Bixinibi: Ekonomie op hartvlak
2012-10-05 09:51
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Daar is goed wat ek nie verstaan nie.
Hoekom gaan die tolgeld op ons impakteer met hoër kospryse? Menende, hoekom lees ons nie van kleiner (of geen) bonusse vir aandeelhouders van kosmaatskappye nie? Ek verstaan nie op ‘n hart-level hoekom mens 4 karre wil hê vir twee mense nie.
Hoekom lees ek van mense wat gerestruktureer moet word omdat die teiken-profyt nie gemaak word nie. Of omdat die aandeelhouers net soveel of meér as die vorige jaar moet kry?
Hoekom lees ek van die rykste mense in die land maar ek dink nie een van hulle maatskappy is onder die top 73 beste plekke om voor te werk nie?
Hoekom lees ek van die geldelike verknorsing van Eskom maar laasjaar was daar ‘n vinnige week van herrie oor die bonusse wat uitbetaal is aan die direkteure?
Hoekom sien ek boere met moerse karre met werkers wat in pondokkies bly? Net-net-net genoeg.
Hoekom sien ek hoe die mynwerkers bly terwyl ek sterk vermoed die mynbase nié?
Hoekom betaal ons die kelners met ons already klein beursie terwyl restaurant-base floreer?
Alles word duurder sodat dié aan die wins-ontvangkant nóg ryker word. Ja, ek kan myself ook sien met ‘n kar vir elke mood. Natuurlik! Blou vir nou; rooi vir ‘n nooi; geel vir speel. Ensovoorts.
Maar ek onthou ‘n storie waar mense vertel het dat hulle R75 000 ‘n maand aan sekuriteit bestee. En ek het gewonder hoe misdaad sou lyk as daardie geld in die onmiddellike omgewing bestee sou word. Ons het al almal gehoor hoe ver van die swart mense se geld gerek word in die familie. Die voordele sou huge wees.
Maar in stede van met die oop hart leef, een waar liefde en omgee die wereld omtower, bou ons hoë mure. Wat soos in die sprokies van ouds net hoër sal moet word soos die devide tussen die rykes en die kreperendes groter word. En ons bevraagteken nooit ons onblusbare need vir geld nie. Oorweeg nooit hoeveel beter ons gaan voel as almal óm ons ook gelukkig is.
Terloops. Ek lees ‘n sms vanoggend. Van iemand wat sê, daar is baie mense wat die skoolhandboeke vir Limpopo sal gaan aflaai. Skree net.
Nee wat, meneer. Hoekom wag jy tot jy genooi word om te help? Hoekom spring jy nie sommer self in nie. Jy kan mos self sien waar dit nodig is.