Bixinibi: Ek bid vir liefde

2012-11-19 08:18

Ek staan by die till.  Ek moet goed koop met R70.  Dis die middel van die maand en al werk ek tans vir die grootste maatskappy van sy soort, is die salaris relatief min.  Relatief, want dis baie geld in vergelyking met die van plaaswerkers.  Maar ek vermoed dalk min in vergelyking met sê nou maar ‘n wynboer.  Of ‘n avokadoboer.  Nee?  Ek weet glad nie wat ‘n boer verdien nie.  Ek sien wel wat hy bestee om te leef.

So daar.  Ek moet ‘n paar dinge aanskaf bloot omdat dit op is en as noodsaaklik beskou word in ons moderne bestaan.  Wat ek benodig is ‘n gloeilamp vir die badkamer.  (Ek het reeds al die ander vertrekke aan 'n enkele gloeilamp elk oorgelaat.)  Kerse vir die kragonderbrekings.  Of dalk ‘n flits.  Ek het ‘n paar rand vir petrol nodig.  Waspoeier.  Skottelgoedseep.  Toiletpapier.  SingleDouble is ‘n illusie.  Rys of pasta, depending on the price.  6 eiers.  Vuurhoutjies vir die gasstoof.  Koopkrag.  O ja.  Seker kos ook.  Gelukkig vir twee.  Kon erger gewees het.  Pads.  Pynpille, anders moet ek een keer ‘n maand afvat by die werk.  Ensovoorts. 

Die begeerde broek, die broek.  Sal moet wag.  Obviously.

Ek kan die meeste van die goed met more en oormore se R70 koop. 
 
Ja.  Dit pla my bietjie dat my baas ‘n rykste mens is.  Maar wat.  Ons het werk.  Ons moet dankbaar wees.

Seker maar net soos dit die plaaswerkers pla dat die kinders met karre ry terwyl hulle huise klein en basies is.

Dit pla seker maar as die seun die seuns van die baas se klere met dankbaarheid dra.

En soos ‘n swart 41-jarige vriendin my twee dae terug vertel, ja, dit pla as ‘n jong opgeskote wit snotknop "baas" genoem moet word deur die vader wat sy so respekteer...

Haai.  En dan wil hulle vir my vertel R20 meer gaan die boere ruineer.  Dink julle ek is flippen dom??  Verlaag jou lewensstandaard, jong.  Ek weet anyway nie hoe mens gaan uiteet, of met ‘n double cab ry, of selfs op vakansie gaan, as die mense om jou in ellende sit.  O, sies.

Waarom kan die boere nie 'n plan beraam nie.  Bied die werkers wins aan, man.  ‘n Persentasie.  En betrek hulle by die besigheid sover jy kan.  Hulle word onmiddellik deel van die besigheid.  Mens werk onmiddellik vir mensself.  Ek sê dit baie hier by ons, maar wat, as jy nie sien nie sien jy nie.

En weet, my dankbaarheid is diep as ek sien watse job die universe vir my gestuur het.  Saam met mense wat juis net in daardie beginsel glo.   Hoe amazing is dit.  Ek kry ‘n geleentheid om te practice en eerstehands te ondersoek wat ek preach

Blessings!!

Ek droom van ‘n wêreld vol liefde.

My beurt by die till.  My gewoonte is om die heel nodigste heel eerste uit te pak.  Sodat die onnodige agterbly as die limit bereik is.  Daar is nie ‘n manier wat ek optel-somme in my kop maak as ek shop nie.  Dis erg genoeg soos dit is.

Vanaand is die kos-pad-pille-vuurhuitjies krag die belangrikste.  Randkrag.  Vuurhoutjies soveel, grandpa's soveel  pads soveel.  Sug.  Die probleem is obvious.  Ek gaan grandpa's  en pads koop en in die bed klim.

Ja.  Ek ruik aan die baas se asem hy het gisteraand knoffel geëet en goeie wyn gedrink.  Ek sien die stukkies oorskiet-vleis wat met groot fanfare aangebied word.

Nee.  Ek hoef nie regtig op R70 ‘n dag te leef nie.  Ek leef van meer.  Ek wonder net hoe dit sou wees as ek verplig was om met R70 oor die weg te kom.  En ek wonder hoe leef iemand met hulself saam as hulle iemand anders so ‘n loon betaal.  En aandring om "baas" genoem word.  Genade.  Leef ons in die donker eeue hierso?

Ek bid vir liefde...

 

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
34 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-19°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 11-31°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bfn: 14-30°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 17-27°C High level clouds. Warm. PE: 16-23°C a few showers. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Recruitment Consultant

Centurion
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R8 500 Per Month

Recruitment Consultant

Sandton
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R8 500 Per Month

Recruitment Consultant

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R8 500 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!