1-2-3 blog myself: Pyne en skete

2012-05-02 13:28

So daar sit ek toe al weer en wag vir x-strale. Moenie worry nie, dis niks ernstigs nie, ek het net dit somehow reggekry om my vinger te verstuit. Ek gaan julle nie verveel met die details nie, maar ek moet wel vir die volgende 4 weke my vinger gespalk hou en daar was darem niks gebreek nie.

Ek het gelukkig nog nie veel in my lewe oorgekom in terme van breuke en skete en steke en sulke goed nie. Ek het baie boom geklim, maar nooit uit een geval nie. Ek was (en is absoluut useless) met sport so daar het nooit iets gebeur nie. Ek het wel ‘n paar keer amper verdrink, een keer by trappe af gerol en een keer my voet verstuit toe ek van ‘n verhoog af gespring het. Dus is my pyn-drempel nie watwonders nie en is dit vir my blerrie seer wanneer iets soos ‘n verstuite vinger of stukkende voet met my gebeur. Dit is ook ‘n blerrie nuisance. Dit sukkel vreeslik om meer van my linkerhand as my regter gebruik te moet maak (ek tik byvoorbeeld baie stadig aan hierdie blog), maar hierdie is darem ‘n baie gemakliker besering as my ou ‘shopping-mall’ besering.

Ek was dié aand saam met ‘n vriendin vir drinks gewees by die mall en ons het na die tyd besluit om gou ‘n draai te gaan maak by die boekwinkel waar ons albei jare lank gewerk het. So duskant die boekwinkel is daar drie trappies waar ek vir jare lank, sonder enige insident elke dag ten minste 10 keer op en af getrippel het op pad êrens heen. Om een of ander rede het ek dié aand ‘n oomblik van twyfeling gehad toe ek by die laaste trap kom en skeef getrap en soos ‘n sak patats op my linker-enkel neergesak. Meeste mense se eerste reaksie ná hulle geval of gestruikel het is om op te spring en te maak asof niks gebeur het nie, maar ek moes eers wag vir die pers liggies om op te hou flits agter my oë en dit was die laaste ding waaraan ek op daardie oomblik gedink het.

My vriendin het my opgehelp en na die eerste paar tree het ek myself genees verklaar. Wat ek nie op daardie oomblik in ag geneem het nie was dat my liggaam uit self-defense genoeg endorfiene afgeskei het om ‘n klein army te bedwelm en dat ek basies in skok in gegaan het. Dus was dit eers heelwat later toe ek by die huis kom, dat die pyn rêrig begin inskop het. My ma het gelukkig nog ‘n paar krukke gehad van die tyd wat sy in gips was en ek het toe met dié begin rondloop. Ek het nie eers gedink daaraan om dokter toe te gaan nie, want dit was volgens my net ‘n verstuite voet wat binne ‘n paar dae gesond sou word. Gelukkig het iemand my by ‘n ete die een aand aangeraai om dit eerder te laat uit-check, ander sou ek so aangehobble het in die hoop dat die voet eendag sou reg kom. Op die ou einde was dit 3 geskeurde ligamente gewees en moes ek een van daai Robocop-boots dra vir amper 6 weke, met ‘n kleiner stut daarna om dit mooi te laat teruggroei.

Dit als kon ek nog handle, maar met die tipe timing wat mens laat wonder of die universe nie ‘n vreeslike verwronge sin vir humor het nie, het hierdie gebeur ‘n week voordat ek my heel eerste kar gekry het. Met my pragtige nuwe fashion accessory sou daar natuurlik nie ‘n manier wees wat ek vir ten minste die eerste maand sou kon bestuur nie. As dit nie was vir die beseerde voet nie sou ek net daar myself neergewerp het op die grond, soos die Israeliete van ouds, en al wenende sand oor my kop gegooi het en my klere geskeur het. Uiteindelik was die beste om vrede daarmee te maak, met die feit dat ek nooit eerste my heel eerste kar sou kon bestuur nie, met die blerrie boot wat ek vir 6 weke moes dra (selfs in die bed!) en met die feit dat ek liefs moet kyk waar ek loop voordat ek myself weer in dieselfde situasie kry.

Darem was dit hierdie keer net ‘n vinger.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 8-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 14-26°C Mostly sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!