Bixinibi: Die Woolies-ding

2012-09-12 12:46

Die Woolies-ding irriteer my darem verskriklik. Dis amper asof ons hierdie heilige mense is wat nét nie beledig mag word nie.  Thou shalt not insult an Afrikaner.
Dis asof ons dink almal en alles om ons moet ons met soooooveel respek behandel.  

Hou tog net op, man.  Ons het dit uitgedeel, hoekom de ongeluk is julle verbaas dat dit nou na ons toe terugkom.  Julle wéét mos wat jy saai sal jy maai.

Én terwyl julle so bang is vir uitsterf, trek julle dit juis aan.  Tsk-tsk.

Hou tog net op om te dink dat jy die reg het om beter behandel te word as enige ander mens.  Hoekom???  Wat het jy gedoen wat jou soveel respek verdien?  Behalwe nou wat ons almal weet.  En dáárdie gedrag het nou nie juis respek verdien nie.  Soos ons weet.

Ek gaan nóóit weer by Woolies koop nie.
  Ag jinne, my broer.  Doe so.  Ontneem jou self een van jou spesiale plesiertjies in die lewe.  Dit herinner my aan die storie wat die ronde geloop het toe wit mense in die staatsdiens afgedank is om plek te maak vir ons seergemaakte broers en susters.  By wyse van boetedoening.  Taking one for the team, so to speak.  Die storie was dat hierdie mense wat die skills moes oordra, ‘n swak job gedoen het.  Uit spite uit.  Ek sê nie dit was reg nie, terloops.  Dis nie waaroor dit gaan nie.

Wat my asem wegslaan is die prentjie wat bogenoemde storie by my gelaat het.  Van ‘n boer wat met sy hande in die sye op ‘n bult staan en afkyk op ons land.  Die hele land ‘n prentjie van verwoesting.  Hy skud sy kop.  Ja-nee.  Ek het julle mos gesê.

Die onnoselheid en kortsigtigheid en kinderagtigheid daarvan herinner slegs aan die broeders in hulle camo dress-ups by ET se moordsaak.

BOETEDOENING.  BOETEDOENING.  

Ek weet ek en my ligte vel-broeders en -susters het opregte berou.  Baie, baie van ons.  En ons doen baie dinge om reg te maak.  

Hierdie is soos ‘n man en ‘n vrou wat baklei in ‘n huwelik.  Die een hou heeltyd aan met pynigende behaviour.  En act salig onbewus dat dit die ander een seermaak.  Eendag gebeur iets kleins en die hurtee ontplof.  Indien die hurter betyds opregte berou gehad het en gedrag getoon het wat ooreenkom met boetedoening, het daardie ontploffing dalk nooit nie gebeur nie.

Dis nie genoeg dat ons sleg voel nie.  Dis is nie genoeg dat ons oor elke liewe slight baklei nie.  Ons is sterker as dit.  Ek het nie nodig dat iemand met my suiwerste Afrikaans praat, om waardig te voel nie.  Ek het nie nodig om te baklei teen dít wat ek aanvaar as ‘n vorm van boetedoening nie. Byvoorbeeld Woolworths.

In plaas van reaktief wees, probeer ek dink aan maniere om wérklik ‘n verskil te maak.  Want ek weet, ek is.  En niemand kan dit van my wegneem nie.  

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!