Barnabas-blog: Die strepie

2012-09-15 14:00

So drie jaar gelede het ek en my vrou ‘n vlug bespreek Port Elizabeth toe om vir familie te gaan kuier.  My swaer, wat nog net twee keer in sy lewe gevlieg het, was erg omgekrap.  Daar is so baie vliegtuie wat val, dis nie veilig in die lug nie, het hy ons probeer oortuig. 

Ek het besluit om nie met hom te argumenteer nie.  Vir my is vlieg nog een van die veiligste en vinnigste metodes van vervoer. 

Ek het grappenderwys vir hom gesê: “As jou strepie getrek is, is hy getrek.” 

My swaer het nie gedink dis snaaks nie.

As iemand gesterf het, het my pa ook die uitdrukking gebruik: “As jou strepie getrek is, is hy getrek.”  Dus, as die Here besluit het dat jy op ‘n spesifieke dag moet sterf, dan sal jy sterf.  As kind het ek dit nie verstaan nie.

Waar sou die Here die strepie trek?  Het Hy ‘n boek met jou naam en al jou besonderhede daarin, en op ‘n sekere dag en datum is daar ‘n streep getrek?  Is dit dan die wil van die Here dat jy op daardie dag moet sterf?

‘n Kind word deur ‘n dronk persoon dood gery.  Of ‘n skoolmeisie word verkrag en vermoor.  ‘n Baba en sy dagmoeder word vermoor.  Gaan jy vir die kind, die skoolmeisie of die baba se ouers sê hulle strepie was getrek en dit is die wil van die Here?  Ek dink nie so nie.  Jy gaan ook nie vir die dagmoeder se familie verduidelik dat die Here besluit het sy moet vermoor word nie.

Baie van die ellende wat ons ervaar is as gevolg van ons eie toedoen.  Ons neem byvoorbeeld die verkeerde besluite en dan is die gevolge traumaties.  Of ons leef ongesond en dan is ‘n siektetoestand ons voorland.  Maar daar is tye wanneer jy nie verantwoordelik is vir jou pyn nie.  ‘n Man verlaat sy vrou vir iemand anders en op die manier is hy die oorsaak van die pyn en vernedering van sy vrou.  Dan is daar natuurlik nog Satan wat ook lyding veroorsaak.  Maar hy kan nie alleen al die skuld kry nie want ons is soms mede-aandadig.

Ek glo nie dat God die outeur van sonde en lyding is nie, maar laat Hy nie soms lyding toe om ons geloof te toets nie?  Dink maar aan Job se geval toe die Here toegelaat het dat Satan alles van Job weg neem.

Ek staan nie onverskillig teenoor mense wat lyding ervaar of ervaar het nie.  Ons as ‘n gesin kan ons vereenselwig met lyding omdat ons dit al ‘n paar keer beleef het.  Of dit nou argaïes klink of nie, ons het ‘n keuse gemaak om in God te glo en Hom te vertrou, want Hy het ons nog altyd deur alles gelei. 

Ek glo ook nie dat God iewers ‘n strepie vir elkeen van ons getrek het nie, of dat dit altyd Sy wil is dat ons ly nie.  In die toekoms sal baie dinge nog ons pad kruis. 

God het ons nie ‘n maklike rit belowe nie, maar wel ‘n veilige landing.  Wanneer alles volbring is, sal God dalk ‘n streep trek. 

En dit is nie ‘n bangmaak-storie nie! 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Aruan Shaman sê... Flip, "twak" is maar jou ou laai van oordeel vanuit 'n onkundebasis, waarin jy GLO dat JY koning is. Ek weet jy weet absoluut niks van geloof nie, alhoewel jy via jou droom-aap-uitgang die grootste gelowige op hd blog is, maar dit, in jou geval, is maar net dat jy op-cover vir jou onkunde daaromtrent...wat weet 'n aap per slot van rekening van geloof af!? Vertel ons bietjie vandag, Flippie, hoekom sal ek JOUu glo eerder as my spirituele begeleier uit ons nie-stoflike leefdimensie? Meen te seg, voor ek jou glo, glo ek eerder daai onnerste miskruier is jy! Maar dan, jy is mos Ou Silwerrugjakkals, die geslepe een met 'n bos-doel, waar hy koning is. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C a few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-13°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.