1-2-3 blog myself: Inkopie-plekkies

2012-08-31 12:53

Ons het almal ‘n gunsteling plek waar ons stop om ons inkopies te doen, of dit nou vir gerieflikheids onthalwe is of net omdat jy van die atmosfeer van die plek hou.

Ek is maar ‘n gerieflikheidsvraat, so vir my is dit belangrik om so vinnig moontlik die melk en die brood en die bier te kry en dan weer in my kar te kan spring en op die snelweg te klim. Ek verkies om nie te veel oog kontak met enige persoon te maak nie, ingeval hulle met my probeer praat en my vir ‘n sekonde langer daar hou as wat absoluut noodsaaklik is.

Soos wat julle miskien sal aflei is ek nie ‘n groot fan van shopping nie. Dit kom, neem ek aan, van al daai jare se werk in shopping malls. Ek dink ek het genoeg van malls gekry in daardie paar jaar om my ‘n leeftyd te hou.

Tog vind ek myself nou die dag dink dat ek dit sal mis om by my gereelde plekkies te stop wanneer ons nou eers getrek het,. Daar is byvoorbeeld die drankwinkel langs die garage waar ek altyd petrol ingooi, waar die outjie deesdae al vir my die bier wat en ‘n pakkie sigarette reg hou teen die tyd wat ek by die winkel in loop. By die petrol stasie weet die ouens ook al gewoonlik wat ek wil hê en help hulle my baie vinnig. Die enigste deel van die garage ervaring wat my deesdae bietjie afsit is die nuwe eienaar, ‘n dame wat so effe oorywerig vir mens kom vra of jy al gehelp is en jou vertel dat jy jou dag moet geniet.

Dis baie vriendelik van haar, maar sy het ongelukkig die gewoonte om mens se venster te bekruip en jou onverwags te oorval, wat beteken dat ek al ‘n paar duskant koronêre episodes gehad het en nie juis met die liefde van Jesus gevul is wanneer sy my vra of ek oukei is nie. As ek nie oukei was nie sal ek mos so gesê het, dêmmit.

Net so ‘n entjie van die garage is daar een van die kleinste Spars ter wêreld, wat eintlik meer ‘n glorified kafee as supermark is. Hulle het nooit enige van die goed het wat ek soek nie. Behalwe brood en melk. En die peper sous wat ek so van hou om saam met peanut-botter op toast te eet in die oggende. Andersins is dit soos 5 minute voor die Skepping daar binne. Jou keuse van roomys is óf vanilla óf onbekostigbare duur Italiaanse goed, wat anyways alles al so vasgevries is dat mens omtrent ‘n jackhammer sal nodig hê om hulle los te kry.

Die peanut botter (en al die ander smere, sowel as my gunsteling mondwasmiddel) word net in klein bottels verkoop. Dit is vir my eindeloos frustrerend, want ek kan nogal die klein botteltjies Bovril of Black Cat binne twee happe klaar maak, so ek verkies natuurlik die groot bottels. Ek het al gewonder of dit nie ‘n slinkse plan van die bestuurder se kant is om die klante te forseer om meer gereeld van hulle produkte te koop nie. As dit so is dan volg die donner beslis dieselfde plan wanneer dit kom by hulle toiletpapier want, soos met die roomys, is daar slegs twee keuses. Jy kan óf die cheap goed vat wat disintegreer soos wat jy dit van die rol af draai, óf jy kan die goed vat wat twintig lae dik is en heel moontlik deur twee blinde maagde gemaak word wat êrens in die Amasone reënwoude bly en die papier sag maak met hulle eie trane, wat dus beteken dat dit meer kos as ons hele maandelikse huishoudelike budget.

Ek het een keer met ‘n paar rolle van die goed by die huis gekom en is byna ge-excommunicate, onterf en van my bankkaarte verlig.

Daar is ook ‘n lieflike klein apteekie waar mens omtrent R100 vir ‘n pakkie Turbovites betaal en waar die apteek-tannie met die beehive mens aangluur asof jy iets gaan steel, maar waar ek weereens om gerieflikheidsonthalwe ook gaan omdat hulle nie vrae vra wanneer ek vra vir ‘n pakkie protein-pump inhibitors nie. ‘n Stop by die apteek verg ook gewoonlik meer as net ‘n vinnig hallo en koebaai en dus maak ek gewoonlik seker dat hulle vir my genoeg van als gee dat ek nie binnekort weer gesig daar hoef te wys nie.

‘n Dag waar ek by die drankwinkel, die apteek en die garage moet stop oppad huis toe laat my voel asof ek opgeroep is army toe, maar ek dink ek sal tog die ou plekkies mis.

Ag wel, soos wat die ou gesegde sê “A change is as good as holiday”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Matt Heyns sê... Wien brood man eet dien woord man spreek! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R800000

Senior Financial Manager - Corporate Banking

Johannesburg
The Personnel Concept
R800000 - R900000

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.