1-2-3 blog myself: Reuke!

2012-07-13 12:19

Lank terug toe ek nog baie klein was het ek die een dag aan my pa opgemerk hoe snaaks ander mense se huise ruik. Hy het nie geweet waarvan ek praat nie. Ek het aan hom verduidelik hoe my een vriend se huis altyd na gekookte kool geruik het en hoe ek dit begin assosieer het met mense wat nie TV's het nie en lelike bruin matte in hulle huis het wat altyd na ou katte met blaasprobleme ruik.

Ek het nie ‘n reguit antwoord daardie dag gekry nie, want ek dink nie my pa het voorheen vreeslik daaraan gedink nie. Dit was van toe af al vir my baie interessant om reuke te probeer uitfigure, wat die reuk my aan laat dink en waar dit vandaan kom. ‘n Reuk is sterk genoeg om mens terug te vat na jou kinderdae, om jou aan iemand te laat dink, jou te herinner aan ‘n plek waar jy al voorheen was. Om te kan ruik is een van die wonderlikste menslike sintuie en ek dink mense gebruik dit gans en al te min.

Die reuk van ‘n boek is natuurlik een van my mees gunstelingreuke in die wêreld. Dit laat my dink aan dae wat ek in coffee shops deurgebring het, die warm rusbank waarop ek gesit het wat na ou leer ruik en die reuk van varsgemaakte koffie wat so oor mens se brein streel en jou laat voel asof die hele wêreld een groot warm marshmellow is.

Ander boeke se reuke laat my dink aan die middae wat ek na die gemeenskapsbiblioteek naby my ouerhuis geloop het, waar ek ure kon deur bring in die sci-fi en fantasie-afdeling met net die beep van die computer scanner en die geritsel van koerante in die agtergrond. Op sulke oomblikke kon die wêreld ook maar vergaan het en ek sou nie eers agtergekom het nie.

Selfs ouer boeke laat my dink aan al die werklike ou biblioteke of plekke wat ek al in was. Die stoepkamer van my ouma en oupa se huis in Durban, wat vol ou Huisgenote gestaan het en wat heelwat wegkruipplek vir ‘n klein seuntjie gebied het. Dit laat my dink aan hoe Durban ruik, daardie reuk van die see maar ook die reuk van ou geboue en huise wat so bietjie vrot in hoekies waar niemand ooit skoon maak nie en die reuk van vakansie huise wat te lank toegestaan het.

Dink aan die reuk van suntan lotion en jy voel skielik die sand tussen jou tone en op ongemaklike plekke in jou onderbroek. Jy ruik die King Cone roomys wat die outjie op die strand loop en verkoop en die sarmies wat jou ma ingepak het vir snacks en die reuk van ‘n strandsambreel. ‘n Strandsambreel het ‘n reuk, glo my. Dit ruik na ou vakansies en jou oupa se ou kar se kattebak en na die spaarwiel waarlangs dit gelê het en dit ruik soos die 60's want jou ouma-hulle het nooit iets weggegooi nie en hulle goed so mooi opgepas dat dit anyway altyd baie lank gehou het.

Skool en kerk het vir my altyd baie na mekaar geruik en ek het eers later uitgefigure dis omdat albei daai ou houtbankies ingehad het wat na politoer geruik het. Mens kan maar vergewe word dat jy sulke plekke met mekaar en met ander ou staatsdiens geboue assosieer. Die meubels en die ‘dekor’ (as mens dit enigsins dekor kan noem) in daardie tipe plekke was uiteraard standaard in al die geboue gewees en dus het almal van hulle dieselfde sieldodende reuk gekry.

Ek is mal daaroor om rond te loop en die reuke van ‘n omgewing in te neem en te kyk waaraan dit my herinner. Dit sal ek nog altyd mis van my dae op universiteit. Ek het baie gaan rondloop en het al die geboue verken en my verlustig aan die reuke van elkeen. Ouer geboue het na politoer en ou hout meubels geruik. Geboue soos die Merensky-biblioteek wat in die 80's gebou is het na statiese elektristeit en wollerige matte en computers geruik en dan ook plastiek en linoleum vloere. Geboue van die 60's/70's, soos die administrasie gebou het geruik soos ‘n ou bank met die reuk van stempels en ink pads en het soms uiters onpersoonlik voorgekom.

Die reuk van kos is natuurlik die mees overwhelming en is die hoofrede hoekom ek nog al die jare met my pensie gesukkel het. Watter tipe weerstand het enige persoon teen die reuk van varsgemaakte toasted cheese sarmies vroeg op ‘n Sondag oggend? Die tipe wat jou pa altyd met Meksikaanse seasoning gegooi het? Dan is daar die reuk van spek wat so kraakvars en ekstra crispy gemaak is en saam met French toast te gaan. Die reuk van braaivleis, van padkos, van oorskiet pizza, van popcorn en varsgemaakte tjoklitkoek en beskuit wat staan en uitdroog ...

Ek wonder of dit al lunch tyd is ...

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Leendert, ek so pas weer tuis. Jy vra: Indien ja, wie het dit (beginevolusie) waargeneem?"~ Die antwoord is tog onbetwyfelik Flippie; en Thysie is sy getuie.~ Maak asb nie die fout om te dink ateïste is nie gelowig nie: hulle is meer gelowig as christene, en hang vele bybelse voorsikrifte meer aan as wat christene dit doen. Ateïsme is voorwaar 'n vreemde verskynsel. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.