Barnabas-blog: Moet- (of wíl-)doen lysie

2012-08-30 14:55

Mense stel lysies om verskillende redes op.  Party as hulle inkopies moet doen, ander, as daar vir ‘n vakansie of funksie beplan word en dan diegene wat hulle dagtake rangskik.  Vir baie mense is die opstel van ‘n lys, vir watter rede ookal, onontbeerlik.  Hoe belangrik dit is word deur elkeen se omstandighede bepaal.  Iemand het voorgestel dat jy elke dag ‘n lys moet opstel van die dinge wat jy nié moet doen nie, want dit is dinge wat ons doen sonder ‘n lys en dan gewoonlik die verkeerde dinge.

My swaer was ‘n meester met die opstel van ‘moet doen’-lysies.  Op sy nuwejaarslysie was daar vir vier jaar agtereenvolgend afsprake vir tandarts- en doktersbesoeke en 'kry ‘n nuwe bril'.  Volgens hom was sy oë nog goed genoeg, al het die arms te kort geword om dit wat hy wou lees ver genoeg te hou.  Vir ‘n tandarts en ‘n dokter was hy doodbang, gevolglik was hierdie ‘moet doen’-take vir vier jaar op sy lysies.  Dan was daar die daaglikse kooplysies – kos vir Boerpies (Boerpies was sy hond se naam), brood, melk, suiker, ens. 

Na sy dood het ek besef dat sy verhouding met die Here nie op een van sy lysies was nie.  Dit was in plek want sy lewe het daarvan getuig.

Wat my laat wonder het.  As ek ‘n lys moet opstel wat ek vir die Here en my gesin moet doen, wat sal ek neerpen?  Ek sal die ‘moet doen’-lys na ‘n ‘wil doen’-lys  verander. God het ons reeds op ‘n gastelys vir die feesmaal geplaas: Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou en hy saam met My. (Openbaring 3:20).  Dié deur het ek jare gelede oop gemaak!

Ek kan ‘n kort of lang lys opstel, maar ek noem net ‘n paar dinge wat vir ons as gesin baie beteken. ‘n Lang of kort lys sal niks beteken as ek nie iets daaromtrent doen nie.  Op geen manier kan ek God beïndruk met allerhande mooi woorde en beloftes nie.  Dit moet uit die hart kom, uit dankbaarheid vir dit wat die Here vir my doen. 

Daarom sal Dankbaarheid op my lys wees.  ‘n Mens se geluk hang nie af van hoeveel jy het nie, maar van hoe dankbaar jy is vir wat jy het, skryf Marius Nel in sy boek: (Wat sê Die Bybel oor . . .)  Ek is dankbaar vir my vrou, kinders, kleinkinders, familie en vriende.  Maar wat van mense wat niks het nie?  Waarvoor moet hulle dankbaar wees?  Ek het al mense ontmoet wat, ondanks die feit dat hulle omtrent niks het nie, tog dankbaar is vir dit wat hulle kry en dat hulle die Here ken. Uit dankbaarheid teenoor die Here wil ek die mense help en het ek al die geleentheid gehad om dit te doen.  Wanneer jy uit dankbaarheid vir die Here leef, sien jy die klein dingetjies raak en maak jy jou hart en hande vir ander oop.

Ons lees in die Bybel van baie beloftes wat God gemaak het.  Maar aan hierdie beloftes is daar voorwaardes gekoppel.  Een daarvan is gehoorsaamheid en daarom is Gehoorsaamheid ook op my lys:  En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. (1 Johannes 2:17).  Volgens die HAT beteken gehoorsaamheid om die bevele, opdragte en voorskrifte van ‘n meerdere geredelik, dus, sonder aarseling uit te voer.  In Handelinge 4: 19 sê Petrus en Johannes vir die Joodse Raad dat hulle maar self moet besluit wat reg is voor God – om aan die raad gehoorsaam te wees of aan God.  Ek en my vrou kies om aan God gehoorsaam te wees.

Julle, broers, julle is tot vryheid geroep.  Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. (Galasiërs 5:13).  Om Diensbaar te wees sluit aan by dankbaarheid en dus ook op die lys.  Bill Hybels sê die volgende: 'Ons aanbid God deur diens.  Die ware dienaar beskou elke geleentheid om te lei of te dien as ‘n geleenheid om God te aanbid.'  Om te dien is om lief te hê en as jy liefhet is diens die logiese resultaat.  Diens verg opoffering en jy voel dikwels jy kry meer daaruit as wat jy gee.  Ek dien nie om mense te beïndruk of om te vergoed vir sondes in my verlede nie.  Diens aan my gesin en ander is uit liefde en dankbaarheid vir hulle en God.

Nederigheid, volgende op my lys, laat my besef hoe afhanklik ek van God en sy genade is: Hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val; nederigheid bring eer. (Spreuke 29:23).  AW Tozar het die volgende gesê: 'Nederigheid is nie om die krag wat in jou is te onken nie.  Dit is om te weet dat die krag deur jou kom en nie van jou nie.'  Die Here gee ons die krag en wysheid om in nederigheid ander te dien.  Ek en my vrou besef dat ons is wat ons is en het wat ons het uit genade.  Daarom kan ons in nederigheid voor die Here buig en Hom dank.

In Aanbidding, wat vir eers my lys voltooi, bewonder en waardeer ons God vir wie Hy is en wat Hy doen.  Op dié wyse kommunikeer God met ons en ons met Hom.  As gevolg van kanker vir ± 26 jaar het ons as ‘n gesin deur moeilike tye gegaan.  Deur gebed kon ons leiding, krag en soms aanvaarding van God kry:  Prys die Here ons God.  Kom buig in aanbidding voor Hom:  Hy is heilig!  (Psalm 99:5) 

Daar kan nog baie dinge op my lys kom.  Vir my gaan dit egter om God te verheerlik in alles wat ek doen, deur dankbare gehoorsaamheid en met nederige aanbidding en diens:  Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper.  (Psalm 95:6).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Christiaan, jou toetskriteria slaag nie. Net omdat daar persone is, wat bereid is om hul lewe af te lê "vir Christus", bewys niks nie. Ek betwyfel hd stelling in dit se vlak totaliteit; maar dan is daar sulke sataniste (so Satan is ook god-waar!), Mohammedane...vele, en baie meer as christene, so dus is die xtendom geensins uniek hierin nie. Daar is mense wat dit vir ons "volk" sal doen, vir blankedom, vir wat nog en enigiets anders, en bewys dit niks nie.~ Ek voel tog jou redenasie op hd punt toon 'n wankelende benchmark.~ Maar dan: waarom wil jy insake jou geloof stry? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.