Bixinibi: Die skaam van Pretoria se naam

2012-10-10 11:17

Luister vir my.  Word groot.  Julle is hier besig met ‘n oefening van wil reg wees.  En om reg te wil wees kom van die ego af en is die simptoom van ‘n diepe minderwaardigheid.  Dit is net die mens wat sterk is in die self wat die minste kan wees, of so is ek besig om vir myself uit te vind.

Ek sien in die koerant:

1. Pretoria en die Blou Bulle is ‘n baie belangrike deel van my kultuur en identiteit dit sal my seermaak as dit verander.  Dit sal mure van bitterheid bou.  

Kyk.  Ek kan niks vir jou sê as jy kies om jou eie waarde te hang aan iets veranderliks soos ‘n sportspan.  Ek sal my met moeite moet inhou want ek sal vir jou jammer voel dat jy oënskynlik (wel, jy sê dit self) daarsonder so min van jouself hou.  Oor die mure van bitterheid gaan ek nie stilbly nie.  Staan vir ‘n oomblik so ‘n meter terug en kyk na wat ek hier sê.  Vir solank het jy voordeel getrek uit ‘n sisteem wat soveel mense de-humanize het, en jy kla oor mure van bitterheid oor ‘n stad se naam.  What is in a name? (Behalwe dit wat jý daaraan heg.)

Kan jy nie maar die naam laat gaan, ter will van verstaan en 'n lompe poging om ‘n verskoning aan te bied?

2.  Hulle kan daardie geld aanwend vir die armes.  Daar is baie.  

Ja. Ek stem saam. Maar as dit werklik julle beswaar was o beswaarde, waarom het julle nie so ‘n bohaai opgeskop toe strate soos Zambezi verander nie?  So moenie nou probeer skerm agter ‘n vals omgee nie. Dis gewoon lelik.

3. Julle dink ons is dom.  Julle vervreem ons.  Julle vernietig ons kultuur.

Nee. Nee en NEE.  NIEMAND kan jou dom laat voel as jy nie self so dink nie.  NIEMAND kan jou vervreem as jy dit nie self toelaat nie. En wie het anyway met die vervreemding-ding begin?  En wat presies het jy gedoen om jou innige spyt te wys vir die dierlike onregverdigheid waaruit jy voordeel getrek het?

En nou ja, ek neem aan jy en baie soos jy beoefen jou idee van Afrikanerkultuur heeldag en aldag.  Dit beteken tog dit sal nie vernietig word nie, ontspan. 

Wat my by punt uitbring: Hoe vernietig mens iets wat in mense se harte is.  Net as jy die mense sover kry om dit te glo.  Dus, as julle glo die Afrikanerkultuur is so pateties dat hy sommer gaan vergaan, net omdat ‘n dorpsnaam verander, dan verdien jy om kultuurloos deur die lewe te fladder.  Which is not a bad thing, so tussen hakkes.  Ek drop kultuur en konvensie waar dit my pas en wanneer ek kan.  Dit hou my oop vir wonderlike nuwe dinge.  

4. Dit is my erfenis, die grondwet beskerm ons reg om ons kultuur te behou

Kan jy nie maar groot genoeg wees om te se, haai weet jy.  Ek het werklik eintlik nog maar min tot niks gedoen om reg te maak vir die voordeel wat ek getrek het uit ‘n onregverdige sisteem wat nie net góéd gevat het nie, maar ook menswaardigheid, drome en toekomste.  Die naam is die minste. Oftewel, ek is baie groter as ‘n naam.  Oftewel, my kultuur is baie ryker as ‘n stadsnaam. (Sug).

5. Hulle praat van hul geskiedenis maar hulle lewer nie eens handboeke of sodat die kinders daardie geskiedenis kan leer nie.  Wat kos die naamsverandering? Wat gaan dit die ondernemings kos?  Kom ons noem dit Pretoria-Thswane ter wille van versoening.

Jis, julle is arrogant. Heeltyd moet daar na julle fragiele ego'tjies gekyk word.  Sodat julle tog net die gestamp voel nie.  Hoekom nie Tshwane-Pretoria nie? 

Wys vir my waar doen jy versoening?  Hoe kan jy so geregtig voel?  Waar kom jy vandaan?

Hoe kán jy jou eie dink koppel aan ‘n stadsnaam – dis so ontsettend airy-fairy, jong.  Bedoelend, as jy in die eerste plek geglo het aan jou reg soos elke liewe ander lewende wese om hier te wees, dan sou niks jou kon insult of klein laat voel nie.

Hoe is dit dat so baie mense nie die volgende wil sien nie?  Sê nou maar ek het ‘n onderonsie met jou, my partner.  Jy het iets gedoen wat my so seergemaak het.  Maar jy tree op asof absoluut niks gebeur het nie.  Of moedswillig onbewus of salig onbewus dat ek in ‘n toestand is wat van seer na kwaad toe oorgaan.  Behoede jou as jy nou iets doen.  Dan ontplof ek buite verband wanneer jy my laaste diepbraai-aartappel op my bord gaps.  Omdat ek eintlik net wou hê jy moet acknowledge dat jou gedrag my knoppie gedruk het en dat jy jammer is.  So ‘n eenvoudige erkenning sou alles verander het.  So ‘n teken van ek is nederig want ek weet ek is gerus genoeg in wie ek is dat ek die minste kan wees.

Wat my bring by my gunsteling van die gesprek oor die naamsverandering.  ANC kan grootstheid wys met naam..., dis wat ‘n ene Bekker van Lynnwood vanoggend in die koerant geskrywe het.  Ek skat hierdie som vir my ‘n houding baie baie mooi op.  ‘n Oningeligtheid wat my asem wegslaan – omdat om te verwag dat die ANC jou moet tegemoetkom, ou wit kuikentjie, beteken jy het jouself nooit inform oor presies wat in apartheid gebeur het nie.  Dit beteken vir my jy het nog nooit iewers gaan sit en gewonder hoe jy sou voel as jy in jou donker vel broer se skoene was.  Jy het gewoon en baie duidelik nog nooit gedink oor presies wat apartheid aan jou sou doen nie.  

Ek sê nie geldmors is reg nie. Maar ek dink nie dis die issue hier nie.  Daar moet iets anders uit die weg geruim word voordat ons by die simptoom uitkom.  Verbeel jou die volgende: Die belangrike afvaardiging vir volksake kom ingestap by die naam-kommissie en sê die volgende:  We realise our own arrogance.  The name is less important than building a new country where everyone feels welcome.  I acknowledge that I have benefited hugely from apartheid and I want to let you know that I will be happy to accept Tshwane-Pretoria as the new name.  I want to thank you for considering keeping my history in the name, as you did with the National Anthem.  May you have a beautiful day.  

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Matt Heyns sê... Moses — One More Basket Case: The story that revives an old Babylonian legend to boost Judean supremacy and the historical evidence that tells us no Exodus ever took place. • David and Solomon — Superheroes: Comic book kings created to glorify a psychopathic god and an imaginary Israelite Empire in an arid land; neighbors call it ‘home to hilltop farmers and bandits.’ • The Seventh–Century Propagandists: King Josiah creates a god who makes his people racially superior, orders ethnic Cleansing on an unprecedented scale and binds the people to the state forever. • Holy Book of Horrors: The scribes enslaved by the Babylonians encode their Egyptian links and return home to a country soon to be Hellenized; attempting to oust Alexander’s religions, the Judean turn the fictitious genocide of earlier times into a nightmare reality and the Romans intervene. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.