1-2-3 blog myself: 'n Ou liefde

2012-09-21 11:41

‘n Ou liefde het weer ‘n verskyning in my lewe gemaak. Ek het nie besef hoeveel ek hom gemis het totdat ek een oggend weer sy heerlike, warm bekende reuk gevang het nie.

‘n Lekker snytjie toast is seker een van die mees verukklike, sielsvoedende, vertroostende dinge wat mens kan eet. ‘n Goeie sny toast kom lekker vars en warm uit die toaster, so warm dat jy jou vingers verbrand en die sny brood juggle al die pad bord toe terwyl jy ‘oe aaa ooo bliksem’ maak totdat jy hom laat val (verkieslik in die bord).

Daar word hy so gou as moontlik gebotter, terwyl die botter nog so lekker kan smelt soos jy dit smeer. Die regte hoeveelheid botter (of laevet margarine, want sekere van ons moet mos nou ons cholesterol dophou) is belangrik, want te veel kan die sny pap maak en te min kan beteken dat die verhemelte van jou mond sal voel asof jy skuurpapier daaroor gehad het na die eerste paar happe.

Dit word dus ‘n kuns, die toast-makery, vir enigeiemand wat hom/haarself as ware toast-liefhebber ag. Vir gesondheidsredes is daar deesdae net volgraan brood in die huis, maar soms as ek so bietjie stout voel koop ek sommer ‘n lekker sagte witbrood. Die tipe waarvan jy sooibrand kry deur net na dit te kyk. Dit maak maar nog steeds die lekkerste toast. Ek hou daarvan om my brood so bruin as moontlik te toast, sonder om dit te brand. Dit is dan lekker crunchy en die botter en die Bovril gaan lê so mooi bo-op mekaar wanneer jy die brood smeer. Vars gebakte brood werk ook, veral as mens lekker dik snye maak en hulle op die grill in die oond gooi om bietjie bruin te word.

Maar wat smeer mens op jou toast? Dis nou te sê as jy nie net die oorspronklike resep volg en hom sommer net so eet nie. In my jonger dae kon ek sny na sny so net gewoon met botter vreet, soms met bietjie Bovril by.

Ah Bovril, die broodsmeer van die gode. Toe ek klein was was Marmite omtrent ‘n stapelvoedsel gewees, tot ek die eendag Bovril ontdek het en besef het dat dit nie nodig was om iets op jou brood te smeer wat soos enjin grease proe en soos Pritt aan jou verhemelte vas sit nie. Bovril kan so op sy eie op die toast gesmeer word, of soos ek later ontdek het, saam met katjiebotter. Dit kan nogal ‘n taai spul raak om jou toast te eet met daardie kombinasie, so ek vind dat dit beter is om die katjiebotter dun te smeer en liefs die smooth te gebruik en nie die crunchy nie.

Bovril werk ook lekker saam met laevet roomkaas. Hierdie kombinasie het ek post-cholesterol probleme ontdek. Bovril en lekker dik snye kaas op warm toast is ook hemels, maar nie so goed vir die cholesterol nie. Probeer gerus ook katjiebotter en pepersous. Dit klink snaaks, maar dit proe heerlik, amper soos sate-sous, baie lekker as mens nog ‘n leë kolletjie het.

Dan is daar katjiebotter en tjoklitstukkies, of tjoklitsmeer, of kondensmelk op warm brood of katjiebotter en Nik-Naks. Toe ek jonger was het ek soms geniet om Aromat op gebotterde toast te eet - oukei, ek doen dit nog steeds.

Gesmelte kaas op toast in die oondjie is ook ‘n wenner. Mens toast die brood natuurlik voor jy dit grill sodat dit nie te pap word nie en hieroor strooi jy dan Meksikaanse seasoning of suurlemoen-peper.

Vir ‘n lang tyd was daar nie ‘n toaster of brood in die huis gewees nie, ontbyte het bestaan uit graanvlokkies of tiertjiepap (Tiger Oats). Totdat ons een vakansie saam met vriende weer toast bedien is. Toe ek daardie eerste geurtjie van bruingebrande brood ruik, was dit verby.

Soms verbeel ek myself ek ruik toast en dan weet ek dat ek besig is om onttrekking-simptome te ontwikkel. Dis nie dat ek ‘n probleem het nie, ek kan dit enige tyd opgee …

Verskoon my net gou, ek dink daar’s êrens ‘n snytjie toast wat bietjie botter nodig het.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C High level clouds. Mild. Pta: 11-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 9-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 12-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!