reis: Die stilte van Soutpan

2011-08-20 16:00

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfonteinse vriende vertel ons in Maart van Soutpan, ’n lekker plekkie wat hulle ontdek het. Ek luister aandagtig na hul vertellinge oor die stofstrate, die stilte, die soutpanne en die heerlike boerekos wat hulle daar geëet het. ’n Tydjie later neem daardie einste vriende, Nico en Mariè Nortje en hul drie peuters, ons soontoe en ons ry in konvooi uit Bloemfontein.

In die venster flits Nguni-troppe wat in die lang, geel gras staan en wei by ons verby. Die son sit hoog oor die Vrystaatse ooptes. By die T-aansluiting na Dealesville en Middelkop is ’n DA-plakkaat alleen op ’n houtpaal. Regs is ’n tradisionele Afrikaanse dorpskerk wat vertel van welvarende dae van nagmaal, basaars en bidure vir reën, maar nou ook maar grotendeels in onbruik is oor die dorp se inwonertal so gedaal het.

My oog vang die half bisarre bordjie “1ste Laan” wat die afdraai na niks aandui en gevolg word deur ’n parmantige rooi posbus op ’n heining. Ons volg die kronkel-stofpad en parkeer voor Truksvy B&B, ’n plaaswinkel so reg uit my kinderdae. Ons word voorgestel aan Marietjie en Lodewyk, die twee sterre van Soutpan, wat die dorpie bekend gemaak het met hul gereelde inskrywings op Facebook.

En nee, vind ons, hulle is nie die eienaars van die gastehuis en winkel nie, hulle is die twee historiese poppe van die oudste broer van Liza de Wet, mede-eienaar. Sy vertel hulle het in Januarie op Facebook begin gesels oor Truksvy en talle mense het hulle al hier kom opsoek.

“Een week het hulle vertel van die baie reën en hoe hulle hul eerste padda gesien het; die volgende week het ’n skilpad in die pad afgestap en met hulle kom gesels en ’n ander week het ’n Finse gas hier kom eet en aan die klets geraak met Lodewyk en sy sussie,” vertel Liza.

Ons drink yskoue Cokes uit die outydse winkel-yskas en eet stokkielekkers voor ete… soos stout kinders. Toe ons later so tussen happe beesstert en pampoenpoffertjies deur vra hoe ons vriende op dié godverlate verrassingspakkie afgekom het, vertel Mariè: “My pa kom oorspronklik van Dealesville en toe ons eendag na sy geboortedorp wou gaan, het ons per ongeluk op Soutpan beland, bloot omdat die swaar reën vroeër vanjaar die paaie so sleg verspoel het.”

Dis toe juis hier waar hulle Liza se lewensmaat, Krona Fourie, ontmoet en begin uitvra het. Krona woon bykans haar hele lewe al hier op Soutpan. Sy was nege jaar oud toe haar ouers hierheen getrek het en sy lag as sy vertel dat die locals haar nou uiteindelik as Soutpanner begin aanvaar – meer as 30 jaar later!

Sy vertel van die groot vloed in 1988 en toe weer aan die begin van 2011, toe al die soutpanne wat jy net buite die winkel kan sien vol vars water geloop het. Vanjaar alleen het hulle meer as 200 mm gemeet.

Die dorp is bykans ’n klein spookdorp met net 30 inwoners, ’n begrafnisondernemer, boerediens en ’n paar pensioentrekkers. Maar danksy die kundigheid van Liza en Krona trek daar nou gereeld stadskarre by die dorp in.

Besoekers kom eet boerekos, kyk voëls of slaap oor om die wye ooptes in te drink en saans ongehinderd sterre te kyk.

Jagters geniet die omgewing en souttoere was in die verlede ook gewild en sal weer hervat word sodra die panne droër is.

Krona sê stedelinge geniet die ongelooflike stilte “wat jy myle ver kan hoor!”, die uniekheid van die klein dorpie en die vryheid om rond te stap soos jou hart begeer.


Die Soetdoring-natuurreservaat is ook ’n groot trekpleister, maar by baie mense is die omgewing bekend vir die Florisbad-warmbronne waar die 259 000 jaar oue Florisbad-skedel (Homo sapiens archaic, Homo helmei) in 1932 deur prof. T.F. Dreyer gevind is.

