1-2-3 blog myself: Slaapverlamming

2012-08-11 12:11

Dit begin met ‘n snaakse gesuis in mens se kop, soos wanneer jy onder narkose gesit word. Volgende kom die drukkende gevoel op jou bors en dit voel asof daar iemand of iets saam met jou in die kamer is en jy besef dat jou hele liggaam totaal verlam is. Jy probeer skree maar niks wil gebeur nie, niemand kan jou help nie …

Welkom tot die wonderlike wêreld van slaapverlamming. Dit is ‘n toestand wat voorkom wanneer mens se brein vinniger as jou lyf wakker word. Wanneer mens aan die slaap raak sit jou brein die hoof-“switch” van al jou spiere af sodat jy nie rêrig begin hardloop of slaan wanneer jy sulke goed in jou drome doen nie en byvoorbeeld wakker word en jouself op die vensterbank van jou tweede verdieping kamervenster vind nie.

Soms tik jou brein nie mooi al die goed op die wakkerword-lys af nie en wil hy sommer al wegtrek nog voordat hy die handbriek van jou spiere afgehaal het. Wat volg is ‘n misverstand tussen jou brein en lyf van epiese proporsies en vir die volgende paar dae wil hulle amper niks met mekaar te doen hê, amper soos ‘n getroude couple wat sopas hulle eerste fight gehad het.

Die eerste keer toe dit met my gebeur was vir my ‘n mengsel tussen alien abduction, buite-liggaamlike ervaring en 'n demoniese aanval. Ek het glad nie geweet wat besig was om met my te gebeur nie en in daardie dae was Google nog nie byderhand gewees om vinnig jou vrae te beantwoord nie, dus moes ek terugval op wat ek op die tv gesien het en wat ek al gelees het.

Ek het so half aan die slaap en half wakker in my bed gelê toe ek skielik voel iets of iemand staan buite my kamerdeur. Die volgende oomblik was dit langs my bed en toe ek my oë probeer oopmaak kon ek skielik nie meer beweeg nie en dit het gevoel of iets op my bors sit. Dit is toe wat ek begin panic en wou skree, maar ek kon absoluut niks doen nie. Ek dink hierdie eerste slaapverlamming-episode was die ergste en sal die ergste een wees wat ek nog ooit in my lewe gehad het. Dit het gevoel asof ek verewig in die binnekant van my kop geskree het en gebid het vir dit om op te hou. Toe ek skielik weer kon begin beweeg was ek dadelik in my ma-hulle se kamer in (so in die middel van die nag en ek was al 20 jaar oud!) om te sê dat iets in my kamer wegkruip en ek nie in my kamer wou slaap nie.

Jare later het ek, met behulp van die internet, op die antwoord afgekom. My mond het oopgehang toe ek op artikels afkom van mense wat woord vir woord beskryf het hoe hulle dieselfde ervaring as ek gehad het.

Die drukking op die bors, die hallusinasies, die geluide, die paniek en die verlamming. Dwarsoor die wêreld in byna elke kultuur bestaan daar legendes van monsters wat jou in die nag besoek en op jou bors kom sit en die lewe uit jou uit suig, soos o.a. die storie van die succubus, ‘n vroulike demoon wat mense in hul slaap besoek en verlei en oor tyd al die lewe uit hulle suig en waarvan daar ook ‘n manlike vorm, die incubus, bestaan.

Vir enigiemand wat al ooit die Japanese horror flieks “The Grudge” of “The Ring” gesien het behoort die beeld van ‘n wandelende vrou met lang swart hare oor haar gesig baie bekend te wees. Die beeld wat in die flieks gebruik word is blykbaar gebaseer op hallusinasies wat algemeen in Japanese mense se slaap verlamming episodes voorkom. Baie Japanese het deur die eeue heen in hul beddens gelê, half wakker en half aan die slaap en heeltemal verlam, terwyl ‘n vrou in ‘n wit kleed met lang swart hare wat haar gesig wegsteek al hoe nader kom om uiteindelik die hare oor hul koppe en lywe te gooi om hulle in hul slaap te versmoor …

Ek kyk glad nie meer Japanese horror flieks nie.

Dit help darem om te weet dat daar ‘n wetenskaplike verduideliking is vir wat met mens gebeur. Dit help nie noodwendig om bewus te wees van die kennis terwyl dit met jou gebeur nie. Ek het al in die afgelope 8 jaar omtrent nog 3 of 4 erge episodes gehad en het na die tyd maar nogsteeds al skreeuend en paniekbevange bygekom, maar darem kan ek myself nou kalmeer deur te besef dat dit net ‘n natuurlike proses was en nie die aliens wat my kom haal het nie.

Daar is ook voordele. Ek het in my ondersoek na die oorsaak van slaap verlamming meer uitgevind oor helder drome, oftewel lucid dreaming, waar mens wakker word in jou eie drome en kan leer om hulle te beheer, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander tyd.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 11-20°C Sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Afternoon clouds. Warm. PE: 15-22°C Showers late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!