1-2-3 blog myself: Papierwerk

2012-10-06 10:50

Ag, wil iemand my nie betaal om elke dag rond te sit en mooi te lyk nie?

Die afgelope week moes ek myself weer die vraag vra: “Wat doen ek nou eintlik met my lewe?” Dit het gevolg na die soveelste Quarterly Report by die werk waar daar weer getalle was wat nie geklop het nie en ek ‘n paar sieldodende ure moes soek na syfers wat nêrens te kry was nie.

Duidelik het ek iets verkeerd gedoen in ‘n vorige lewe om sulke tipe marteling te verdien. Ek is van nature nie baie goed met syfers nie, so om so iets vir my te gee is net so goed as om vir my ‘n kettingsaag te gee en te vra om die Mona Lisa uit ‘n blok ys te kerf. Dit gaan nie gebeur nie. Ek het maar die tradisionele roete van dealing with it gevolg en die papiere onder ‘n lot ander ingedruk en gehoop dat niemand ooit weer daarvoor sal vra nie.

Dit was nou midde die gemors wat die lewe nie meer vir my so lekker sin gemaak het nie. Sekerlik moet ek tog êrens op ‘n strand sit met ‘n drankie in die een hand en ‘n boek in die ander, terwyl ‘n ligte seebries oor my gesig streel. Dit kan tog nie wees dat ek met ‘n liniaal oor 30 bladsye van syfers moet gaan terwyl ek naby aan trane is en gedagtes van wraak en moord op all ouditeure koester nie.

Ek moes uiteindelik aanvaar dat ek miskien slegte keuses in my lewe gemaak het, keuses wat my gelei het tot op hierdie punt waar ek wou bid vir die dood om my te kom verlos uit die kloue van hierdie genadelose burokrasie wat oënskynlik daarop uit is om my siel stukkie vir stukkie van my te steel.

Met oomblikke het ek die lig aan die einde van die tonnel gesien, maar dit was natuurlik elke keer die duiwel met ‘n blowtorch. Ek sou net begin dink ek het die probleem opgelos en gevoel asof ek oor die wenstreep van die Comrades gaan hardloop, maar dan word dit net weer so onder my uitgeruk soos ‘n mat op gladde teëls.

Hierdie is beslis nie die tipe lewe vir my nie, ek is ‘n vrye gees wat sonder enige teuels die veld ingestuur moet word. Ek moet ‘n stuk papier gegee word en ‘n eindelose voorraad van koffie, tee en natuurlik bier met so ‘n paar borde nachos met ekstra kaas en jalapeno's tussenin. Ek moet kan droom en voel en wees en speel.

Ek was al voorheen hier, op die plek waar ek besluit dat ek genoeg gehad het en dat om net die rekeninge betaal te kry nie vir my genoeg rede is om te bly waar ek is nie.

Ek het dit nog altyd reggekry om aan te beweeg na iets beters. Ek moet net die besluit maak om daai finale sprong te maak en weer bietjie vreesloos te wees...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Aruan Shaman sê... Flippie, ek kry steeds jou aapkloutjie by die oor nie, tw, hoekom is dit vir jou so belangrik om ons te kry om jou Mens-kom-uit-aap bulldaaisetrieng te aanvaar. Vir wat? Hoekom is dit vir jou belangrik? Sal dit iets aan enigeen van ons verander as ons jou aap-pa-siening aanvaar? Nee, antwoord ek, dit sal wel, en net, aan jou, Flippie, iets verander, en groot, want dit sal jou koning EGO maak. Niks anders sal verander nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.