wyn: 'n Lendelam brug, lekker wyn

2012-02-18 12:40

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die brug was so benoud wankelmoedig oor die Franschhoekrivier dat groter voertuie ompaaie moes ry om by die ander plase uit te kom.

Oor die jare – eeue, selfs – het dié stuk Hugenote-grond tussen die rivier en Dassenberg talle verskillende name gehad. Vroeg in die 1990’s het ’n wynman die aweregse idee gehad om die lendelam brug as motief op sy wynetikette te gebruik en só is “Rickety Bridge” gebore.

Toe die Engelsman Duncan Spence die mooi plaas in 2000 koop, het hy die komieklikheid daarvan ingesien. Hy het ook besluit om die toenemend ondernemende kelder te behou.

Vanweë die naam wat ou cowboy-flieks oproep (effens koddig in Franschhoek se geil vallei) was daar aanvanklik mense wat nie die wyne te ernstig wou opneem nie.

Maar humor maak sin as die glas in jou hand ’n goeie wyn koester. Gelukkig was daar ook wynkundigheid wat die produsent die laaste jare een van die vallei se rolspelers gemaak het. Stadig maar seker het Rickety Bridge sy naam gevestig.

’n Paar maande gelede is ’n rooiwyn bekend gestel wat vir niks skrik nie, ook nie prys nie. (The Bridge kos R400 en kom van die plaas se eie ou cabernet­wingerd. Dit is glad nie onaardig nie.)

Nou is daar ’n splinternuwe proelokaal neffens die kelder wat die gedagte aan enigiets “lamlendig” finaal die nekslag toedien. Wynand Grobler, wat sedert 2008 daar die wyn maak, het ook pas ’n mooi rosé-vonkelwyn in die klassieke styl bekend gestel.

’n Mens moet soms fyntrap vir die snobisme en afwyserigheid in die Franschhoek-vallei, sowel in die dorpie self as die ryk, statusbewuste plaaseienaars. Maar die opvallende naam van hierdie netjiese plek – daar is ook goeie verblyf beskikbaar, ’n gesellige winkel en eetplek – se humoristiese inslag balanseer die gasvryheid. Jy kan hier lekker ontspan, proe en kuier.

Die naam Paulina verskyn op van die etikette en nie ’n dag gaan verby nie dat iemand by die proetoonbank weer moet verduidelik. Dit verwys na die tante De Villiers wat in 1797 hierdie erflating bekom het. Dit was eers deel van die oorspronklike La Provençe wat aan die Hugenote toegeken is.

Die plasie het oor die jare Paulinasdal, Paulinasdrift en selfs Zanddrift geheet. Maar wat, Rickety Bridge sal hy nou heet. (Franschhoek se rykes het juis ’n manier om wynplase se name sommer so na wens te verander, wat nou nie juis historiese bewussyn aanmoedig nie.)

Boela Gerber, deesdae Groot Constantia se wynkunstenaar, het hier in die 1990’s sy ding gedoen, en nou die aand vertel hy dat die wingerd uitstekend is vir shiraz en ook chenin blanc. (Ander druiwe word deesdae deur Wynand Grobler uit alle uithoeke aangekoop vir die groot Rickety Bridge- reeks.)

Oor die shiraz en chenin blanc is daar in die (nuwe) proelokaal geen argument te maak nie. Die 2009-oesjaar van daardie shiraz is ’n vervullende wynbaken vir die ernstige aspirasies van wynmaker en eienaar.

Hy het met pryse weggestap, maar dit is in die proe en die sluk ’n week of wat gelede waarin die eens lendelam brug se nuwe siel nou so behoorlik lê.

* Wie/Waar:
www.ricketybridge.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-19°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

VB.NET Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R320000 - R420000

WCF Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

WebSphere Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

TOYOTA

Corolla 140i
2007
R 109,995.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2012
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.