wyn: Spesiaal vir Spar

2012-02-04 14:43

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir diegene van ons wat hier teen Duiwelspiek ons huisplesier bestuur, is Lisa Kooyman en Evelyn Chipamurino die twee vriendelike gesigte wat ons maar alte graag opsoek.

Dié jong vroue is ons drankdoedies, by wyse van spreke. Hulle beman die Tops at Spar-winkel in Vredehoek en sal jou gou-gou na die rak verwys waarop jy die Olive Brook-wyne kry of die Country Cellar – die Spar-groep se eie wyne.

Kort voor die hoogsomer-lawwighede begin het, sit Tinus van Niekerk op ’n stoepie duskant Kleine Zalze se kelder en ons gesels oor die merkwaardige wynverhaal wat hy vir die Spar-groep ontwikkel het.

’n Groot, gawe kêrel met ’n wegswink-kuif is hy bykans man-alleen verantwoordelik vir ’n suksesstorie soos min wat wynverkope en -identiteit in die kleinhandel betref.

Tops at Spar, die Spar-groep se losstaan-drankwinkels, het die laaste paar jaar ’n voorste speler in wynverkope geword. Daar is nou 500 winkels. Die man agter dié suksesvolle strategie is Van Niekerk, stil en doelgerig.

Ons praat oor die opvallende karakter van die sestal topwyne waarmee hy nou die beeld van “supermark-wyn” geheel omvergooi: ses wyne wat uniek in eie reg is. Onder die Olive Brook-etiket. Wyne wat aandag trek om persoonlikheid. Hulle is, wat ons sou noem, “klassiek”; bestem vir die wyndrinker wat die ongewone en delikate waardeer. Wynmeneer Van Niekerk se hande is van wingerd tot wynrak daarin.

Hy’t daardie skuins glimlag van iemand beskeie, maar ook selfversekerd. “Ek is bevoorreg om met een been in die bemarkingswêreld van wyn te staan en met die ander in die tegniese en chemiese milieu.”

Hy is Spar se wynman; deur die hele produksie-handelspiramide betrokke. Vir die groep het hy ’n strategie ontwerp wat alleen staan in die bedryf; een wat verbruikers noukeurig in ag neem, maar ook die hoogste eise stel aan dit wat in die bottels is. Verskillende streke, wingerde en kelders word ingespan. En die reeks wissel van reuse-volumes tot die boetiek-uitreikings – dié wat ons proe-proe daardie soel oggend deurpraat.

“Deur regstreeks by die wynmaak betrokke te wees – veral die klein hoeveelhede van spesiale wyne – leer ’n mens om pragmaties te wees, hou jy introspeksie, maar jy kan ook die romantikus wees wat glo dat die skepping, bereiding, handewerk en versnit van goeie wyn ’n artistieke vernuftigheid verg.”

Inderdaad. Duidelik die geval in die Olive Brook-reeks op die tafel: ’n sensuele pinot noir/chardonnay; ’n klassieke chardonnay; ’n perfek gebalanseerde sauvignon blanc; en dan die kordates van styl en intrige – Olive Brook Optimus (’n sauvignon wat 14 maande op die moer was), Geminus (’n sauvignon blanc/sémillon-versnit in die Franse Grave-styl) en die tipiese Bordeaux-geïnspireerde, sagte, rooi Quintette. Almal hoogs aan te beveel.

Ons raak al hoe dieper weg in die wynfilosofie, maar maak dan haastig ’n afspraak om weer in Vredehoek, saam met Kooyman en Chipamurino die saak op te neem.


Wie/Waar:
www.topsatspar.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.