Barnabas-blog: Konserwatiewe of liberale Christen?

2012-08-17 09:22

Vra iemand my nou die dag of ek ‘n konserwatiewe of liberale Christen is.  Sou eerder die woord modern as liberaal gebruik.  In elk geval, ek het nog nooit so daaroor gedink nie.  ‘n Christen is ek wel, ‘n kind van die Here. Moet ek konserwatief, modern of liberaal wees?

Gaan loer toe in die HAT en daar word ‘n Christen beskryf as ‘n belyer van die leer van Christus, iemand wat glo dat Jesus die seun van God is.  Konserwatief word beskryf as aan die bestaande toestande geheg en liberaal as nie bekrompe of ortodoks nie en onbevooroordeel.   

Die afgelope tyd het ek met groot erns gemerk dat daar uit verskillende oorde baie kritiek is oor die Bybel en wat van die kansel gepreek word.  Ek lees van die Nuwe Hervormers, ‘n groep teoloë wat die Bybel op ‘n meer moderne manier probeer verklaar.  Hulle wil hê dat godsdiens vir die sogenaamde postmoderne mens moet sin maak.  Daarmee het ek nie ‘n probleem nie.  Volgens die Nuwe Hervormers is hulle nie ateïste nie, maar stel ‘n godsdiens voor waarvolgens God gelykgestel word met die kragte en magte van die natuur en die heelal. Dit is vir my onaanvaarbaar.  God is nie gebind aan Sy skepping nie, nie tydgebonde nie, maar betrokke by die mens.

Ons moet onthou dat God is wie Hy sê Hy is.  Die God wat ek van lees in die Ou en Nuwe Testament, is dieselfde God wat ek nou dien.  God is nie net daar vir ‘n sekere termyn en word dan in ‘n verkiesing deur ‘n ander God vervang nie. Met ander woorde, ongeag wat ons dink of doen, God is wie Hy is.  In Eksodus 3 vers 14 lees ons die volgende: Toe sê God vir Moses: ”Ek is wat ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ’Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

Ek ervaar God as liefdevol, streng, regverdig en baie betrokke by Sy skepping, die mens ingesluit. Het God ‘n oorsprong, waar kom Hy vandaan? Die antwoord is, het iemand geskryf, dat die vraag nie sin maak nie. Dit is soos om byvoorbeeld te vra: ”Hoe ruik die kleur blou?”

Wat van die Bybel? Is dit wat in die Bybel geskryf staan nog van toepassing vir die moderne mens? Vir mý beslis.  Die Bybel is nie nie ‘n ou boek wat vertel van gebeure van lank gelede nie, of van mense wat lank gelede geleef het nie. Ja, ek erken dat daar dinge in die Bybel is wat ek nie altyd verstaan nie.  So byvoorbeeld skryf Braam Hannekom in ‘n  artikel in Die Burger, 2 Mei 2012, dat in Deuteronomium lees ons dat vroue wat mansklere dra en omgekeerd, deur die Here verafsku word (Deut.22:5), opstandige en ongehoorsame kinders moet met klippe doodgegooi word (Deut.21:20) en ons mag nie volstruisvleis eet nie (Deut.14:15). Arme volstruisboere.

Die Bybel moet in konteks gelees word.  Ons moet na elke boek in die Bybel kyk en vra: deur wie en vir wie is dit geskryf en wanneer is dit geskryf.  Lees maar Habakuk in die Ou Testament en dis so goed jy lees vandag se koerant. Die mense in die Bybelse tyd het ook te doen gehad met geweld, onderdrukking, korrupsie, magsmisbruik, wetteloosheid en misdaad, net soos ons vandag.  En net soos ons, het hulle ook maar gaan hulp en leiding soek by die Here van die Bybel.  Ek lees in ‘Ontdek Gids 2, Ons kan die Bybel glo’ die volgende pragtige bewys: die 66 boeke van die Bybel, met 1189 hoofstukke wat uit 31173 verse bestaan, is bymekaar gevoeg om ‘n volmaakte eenheid en harmonie te vorm in die boodskap wat dit oordra.

Wat doen die Bybel vir die moderne mens? “Wanneer U woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan die wat nog onervare is.” (Psalm 119:130). 

Is God dan konserwatief, modern of liberaal? Dis dalk tyd dat ons terugkeer na die basiese dinge van ons Christelike geloof: Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. (Psalm 46:11).  Kom ons laat Jesus weer in ons harte toe. 

Sal dit saakmaak of ons konserwatief, modern of liberaal is?
 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Matt Heyns sê... Pampoene op sy dak en 'n bottel lawaai water in sy gat sak? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Cool. Pta: 6-20°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 2-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-24°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.