1-2-3 blog myself: Laat die stof gaan lê

2012-08-18 11:49

Ek weet nie van julle nie, maar ek is nou net mooi gatvol vir die winter. Dit voel vir my asof hierdie jaar se winter nou net so bietjie te lank aanhou.

Natuurlik help dit nie dat ek die afgelope week so siek was dat ek omtrent nie my kop van die kussing gelig kon kry nie. Ek het dit amper deur die hele winter gemaak sonder om meer as ‘n paar snuffels te kry en ek kon net mooi die doellyn op die horison sien toe hierdie griep my tackle en my bloedneus op die grond los.

Maar my grootste pyniging, dit wat my meer as enigiets anders onder kry, is die stof. Op die oomblik voel dit asof ons erens in die Kalahari bly met die hoeveelheid rooi stof wat ek daagliks mee moet deal en ek voel asof ek besig is om mal te word. Dis op die karre, in my klere, dit gaan lê op my boeke, my laptop, die meubels en selfs op my kop as ek te lank stil gesit het.

Daar kom daagliks besoekers foto's neem by die stalle oorkant ons huis. Dit lyk omtrent asof hulle almal deelnemers aan die Dakar Rally is soos wat hulle met hulle 4x4's verby gejaag kom. Ek het al gewens ek kan uitvind waar elkeen van hulle bly, net sodat ek ‘n emmer vol rooi grond kan vat en dit in hulle huise kan gaan rondstrooi soos konfetti. Kan hulle nie sien hoe hulle karre die stof in sulke groot warrelwind wolke rondgooi nie? O wag, ek vergeet, dis mos baie moeilik om die res van ons sterflinge van daar bo agter jou skip-van-’n-bakkie se stuurwiel te sien.

Ek het lankal terug opgegee op die idee van ‘n skoon kar, veral in die winter. Die grondpad wat ek elke dag ry maak seker daarvan dat ek nie meer eintlik seker is watse kleur kar ek ry nie. Nou die dag was my ou Polo'tjie in vir ‘n diens wat beteken dat hy darem ook mooi na die tyd gewas en gepolish is. Ek het sommer ‘n knop in my keel gekry toe ek hom weer terug kry en ek moes net daar ‘n foto van hom geneem en laat raam het, want ek twyfel of ek hom binnekort weer so te sien sal kry.

Dit is waarom ek so vreeslik baie uit sien na daardie eerste Hoëveld-donderstorm. Ek kan nie wag om op die stoep te sit en kyk hoe hy so oor die heuwels aangerol kom nie, met die wind wat die reuk van nat grond aan dryf nie. Ek mis die geluid van die reën op die sink dak en die vars gevoel wat die wêreld na ‘n nat bui het. Ek mis die groenigheid van die veld en bome en die reuk van blomme wat in die lug hang.

Dit is hoekom ek vanmiddag wanneer ek by die huis kom eers daardie reënstok gaan soek wat êrens in die huis rond lê. Dis mos nou een van daai tipe toorgoed wat veronderstel is om die reën te roep. ‘n Paar jaar terug het een van die huismaats so lekker met die ding en die tuin staan en speel toe daar die volgende oomblik een helse blikstemstraal die kragpaal naby die huis tref. Die huismaat was al in die huis en agter een van die banke in nog voordat die dreuning mooi gaan lê het en het met sulke groot oë die stok bo sy kop gehou en geskree: “Ek weet nie hoe om dit af te sit nie!”

Ek gaan die reënstok net so paar keer skud, ek belowe. Net sodat die stof kan gaan lê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Flip Raath sê... Daantjie. Die keuse is joune. Die "surprise" is ook joune. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.