Bixinibi: Hoe skop mens iemand dood?

2012-08-23 10:31

Ek hou nie daarvan om koerant te lees nie.   

Is daar regtig iemand wat daarvan hou om bladsy na bladsy na bladsy, die absolute goorste en mees negatief van ons mensdom te lees.  Moord.  Korrupsie.  Slegsê. Verantwoordelikheid verwerp. Steel.  Verkrag.  Molestering. 

Straatnaam-veranderinge.   (Ek sien onskuldige Zambezi is ook verander.  Ek kan nie onthou na wat toe nie. Weggegooide skoolboeke; ek verstom my,  ek het gehoor oorskot kos en melk word ook so weggegooi. Om nie die pryse af te bring nie.  Maar niks gelees nie.  Ek wonder: beteken dit dit gebeur nie?)

So staan ek op. Besluit om gou deur die koerant te flip-flop. Sien of ek ‘n idee kan kry van wat gebeur in die wêreld sonder om bedonnerd en depressed te raak. (Met ander woorde vinnig genoeg dat ek nie te veel inneem nie.)

Die voorblad het ‘n groot kleurfoto op.   Een of ander sportheld.  Hoofberig.  Trek die aandag met elke truuk wat ingespan kan word.

En dan, die linkerkantste kolom.  So half anorexies teen die kant ingedruk.  Kleinste foto wat gebruik kan word sonder dat iemand dink ‘n spinnekop is doodgeslaan op die blad.

‘n Jong Moslem-man, doodgeskop.

My hart skop benoud van skok. My kop spin onleesbaar in die ronde.

O nee. o nee nee neeeee. Neee. Dis iets wat ek nie verstaan nie – ook nie destyds het nie. Van hoe mens iemand in die gesig kan skop; wat nog te sê doodskop.

Ek het al baie wrede goed uitgedink wat ek graag sal doen met ‘n man wat ek ooit in die act van verkragting vang.

Maar somehow het nie eers die warm olie op die genitalieë dieselfde brutale skok van doodskop nie.

En ek dink en ek dink wat in my lewe moet verkeerd gaan om my te motiveer om so ‘n mal, barbaarse ding te doen.

Ek gee nie regtig om of die skopper sober of dronk is nie – as jy aggressief is as jy dronk is,  is jy altyd aggressief. Jy lieg net in jou daaglikse bestaan met ‘n masker van ordentlikheid en gematigheid.

En in my eie ervaring – hoe meer ek wil huil, maar nie kan nie,  hoe kwater word ek.        

Mmmmmmm...

Kan dit pyn wees wat mens so ‘n dierlike daad laat verrig?

Vrees?   

Onkunde?

Is dit omdat sy ma nog ‘n aparte bord het vir die hulp.  Die kleinkinders vir 60-jarige Siena "Siena" noem en vir Meisie wat 27 jaar is "tannie"?

Is dit omdat daar na "hulle’’ verwys word by die huis?  Hulle.  Die wat ons nie ken nie; en nie kan peil nie. En, soos alles wat onbekend is, gevrees word.

Is dit omdat ek geleer het dis oukei om met die werkers te praat asof hulle standerd 3-kinders is?  En hulle te betaal asof hulle gras eet? My oudste broer se klere verbleik en tattered om die maer lyf van die man wat al 20 jaar by ons werk.  Nee, my eie ma sit in ‘n ouetehuis. Sy brei. En speel brug.  Haha. Sy geniet haarself.      

Is dit waar goed verkeerd gaan? En dan moontlik ‘n pa wat volgens eie voorbeeld die seuns harde, regte manne maak – lees:  boelie. Hoehaa.  Al is die boelie so erg dat die arme man vir die res van sy lewe met ‘n swak selfbeeld sit wat hy onbeholpe en oningelig met karre, huise en ‘n vals gevoel van righteousness probeer herstel.

‘n Rightheous man met ‘n swak selfbeeld en baie ongehuilde huile.

Klink vir my so gevaarlik soos baie brandewyn en coke.

So gevaarlik soos tik en heroïne.

En hier stap ‘n Moslemman by ‘n fast food plek in...

Ek kyk na sy gesig in ‘n groter foto.

Sy sagte gesig,  sagte oë; dit lyk vir my na ‘n gentle man.

En ek wonder,  het sy oënskynlike swakker voorkoms,  waarskynlik in die tradisionele gewaad,  die "ware man’’ aangespoor? 

Nét wat ek nodig het om weer soos ‘n man te voel. Kom julle. Kom ons skop hom in die gesig. Ek voel so klein ek wil doodgaan. Kom ons trap die mier dood.  Ek het nodig om beter te voel ten alle koste.

Dit sou vir my voel ‘n gepaste straf vir hierdie soort mense en sommer hulle ouers ook, sou wees om met eie hande effort, intellek, brute krag en omgee, die plaaslike townships  saam met die gemeenskap daar (én mediators. Ons bly nie in never never -and nie) reg te maak.  Die mense op te lei.  Die goeters te help bou en beplan en beboek.    

Dis nou if and when die skuldiges uit die tronk kom, waar ek eers van hulle kan vergeet - soos die barbies en die waterhofies, in any case  tot hulle hul verantwoordelikheid escape het in die mees on verklaarbare manier possible.

Hulle dade rou in my siel.  


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-24°C Sunny. Mild. Pta: 5-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-18°C Sunny. Mild. Bfn: 2-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 8-22°C Morning clouds. Mild. PE: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!