Voeg nou op een slag 6 gekapte tamaties, 3 k water, 1 lourierblaar, 1 stuk gerasperde lemoenskil, 1 k gekapte seldery, ¼ t saffraan en 2 geskilde, gehalveerde aartappels by die vis en sit die deksel op. Laat kook alles vir ’n uur. Skep nou die aartappels uit en hou dit eenkant. Verwyder ook alle viskoppe en -grate uit die bredie en verpulp alles wat oorbly in die kastrol. Giet die aftreksel deur ’n sif en geur dit met 1 t tiemie en 2 e gekapte vars pietersielie.

Nou begin jy met die sop.

Gooi ’n goeie bottel droë witwyn by die aftreksel. Ek hou van die effense groenheid van ’n sauvignon blanc by my kos, maar gebruik wat jy het, net nie laas week se suur wyn wat jy nog nie in die drein afgegooi het nie.

Sny die wit vis in stukke en voeg dit saam met die mossels, garnale en kreef of krappies by. Laat kook die sop vinnig vir 15 tot 20 minute.

Trek die aartappels nader en vryf dit fyn deur ’n sif. Haal die sop van die stoof af en roer ’n ½ t paprika en ’n ½ k laevet- ingedampte melk by die aartappels (as jy nie ingedampte melk het nie, gebruik afgeroomde melk met ’n ½ t mielieblom en verdik dit in die mikrogolf). Roer dit versigtig in die sop in.

Moenie bang wees om te speel met die seekos wat jy byvoeg nie, gebruik wat jy in jou supermark kan raakloop en laat weg wat nie in jou smaak val nie.

Die sop word eerste afgeskep en saam met ’n lekker growwe brood voorgesit, en daarna kan jy weglê aan die sagte vis en seekos wat deurtrek is met heilsame kruiegeur.

Ek is nie juis ’n groot broodeter nie, maar wanneer die wêreld sy roomkant van jou wegkeer, is daar niks wat troos soos die growwe heilsaamheid van ’n lae GI-brood nie. Hierdie broodresep is onfeilbaar en wonderlik maklik.

Lae-GI-broodBespuit vooraf ’n pan met kleefvrye sproei en stel die oond op 200?°C. Meng 1½ k broodmeel met 1½ k volkoringmeel (Nutty Wheat) en 2/3 k gestampte koring (crushed wheat). Voeg 1½ t sout, 2 pakkies kitsgis en 1½ tot 1¾ k water hierby. Meng die hele spul deeglik deur en vorm ’n brood wat jy in die gesmeerde pan sit en tot dubbel sy volume laat rys. Bak dit dan vir 40 minute tot bruin. Madam X bak die brood in haar broodmasjien en dit werk perfek.

Vir nagereg is daar varsperskes in wyn.

Die hemel is ’n warm someraand saam met vriende rondom ’n gedekte tafel onder die sterre. En aan die einde van die ete sit jy welbehaaglik terug met jou hand op jou maag en sê vir jou geliefdes in rondheid: Moenie loop nie, daar’s nog. Want wat bring nou ’n beter einde aan ’n someraand as yskoue perskes in wyn.

Daar is soveel maniere om dit te maak. Die meeste mense sny die perskes in skywe, laat dit net ’n paar uur lank in die wyn lê, en bedien dit sommer so in ’n wynglas met ’n bietjie strooisuiker oor. Ek hou daarvan effens gestowe met ’n kaneelsmakie.

So twee perskes per persoon is genoeg. Ek gebruik stywerige, geskilde perskes wat ek heel hou, maar jy kan dit ook eers ontpit as jy wil. Sagte perskes gaan gou pap kook, so wees versigtig. Vir 6 perskes meng ek 4½ k goeie wyn. Om myself oor die dieet te troos, gebruik ek sommer ’n hele bottel merlot.

Roer nou so 9 e suiker en 6 e brandewyn by totdat die suiker gesmelt het. Voeg ’n kaneelstokkie of twee daarby en giet dit oor die perskes in ’n kastrol waarin hulle presies pas sodat die wyn hulle heeltemal bedek. As jou perskes te groot is, voeg ’n bietjie water by. Laat prut dit so vir 20 minute of totdat jy voel dis sag genoeg na jou smaak. Laat dit dan afkoel, verwyder die perskes en hou dit eenkant. Kook nou die stroop verder totdat net die helfte oorbly. Daar is te min suiker in om ’n dik stroop te vorm, so wanneer die geur en kleur jou laat lekker kry, haal die sous af en laat dit ook afkoel.

Giet dit oor die perskes en hou dit in die yskas totdat jy dit wil gebruik. Ek sit dit voor met vrugtesorbet sodat die dieetvrou nie ’n enkele frons op haar voorkop sal hê wanneer sy my weeg nie.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.