Bixinibi: Belydenis van 'n regterbreiner

2012-10-18 12:27

Ai tog.  Vanaand het ek ‘n grrrruwelike roskam gekry omdat ek iemand alweer, en moet ek erken, effe superieur, as "ou linkerbrein" aangespreek het.  (Daarmee verwys ek na die rasionele eerder as intuïtiewe.)

Die ding is: my hele lewe lank het ek dom gevoel.  Omdat in ‘n wêreld waar feite aansien bepaal is die linkerbrein (logika, boekkennis) koning.  ‘n Mens sal net weet wat ek bedoel as mens aan die ontvangkant was van opgetrekte wenkbroue, suggies, giggels as mens al weer nie weet wie die Booker-prys gewen het nie.  (Is daar nou weer so ‘n prys?)

En die ding is: diep, diep in my het ek nooit régtig gevoel ek is dom nie.  Daarvoor verstaan ek te veel op ‘n "te onverstaanbare" vlak.  Daarvoor voel ek mense te veel op ‘n "te onverstaanbare" vlak.  

Maar, daarmee saam en punte en dinge soos die abc-klas het ek dit uiteindelik begin glo; dat ek dom is.  En ek het my adult lewe begin as ‘n lamtiet, skaam, onseker konformis.  

En nou, op ‘n gemaklike 42, is daar jou wrintiewaar weer iemand wat my onbeholpe en ‘n kind noem.  Ek praat nou van my laaste blog.  Die een wat die dame so irriteer het.  (Ek neem aan sy is ‘n dame, want sy is baie geleerd.) 

En ek dink en ek dink en ek dink.  Wat voel ek.  Wát dink ek.  My eerste reaksies is die reaktiewe:  seergemaak.  Verontwaardig.  Snotty.  Moedeloos.  Die reaksie kom uit my belief-sisteme uit.  Beliefs oor myself. 

Aangeleer. Gekultiveer. Gedissiplineer. Dit wat in my ingeprent is: om te konformeer.  ‘n Seker vryheid binne ‘n patroon uit te leef.   (Volgens my.  Ek sou dink dat die blog onder die hofie "Opinies" verskyn, wat die ooglopende ooglopend sou maak.  Vir dié met die kennis sonder die insig)

Vir ‘n oomblikste oomblik, het ek weer dom gvoel.   Moet ek erken.  Maar ek het ‘n paar goed onthou.  Kennis in boeke bring nie lewenservaring nie. In any case nie my eie nie.  Niks word tog mens se eie as dit, wel, nie ervaar word nie.  En almal weet dis lewenservaring wat wysheid bring.  En ek juig dat ek weet ek gaan ‘n wyse oue wees.

Om te onthou of nie te onthou nie.  Weet jy, omdat ek so min weet van so baie, is ek baie keer stil in gesprekke. (My vriende sal histeries lag as hulle dié hoor.)  Maar ek het baie vrede.  Ek is lief vir mense.  Ek wonder partykeer, hierdie's wat so helse praat om tog net hulle kennis te kan deel (ek doen dit ook, dis ‘n proses); wanneer dínk hulle as hulle so heeltyd práát.  Of is dit soos ‘n recording.  Jy druk net die required button, dan spew jy die kennis uit.

So, ek het so deur die laaste ruk bietjie jammer begin voel vir linkerbreiners.  Ek weet ek weet, ek klassifieer royally, maar na vanaand is ek seker ook daaróór.  Ek bedoel, het jy al ooit ‘n pad probeer verduidelik aan ‘n linkerbreiner.  Hulle is so ontsettend onseker.  Hulle moet die hele tyd die feite check.  En as jou kleurvolle verduideliking nie by sy prentjie pas nie, kry hy dit willens en wetens nie.  Nie eers die begin van die verduideliking nie.  En linkerbreiners kan soms so ontsettend stadig snap.  Ek meen ek is al by hoofstuk twee en jy werk nog aan die title.   Mens hoef baie minder woorde te gebruik in ‘n gesprek met ‘n regterbreiner.  Because they get it, they don’t have to understand it.  Jy weet.  

So het ek begin dink dat linkerbreiners ietwat beperkende vermoëns het.  Wat ek moet erken, ek baie sterk oorweeg het na die kommentaar.  Dat mens met ideologie en geskiedenis probeer wegverduidelik wat baie duidelik is:  Dat daar tydens apartheid nie met liefde opgetree is nie.  Maak nie saak wie het ook wat gedoen nie.  Vanuit my oogpunt, is daar liefdeloos opgetree.  En nou, baie eenvoudig, moet die liefde weer gegee word.  Op welke manier ookal.  So duidelik.  Dat alles eintlik oor die liefde gaan.  En dat ons almal broers en susters is, welke velkleur ookal.

Natuurlik is ek verkeerd om na linker- of regterbrein te verwys.  Ons almal should be integrated van beide kante, so to speak.  ‘n Heel wese.  En ons moet mediteer. Dat ons harte kan oop.   En ons die wêreld weer mooi kan maak.  Nee wat, soos ek vir iemand gese het, vir ‘n slim mens is kan jy darem baie dom wees.  

En vir jou hoop ek dat jy iewers in ‘n woud sal gaan stap.  En perfekte stilte sal kry.  Dan sal jy weet waarvan ek praat. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Abel, dit is sonder verwyt, maar met groot hartseer, dat ek dit wil stel dat ons alleenwees ("separateness") onlosmaaklik deel van Mens-wees is, en was, sedert georganiseerde Mens-word, wat na die Atlantis-era begin het; doelbewus so saamgestel om mens individueel van mens onderlingindividueel en kollektief geskei te hou, en om hierdie van-mekaar-geskei/verwyder-te-wees via 'n groot verskeidenheid van beplande instellinge, gebruike en maniere te bevorder [to enhance the separateness(!)], en bo aan die beplande, onderlinge VERDELING van Mens staan "God", die stoflike leefdimensies se hoof-beheeridee van omvangryke versmoring; en saam met dit polariteitsbegrippe, ten doel altyd-verdeling van die arme Mens, wat via die God-bedwelming nie net selfontknegte, ewigminderwaardige sou wees nie...en is, maar ook gewillige, aksievolle deelnemer van die ramp van ons lewe, nl selfverdeling en selfvervreemding van mekaar en so van een-wees.~~ Nou word dit aldag aan ons van ander leefdimensies oorgedra dat hierdie BEPLANDE (van BUITE ONS!!!) satansverdeeldheid (separateness) weggeneem sal word, of sal verval, in ons Nuwe Leefdimensie van EEN-WEES, waartoe ons nou begin pad vat het met besprekinge soos hierbo ingelei... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.