Bixinibi: Praat mans hieroor?

2012-09-20 12:34

Só sit ek met ‘n groep vroue.  Ons bevind dat 5 uit die 6 vrouens gemolesteer is en ook weet van ander vroue wat gemolesteer of verkrag is.  Behalwe in een geval, álmal deur ‘n oupa, of ‘n neef, of ‘n oom.  Of, ‘n pa. 

Nee. Dit was nie ‘n molestering-support group nie.  Dit was gewoon mense wat mekaar ken. 

Duidelik is die situasie baie erger as wat ek gedink het.

Wat kan ek sê.  Hoe voel jy oor jou pa?  Oupa?  Oom?  Broer? Neef?  As jy dít aanhoor? 

(Ek dink nie vir ‘n oomblik dis net Afrikaanse wit mans wat dit doen nie.  Ek herinner my aan ‘n eiland waar dit uitgekom het dat elke liewe vrou op die eiland deur ‘n familie-lid verkrag of gemolesteer is.) 

Maar as ek dit nie in die konteks van wit Afrikanerdom plaas nie, sal daar heeltemal te veel mense wees wat dink dit het niks met ons te doen nie. Terwyl ek begin dink dit kom voor in elke liewe gemeenskap waar daar mans is.

Want ek kan nie verstaan dat ons nie orals daarvan hoor nie.  Hoekom praat ons as vroue nie hieroor nie?  Is dit omdat dit "ons’’ skuld is? Is ons geïndoktrineer om te dink dat daar een of ander smet aan ons gaan kleef as ons dit openlik bespreek?  

En hoekom praat mans nie daaroor nie?  Dat van julle dít aan vroue doen.  Of is dit, en dié ontstel my nogal geweldig, omdat party van julle steeds glo dat julle een of ander baasskap oor ‘n vrou het? 

Ek wonder maar.  Ekself, wel... Moet bieg: Ek sal dit nogal like om ‘n man te pot.  In hierdie stadium.  

Jy is tog omring deur mansvriende.  Met hierdie syfers beteken dit een tot drie van hulle het gemolesteer.  Of is steeds besig daarmee, for that matter.  Genade.  Imagine Loftus met al dié wat nie beheer het oor hulle seksuele drange nie, aan die een kant.  

Weet julle dit?  En ignoreer dit dan?  Of weet julle dit nie? 

Of, soos ek wonder, is dit ‘n onuitgesproke reg onder sekere mans dat hierdie oukei is?  Soos wat dit is om ‘n vrou aan haar sitvlak te gryp as sy by jou verby loop.  Asof sy haar lewe lank wag dat iemand haar aan die gat gryp soos ‘n brandsiek idioot.  

En ek wil weet. Hoe voel jy, as man, oor jou broer se optrede?  En wat gaan jy daaromtrent doen? 

Want laat ek jou sê.  Die susters wat ek ken, vat hulle ander susters aan as hulle lae behaviour toon.  Hartelose optrede.  So ek vra jou reguit, my broer, waarom vat julle nie maar die soort mans self aan nie.  Mmmm?

Of voel jy diep binne jou kwaad vir jou ma of iemand en voel vroue verdien slegte behandeling van tyd tot tyd.  Sy't dit verdien.  Na jou mening.  Inspired by God.

Dank die Godheid vir mooi mans in die lewe.  Dankie vir gentle mans wat bereid is om groter as sy ego te wees.  Verby sy vader se opinie.  Die samelewing se idee van man-wees.  Tot die ongelooflike being wat die divine hom gemaak het.  Een wat omgee.  Een wat eer.  Een wat sommer net ‘n fabulous mens is.

Dank die Heer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Neville Chamberlain sê... Liberale - soos die alomteenwoordige Blip aka Womba aka ad infinitum - haal graag Malysië aan as suksesverhaal van RA. Dit is verkeerdelik en het gelei tot grootskaalse bedrog tussen Indier en Chinese vir knotrakte asook 'n natuurlike segregasie tussen die rasse. Feit is, RA is 'n euwel en werk nie. Dit is net die liberaal gestremd en liberaal gekonstipeerd wat RA voorstaan. Selfs in die VSA is daar 'n waterskeidings saak rondom RA. Dit is 'n liberale natdroompie wat geboorte gegee het aan 'n monster wat volkere skeur volgens rasselyne en net 'n elite minderheid baat. Om nie eers te noem dat om RA suksesvol toe te pas moet meer gekwalifiseerdes terug staan vir minder bevoegtes wat dan natuurlik lei to swak werkmanskap soos waargeneem in ons eie staatsdiens Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.