voorsmaak: Eet kreef in die winter!!

2010-07-10 14:01

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

My gesin is groot kreef­eters. Dis waarom ons aan die Weskus bly: Ek kan dit nie bekostig om elders te bly nie, want die kreef raak duurder met elke kilometer wat mens wegry van die Weskus af.

Groot nuus vir die ganse familie toe ons hoor die kreef loop weer in Junie op Paternoster. 31 Mei trek ons al in, oorgehaal vir die kreefloop wat die volgende dag begin. Die gesin staan saam; almal moet kom, want ’n permit laat net vier krewe per persoon per dag toe en as ek ’n bietjie wil opstok vir die maer maande voor, het ek my ganse familie nodig om elkeen vir my vier krewe aan te ry.

Ek koop hulle om met kerriekreef.

Ek haal Ashraf Shafiek se resep uit en rangskik solank die bestanddele dat almal kan sien die belofte materialiseer. Vir tien mense het jy so 20 kreefsterte nodig, onthou om die dermpie vooraf te verwyder. Ek braai dan 2 fyngekapte uie en knoffel na smaak in ’n bietjie olie totdat dit lekker deurskyn. Dan kap ek 3 tamaties en so ¼ stukkie soetrissie baie fyn (ek gebruik geel soetrissie vir delikate geur) en braai dit saam met die uie vir nog ’n paar minute. Geur nou die tamatiemengsel met 1t droë koljander, 1t fyn komyn, 1t borrie, 1t kerrie, 1t fyn droë rissie, 2?e suiker en 1e suurlemoensap. Laat dit stadig prut vir 5 minute. Voeg die kreefsterte met 2 blikke klappermelk by en laat prut vir nog 10 minute. Garneer met fyngekapte vars koljander. Ek gebruik pietersielie, want Madam X glo groen koljander smaak soos stinkbesies (ek weet nie wanneer sy geproe het hoe smaak stinkbesies nie, maar sy sweer daarby.)

Ons hou van kerriekreef saam met geurige wit Basmatiese rys, maar dit lyk en smaak ook wonderlik saam met mini-poppadums.

Gielie, my kreefpusher, kry my in Johan Carosini se beroemde kroeg. Die manne roei vroeg-vroeg môre, elkeen trots op sy spesiale permit. My eerste bestelling sal so teen 16:00 vars voor my deur afgelewer word. Ons praat nie eintlik graag oor Paternoster en sy krewe nie, want dis heilige grond en ’n mens wil nie te veel adverteer nie; netnou trek die hele land hier in…


Die ding van kreef eet is: Hoe varser hoe lekkerder. En ’n kreef is taai, dis moeilik om hom dood te kry. Madam X het al telkens histeries uit die kombuis gestorm oor krewe wat ek persoonlik en sorgvuldig met ’n vinnige snit agter die oë vermoor het, maar wat dan wonderbaarlik weer begin lewe.

Dis nie altyd maklik om ’n man te wees nie. Snags lê ek soms en rondrol oor die slegte karma van 1 000 plus kreeflewens wat aan my kleef. My eerste krewe het ek oornag in vars water laat doodgaan, maar daarna geleer en vir baie jare geglo vinnig kokende water is die maklikste. Tot ’n dokter my eendag verseker het om dood te vries, is pynloos. My gesin was nie tevrede nie; hulle wou soms dae lank nie naby die vrieskas kom nie.

So ’n klompie jaar gelede het my seun van Maties af teruggekom met die wonderlike resep om die krewe wat hy so een vir een vir sy studentenooiens uitduik met sy karbattery dood te skok, maar dis ’n morsige storie en uiteindelik het ons besluit die mes is die genadigste.

En nou ná al die jare en verspilde kreeflewens leer ek uiteindelik baie baie laat in die nag hier op Johan Carosini se hotelstoep hoe ’n mens kreef doodmaak sonder dat daar enige negatiewe karma op jou afvryf. My nuwe vriend is die skoolsielkundige Biel van Namibië.

“Staan opsy,” beveel ek die liplekkende kreefvreters wat in die kombuis om die boks krioelende krewe staan. Ons gaan thermidor maak vir die mans en die vroue eet koue kreef met slaai en seekos-mayonnaise. Ek meng 1k mayonnaise met 1t fyngekapte ui, 2e fyngekapte tamatie en 3e tamatiesous.



Die thermidor is ’n ou beproefde resep wat ek al toe-oë maak:

Bestanddele:

6 gaar kreefsterte, in blokkies gesny

Vir die thermidor-sous:

1 prei, baie fyn gekap
1t knoffel, gekap
3 repe spek, gesnipper
1t pietersielie
1k sampioene, gekerf
4e botter
¼k witwyn
¼k koekmeel
2k melk
1e dragon (tarragon)
1½ k room
1 druppel Tabasco-sous
1t sout
½t varsgemaalde swartpeper
1e aangemaakte Dijon-mosterd
2 eiergele, liggies geklop
½k sterk cheddarkaas of parmesaankaas, fyn gerasper
1e sjerrie of wit muskadel
1t suurlemoensap

Vir garnering: vars dragon

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Hol die gaar krewe uit en sout die binnekante.
3. Sny die stertvleis in blokkies. Hou dit eenkant.
4. Braai die prei, knoffel, spek, pietersielie en sampioene vir ’n paar minute in die botter. Gooi die wyn by.
5. Voeg die meel en melk by die spekmengsel en vou die res van die bestanddele saam met die kreefsterte in die sous in. Sit die deksel op en laat prut totdat die kaas gesmelt is.
6. Skep terug in die kreefdoppe en versier dit met dragon.
7. Sit dit in die oond en bak vir 10 minute. Strooi weer ’n bietjie parmesaan- of cheddarkaas oor en verbruin dit onder die oondrooster vir 3 tot 5 minute.
8. Sit voor met rys.



Ek tap so 3 liter water in ’n pot wat net 4 krewe op ’n slag vat. Ek gooi ’n ½ bottel goeie witwyn by, 20 peperkorrels en so 2 lourierblare. Onthou om kreef nie langer as 3 tot 5 min te kook van die oomblik dat die water weer begin borrel nadat jy die rou kreef ingesit het nie. Ek wag geduldig tot die water kook en dan eers sit ek die eerste grypende kreef op die werkspasie neer en begin hom saggies op sy rug streel tot net agter sy ogies.

“Boetie, Boetie,” sê ek vir die kreef, “jy gaan nou lekker slapies. Boetie, Boetie, jy gaan só vinnig heengaan dat jy dit nie eens gaan voel nie.”

En ek lieg nie vir julle nie, ná ’n minuut of so, bly daai kreef doodstil lê, asof heeltemal gehipnotiseer. Dan lig ek hom stadig op, laat hom op sy neus en kloue rus. Daar is nou geen beweging nie, en dan stadig en ferm laat ek hom kop eerste in die kookwater sak. Nie ’n geluid nie, nie ’n beweging nie. Ek en die kreef het ’n ooreenkoms bereik. Ek volg die ritueel met elke kreef. My familie rondom die tafel is sprakeloos. Kreef ná kreef, sagte oorgawe en nog nooit het die vleis so soet gesmaak nie.




Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-17°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 12-27°C High level clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 5-13°C Mostly sunny. Refreshingly cool. Bfn: 6-16°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 17-22°C Showery. Mostly cloudy. Cool. PE: 12-17°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!