Bixinibi: Hou haar in die tronk

2012-08-18 12:26

Barbie poog al weer om uit die tronk te kom. Ek sal nooit vergeet die brief wat sy in die koerant geplaas het net voor sy tronk toe is nie. Ek onthou sy het die volk gevra vir gebede en ondersteuning – asof ons almal agter haar staan vir hierdie verskriklike verkeerde ding wat met arme haar gebeur het.  (Dat die brief geplaas was in die eerste plek, is ‘n storie vir ‘n ander tyd)

Jy het 7 jaar gekry, sussie. Nét 7. En somehow toe ek jou storie destyds met verstomming gevolg het, het ek gevoel jy was meer jammer dat jy uitgevang is as wat jy ooit jammer was vir wat jy gedoen het.  Want dit was mos nie jou skuld nie. Omdat jy ‘n willose arme poplap was sonder ‘n mind, so slim soos wat jy is.   

En nou wil jy uitkom. Sonder dat ek ooit groot koerantopskrifte gelees het van jou berou. En besef wat jy gedoen het. En opregte begeerte om reg te maak waar jy verkeerd gemaak het.  Jy wil uitkom soos iemand wat geheel en al onregverdiglik in die tronk gegooi is.  Tsk.

Kom ek vertel gou vir jou ‘n bietjie van wat met ‘n mens gebeur as iemand jou molesteer.   

Dis ‘n life sentence, sussie.  Kort en kragtig.       

Op 9 was ek vol avontuurlus. Ek wou die wêreld verken en was vir niks en niemand bang nie. Die molestasie het my wêreld omver gegooi. Ek het heel eerste met erge gevoelens van skuld gesit. Dat ek so ‘n onheilige ding toeglaat het. Ek het my bed begin natmaak tot ek 19 was. Die dokter het verduidelik dis die enigste tyd wat my lyf voel sy kan nou ontspan – op sigself  ‘n probleem want mens kan nie oorslaap of op kampe gaan nie.  Dit is gewoon nie gewoon vir ‘n 13-jarige om slaapsakke nat te maak nie. Die reekse en reekse penetrerende toetse om te kyk of my blaas reg werk. Die geloof wat in my kop gevorm het dat avontuur sleg is vir mens. Die geloof dat mense net nice is met my omdat hulle "iets’’ soek. Die verlammende skaamte wat ek eers laat in my 30's kon begin afskud. Ál die verkeerde idees wat ek gebou het oor die wêreld en mense en myself wat so ellendig moeilik is om te verander.

En jy kry net 7 jaar. Wat jy nie bereid is om te doen nie. Is jy te goed daarvoor? Te slim en te mooi en te prinses? Want jy sien. Ek weet mens moet die mens liefhê en die dade veroordeel. Maar dit sal baie makliker wees as jy eers in die tronk bly – in ‘n poging om te wys dat jy volle verantwoordelikheid aanvaar vir die ontsettende skade wat jy aangerig het. Word ‘n dronk mens wat iemand doodry verskoon omdat dit kastig drank se fout was? Hoekom moet jy verskoon word omdat jy jouself laat aantrek het deur ‘n manipuleerder. Jy sien, ek weet baie goed dat mens aangetrek word deur ander wat eienskappe het wat mens self ook het. Wat jou ‘n opperste manipuleerder maak.  

Ja, almal het die reg om vergewe te word en te verander. Maar net as ons opregte berou het.  En ek vermoed jy sit so en skeem in die tronk oor hoe jy gaan uikom, dat jy nooit by ware erkentelike berou uitgekom het  of met jou eie negatiewe eienskappe gedeal het nie. Jy hóórt daar, Barbie. Ek wil nie jou likes op die straat raakloop nie. Die wêreld is net te veel in ‘n toestand om onskuld-vermoorders vry te laat.  Nie voor jy jou vonnis uitgedien het nie. Of jou opregte berou getoon het. Nie in net in een ou sinnetjie nie. Mens, ek het altyd vir myself gese, as ek ooit iemand wil molesteer sal ek myself eerder doodskiet voor ek dit doen.    En ek verbeel my dat ás ek dit gedoen het, ek van die môre tot die aand sal ween op my knieë, my klere geskeur en my hare verwaarloos.    

Kan iemand assebief vir my die petisie aanstuur om haar daar te hou.   

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 12-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-26°C Sunny. Pleasantly warm. Bfn: 13-30°C High level clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 18-33°C More sun than clouds. Hot. PE: 12-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!