1-2-3 blog myself: Koebaai Anna, jy was 'n dame

2012-10-12 13:38

Die tyd het gekom om totsiens te sê aan ‘n geliefde lid van ons huishouding. Ons liewe hond Anna, moet binnekort uitgesit word.

Dit kom nou al ‘n paar maande. Daar het ‘n ruk wat gelyk het soos ‘n abses in haar mond ontwikkel en ons is uiteindelik met haar veearts toe. Dit blyk toe dat die ding eintlik kanker is wat teen ‘n lelike spoed groei. Die veearts het ons verwys na ‘n spesialis wat ons toe ‘n paar opsies gegee het. Die eerste, afhangende van hoe ver die kanker versprei het, was om die vergroeisel en die tande daarom uit te sny. Die tweede was om die hele linkerkant van haar kakebeen te verwyder (om mee te begin). Die derde was om dit eenvoudig te los en haar dan van haar lyding te verlig wanneer dit te erg word.

Ons het besluit op die derde opsie omdat ons net nie kon sien hoe hierdie 8 jaar oue hond dit sou maak deur eers één operasie nie, never mind die talle wat noodwendig daarop sou moes volg nie. Dit kon ook nie op ‘n moeiliker tyd gebeur het nie met die dat ons so op trek staan. Ons kan dit net eenvoudig nie nou bekostig nie. So hier staan ons nou, naby aan totsiens sê en ek troos myself dat al gaan ek haar vreeslik baie mis het sy die beste lewe moontlik by ons gehad.

Anna het so 8 jaar gelede by ons opgedaag. Sy het letterlik uit die bloute uit net daar opgedaag die een oggend na ‘n partytjie. Ons het uitgeloop om die chaos in die tuin uit te sorteer (dit was maar ‘n rowwe nag gewees) en het die verteerde dingetjie in die tuin gekry waar sy verlore en halfgevrete boerewors rolle uitgesnuffel het. Sy was nie eers bang vir ons nie, het eintlik vreeslik bly gelyk om net iemand te sien en het maklik van die melk en water gedrink wat ons haar gegee het.

Ons kon nie uitmaak waar sy vandaan gekom het nie, sy het steke op haar maag gehad wat dit laat lyk het asof sy pas reggemaak is en sy was definitief nie ‘n pavement special nie. Sy blyk so ‘n kruis te wees tussen ‘n mastiff en ‘n boerboel, vreeslik vriendelik en met ‘n persoonlikheid wat skrik vir niks. Ons het aan die begin agtergekom dat sy selfs die gewoonte gehad het om haar besigheid buite die erf te gaan doen, of as jy met haar stap sal sy agter ‘n bossie sal gaan wegkruip om dit te doen. ‘n Regte dame.

Aanvanklik was sy almal in die huis se hond. Die inwoner wat haar meer as die res van ons gevoer het, het haar Griet genoem. ‘n Ander inwoner het besluit dat die naam glad nie vir haar gewerk het nie en het haar Anna begin noem. Vir ‘n tydjie was dit ‘n stryery gewees tussen die twee name, maar uiteindelik is die konsensus bereik dat Anna wel die beter naam is.

So met die tyd het Anna my en Kobus se hond geword en het sy al hoe meer lyf begin kry, meesal te doen met die feit dat Kobus maar ‘n klein hartjie het wanneer dit by diere kom en hy haar baie snacks gevoer het. Toe Kobus by die huis begin werk het het sy darem meer oefening begin kry, want hy sou die gewoonte ontwikkel om twee keer ‘n dag met haar te gaan stap net na hy haar gevoer het.

Soos wat die ander inwoners gekom en gegaan het, het Anna maatjies bygekry en verloor totdat sy vir ‘n paar maande lank die enigste hond op die erf was. Sy het verskriklik depressief begin raak en wou omtrent niks meer doen nie en was glad nie haar self nie.

Toe kry ek die een oggend ‘n baie klein babahondjie in Anna se kosbak. Die mense van die omgewing het soms die gewoonte gehad om diere wat hulle nie voor kan sorg nie by die huis te kom los, blykbaar ‘n staande reëling wat ‘n vorige inwoner van die huis met almal gehad het. Dit was beslis nie hoe Anna daar opgeëindig het nie, maar dit is definitief hoe ons toe vir Maggie gekry het.

Aan die begin wou Anna niks van hierdie geniepsige klein brakkie weet nie, maar sy sou uiteindelik haar aanneem en mooi maniere leer, soos om nie te hard te byt wanneer mens met haar speel nie en om jou besigheid soos ‘n dame buite die sig van ander te doen. Dit het Anna ook baie goed gedoen om weer ‘n maatjie te hê en sy het skielik weer nuwe lewe gekry en soos ‘n jong hond begin ronddraf.

Ek dink wat ek die meeste van Anna sal mis is die vriendelike manier wat sy jou met haar poot sal krap wanneer sy aandag wil hê. Of die manier wat sy soos ‘n seekoei sal snork wanneer sy eers gemaklik lê en baie happy is. Ek gaan mis hoe sy soos ‘n ballerina trippel wanneer sy sien mens gaan nou stap en sy so opgewonde raak sy doen sommer sulke bokspringe. Ek gaan mis hoe sy soos ‘n Putco bus al skeefboud voor mens in die veld uit hardloop. Ek gaan selfs haar stink poepe mis.

Mooi loop Annatjie, jy was ‘n hond duisend.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-18°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-22°C Sunny. Mild. Bfn: 11-26°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 16-28°C More sun than clouds. Warm. PE: 17-26°C Showers late. a mixture of sun and clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Konsultante

Sunnyside
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Konsultante

Centurion
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!