Truksvy B&B and Koffie Sjop is vandeesmaand ’n jaar oud en het nou twee gastekamers, die winkel en restaurant en het ook pas ’n backpackers langsaan oopgemaak in die ou bankgebou, ewe genaamd Standard Bunk.

Krona vertel sout word hier anders as op ander plekke ge-oes en almal lewer sout aan die koöperasie, maar die erge
reën maak dit nou onmoontlik om te oes voor Desember of Januarie. Bloemfontein is hul naaste stad. Toe Liza in alle erns begin om die dorp en hul sakeonderneming te bemark, wou sy Soutpan op Google Maps sit. Omdat daar geen teerstrate is met amptelike straatname nie, het sy sommer net ingetik “grondpad” en dit so op die internet laat registreer.

Liza wys trots in die winkel rond hoe hul droom begin realiseer het met ’n skaal uit Krona se oupa se slaghuis, ’n yskas uit haar pa se slaghuis en outydse handels­kas uit ’n vriend se sakeonderneming. Kleingoed kom druk hul neuse plat teen die glas en kies lekkergoed wat Liza in papierhorinkies verpak; gryskop ooms in oorpakke kom koop Boxer-tabak, Gwayi Taxi-menthol-snuif in klein pakkies of ’n paar Wilson-toffies vir die pad huis toe.

Teen die yskas is kennisgewings van plaashoenders, hoenderlewers en braaikuikens op bestelling en groot, vars hoendereiers kan so een-een gekoop word. Krona het hier op die dorp skoolgegaan en by hierdie einste winkel lekkergoed gekoop. Sy vryf liefderik oor die Koffiehuis-boksies en herleef weer die sorgeloosheid van ’n plattelandse kinderlewe.

Ons eet tuisgebakte malvapoeding en vra vir die hoeveelste keer nog moerkoffie uit ’n groot emalje-koffiekan, ryk plaasmelk en bruinsuiker. Ons stap later tussen die huise deur. Krona stap saam, gee ’n bietjie geskiedenis, vertel hoe gewild die panne nou vir voëlkykers is en ons praat haar om om die backpackers en gastehuis se kamers vir ons te wys.

Alles wat sy en Liza bymekaargemaak het, het ’n storie. Die twee antieke koperbeddens in die gastehuis is geen uitsondering nie. “Ons lees nie elke dag die Volksblad nie en Liza is die rekenaargeletterde, ek lees nie goed op die internet nie. Toe ons beddens moet kry, klop ons by die buurman aan. Hy gaan lees elke dag die koerant by sy meisie en sien toe ’n advertensie raak van ’n vrou wat die twee beddens in die stad adverteer. So beland die twee beddens toe by ons.”

Krona gaan wys ons later haar en Liza se huis – die ou skooltjie wat van die jare toet dateer – en so al wysende na dinge om ons laat hoor sy: “Ons het ’n Dexterbees en sy eet kort-kort die buurman se turksvye, so nou huur ons maar eerder weiding by die kerk.”

Ons het gekom vir vinnige middagete, maar heeldag gebly. Ons groet met beloftes van weer kom, van oorbly onder die sterre en voëls kyk in magiese Vrystaatse stilte. Tot dan kyk ons elke week op Facebook hoe Marietjie en Lodewyk in die stofstrate van Soutpan baljaar en al meer mense lok na ons vriende se klein, geheime troosplek.

Kitsfeite

* Loer gerus op Facebook by facebook.com/truksvy B&B and Koffie Sjop na die vertellinge van Lodewyk en Marietjie of besoek www.truksvy.co.za of bel Liza by 076 SOUTPAN (076 768 8726) of e-pos haar by info@truksvy.co.za om vir middagete te bespreek.

* Die Soetdoringdam-natuurreservaat is ideaal vir watersport, het ’n verskeidenheid wild en is ’n voëlparadys. Gesinne vind ook die leeupark en die kort staproetes heerlike afleiding vir ’n dag of twee. Loer by www.sa-venues.com/game-reserves/fs_soetdoring.htm

* Florisbad bied heerlike oornaggeriewe by die warmbron. Skakel 082 499 9155, stuur e-pos na accommodation@
florisbad.co.za of loer by www.florisbad.co.za



Krona en Liza, trotse eienaars van ’n algemene handelaar, koffiesjop, twee gastekamers en backpackers.




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Karin Van Niekerk Behrens sê... Yummy Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.