1-2-3 blog myself: Verlange

2013-01-04 14:25

Ek het vanoggend vir die eerste keer sedert ons in die nuwe huis ingetrek het, wakker geword en 'n oomblik van nostalgie vir Sammy Marks gehad.

Die nuwe huisie bly te lekker en ek en K het beide al 'n paar keer so amper skuldig gevoel dat ons nie eers so bietjie verlang na die ou plek nie. Miskien was die eerste maand te gou om 'n verlange te ontwikkel na iets wat ons sopas agter gelaat het, terwyl ons dan nog ook besig is om in te settle en te geniet in die nuwe omstandighede.
 
Dan is daar ook die feit dat ons nog nie helemal klaar is met die ou huis nie, daar bly nog 'n vriend daar en ons het ook nog 'n paar klein bokse en goedjies wat daar rondlê wat opgelaai moet word, so dit ons nog nie helemal afgesluit vir ons nie. Ons was juis al 'n paar keer weer soontoe in die afgelope paar weke om goed te gaan oplaai en die plek voel nou so vreemd en leeg dat ons amper nie kan dink dat ons ooit daar gebly het nie.

Ons het natuurlik ook baie tyd gehad om koebaai te sê en te laat gaan en dit, gekoppel met die feit dat ons na so 'n awesome nuwe spot toe trek beteken mos natuurlik dat mens nie eintlik sommer sal terug kyk nie.

Tog is dit maar in die mens se nature om terug te kyk en dan soms ook te verlang. Ek dink dit was omdat ek vanoggend wakker geword het met die besluit om myself so stadig maar seker uit die vakansieluim te begin kry. Ek het besef dat daar nog net soveel dae oor is van die vakansie waarna ek so lank uitgesien het en waarin ek soveel goed wou gedoen kry, waarvan ek natuurlik die helfte nie gedoen het nie.

Ek het ook besef dat ek die vakansie as oorgangstydperk van die oud na die nuwe gesien het en dat daardie oorgangstydperk nou byna verby is en dit het my vanoggend so bietjie sad laat voel. Ek het myself al baie afgevra hoekom mens so sal terug verlang na iets, al is jy bly dat jou omstandighede nou soveel beter is.

Die antwoord is natuurlik: omdat dit die bekende is. Mens sal maar altyd verlang na dit dat vooraf gegaan het of waar hy al was of goed wat jy al gedoen het, omdat dit bekend en gemaklik vir jou is. Nuwe plekke en dinge is van nature nie so gerustellend nie omdat hulle onbekend is. Dit bly dan maar moeilik om mens se kop in daardie plek te hou waar jy moet onthou dat jy konstant besig is om nuwe memories te maak en nuwe lekkerhede te ervaar wat jou aandag verg. Dis nie altyd so maklik om in die oomblik te lewe nie.

So ek doen my bes om in hierdie laaste paar dae van vakansie om te nie ernstig te raak, of te veel te verlang na dinge wat ek al klaar gedoen het nie en om eerder nog nuwe memories op te bou wat ek later kan geniet. Dit is natuurlik goed om soms terug te kyk en te verlang, maar ander kere is dit beter om eerder te fokus op wat om jou aan die gang is. Die trick is om agter te kom wanneer jy dit doen om te ontvlug en wanneer jy dit doen omdat jy rêrig verlang na iets omdat jy dit mis.

Sorry Sammy Marks, ek dink nie ek mis jou al so baie nie, maar ek dink darem nog steeds aan jou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Adre Claassens sê... Rip vir die eerste keer in my lewe stem ek met jou saam! Reinkernasie opsigself is bedrieglik en dubbelsinnig! Dit weet ons vandag te danke aan moeder Theresa wat in Indie gewerk het... Die rykes spoeg op die armes en se dis hulle verdiende loon, dis hulle karma dat hulle is waar hulle is! So wat is die goed wat die rykes doen sodat hulle na die volgende hoer vorm gaan? Na sulke sessies behoort hulle mos terug te kom as insekte of muise, want wat help dit jy doen goed aan hulle wat dit nie nodig het nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.