1-2-3 blog myself: Spinnerak!

2012-09-07 13:11

Lente is in die lug en so ook blykbaar die hele wêreld se spinnerakke.

Ek dink nie woorde kan mooi die paniek beskryf wat ‘n persoon ervaar wanneer mens deur ‘n spinnerak loop nie. Daar is die eerste paar sekondes wat jy probeer uitfigure wat aan die gang is, dan die besef dat jy so pas in ‘n web gevang is en dan die pragtige karate-ninja dansie wat gepaard gaan met die paniek en daarna die gebruik van woorde wat die duiwel sal laat bloos.

Ek het nou die oggend my eerste een van die seisoen teëgekom by die hek op pad werk toe. Dit was nie die ergste een wat ek nog ooit in vasgeloop het nie, maar ‘n hele spinnerak-vrye winterseisoen het my ongelukkig so bietjie gedesensiteer tot die proses en gevolglik het ek soos ‘n persoon met Tourettes begin te kere gaan toe net een van die drade om my kop draai.

Hoekom moet dit altyd eerste vir mens se gesig gaan? Dis vir my die ergste. Daar is fisies miljoene ander plekke aan my lyf waar die blêrrie ding landing kan soek, maar nee, my gesig word altyd eerste getarget.

Wanneer mens dan uiteindelik daarin geslaag het om die morsige besigheid van jou af te kry, is jou lyf steeds oortuig daarvan dat daar nog van die web op jou lyf is en word jy hiervan bewus gemaak deur skim-sensasies wat vir die volgende uur oral oor jou lyf opduik. So traumaties was my ervaring nou die oggend dat ek selfs skim spinnekop-byte begin voel het en visioene gehad het van hoe die blêrrie ding besig is om die flamenco te dans op my rugstring en sy gifgevulde-kakebeentjies in te sink op elke sagte plekkie wat hy kry.

Want dit is natuurlik die grootste rede waarom mens daardie belaglike dans begin doen. Jy besef dat jy so pas binne ‘n web ingeloop het wat die inwoner besig was om op daardie oomblik te spin. Nie net het jy huisbraak en grootskaalse skade gepleeg nie, maar jy het nou net ‘n dingetjie kwaad gemaak wat baie klein en heel moontlik baie giftig is en op daardie spesifieke oomblik enige plek op jou lyf kan wees.

Dit is gelukkig baie raar dat die inwoner van die web wel saam met die web op jou lyf beland en besluit om wraak op jou en al jou nageslagte te neem, maar dit gebeur soms tog. Soos die tweede web van die seisoen, skaars twee dae na die eerste insident. Ek het skottelgoed gestaan en was, hoor my lied, skottelgoed gestaan en was en toe ek omdraai is daar ‘n web oor my gesig. Na 10 minute van paniek skree en alle insekte verwens het ek gedag als is nou klaar en ek kan aangaan met my lewe, totdat ek op my arm onder my trui iets voel kruip. Ek dag toe maar dis die gewone skim-gevoelte, maar gelukkig het ek my mou in elk geval opgelig, want daar kom die lekker vet knopie-spinnekop op my arm afgewals.

Wat hierop volg sal ek liefs aan die verbeelding oorlos, maar nodeloos om te sê het daar heelwat skottelgoed in die slag gebly.

Ek sal maar vir die volgende paar maande ‘n stok voor my rond swaai, net om seker te maak ek loop my nie weer in ‘n ding vas nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Christiaan Jooste sê... 4. "Ek glo nie in 2780 van hulle nie" Die blote negativering van 'n stelling is nog glad nie 'n bewys van die juistheid al dan nie van die stelling nie. Dit is netsoveel 'n geloofs/ongeloofs uitspraak soos wat ek maak dat ek wel glo. Eindelik maak ek ten minste my belydenis bekend, erken dit is geloof wat nie op empiriese bewys berus nie, en is bereid om my lewe daarvoor te gee. Daarteenoor sien ek 'n klompie ongelowiges met netsoveel onderling verskil as geloofsgroepe, wat ander se geloof belaglik maak met verdagte hermeneutiek (ek het al self gelees hoe daar op hierdie forums Bybelgedeeltes aangehaal en eindelik verdraai word.) en plein onbeskoftheid, terwyl hulle maar self geloofsuitsprake maak. So is selfs die koddige standpunt dat slegs dit wat empiries waargeneem kan word bestaan 'n geloofsuitspraak. En juis omdat twee teenoorstaande geloofsuitsprake teenoor mekaar gestel word is diegesprekke op hierde forum futiel. Ek kan jou waarborg hierdie bydrae van my gaan nie maak dat jy anders oor die Christelike geloof begin dink nie of hoe? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.