Branders: A letter to God

2012-07-03 09:27

To: God
From: Ian


Dear God

I’ve been sitting in my room, in the lounge, in the study, even downstairs waiting for Beetie, my spaniel, to come back after his family outings and walk-abouts.

I’ve seen the movie
Letters to God twice.

I’ve seen the subtitles: “Given the right address, anything is possible. Hope is contagious.”

And I was waiting for you. I wanted to talk to you. I wanted to discuss these things that are flowing through my nothing-ness.


Ek en Mike gaan sit op ‘n dag, ek lieg, dit was nie op ‘n dag nie, ons het pas terug gekom van Onkologie in Vergelegen in Somerset-Wes waar ons vir die eerste en finale keer bevestiging gekry het van sy dodelike K. Ons gaan sit op Kwaaiwater, ‘n verspoelde skulpiestrand duskant Voëlklip in Hermanus. En ek gee vir Mike ‘n klippie, ja, lag maar, ek het al hieroor geskryf. Maar nie soos nou nie.

Daai klippie was vir hom ‘n rots waarteen hy opwaarts kon stoei, selfs soos wat ek, sy versorger, nie kon wees nie.

And you know God, this little piece of nothing, a little stone, became the most amazing strength, an “I love you”  concept  that I can only keep within my heart. I’ve still got it with me, always in my trouser's pocket.

Again, Dear God:

Please!


Ek staan by Mike in ‘n kamer in Hermanus se MediClinic. Daars ‘n suurstofkleppie aan sy neus gekoppel. Die suster aan diens sê sy kom nou met die binne-aarse voeding, ek kan maar gaan, wag tot vanaand se besoektyd toe, Mike slaap nou.

Die ry-tyd vanaf die hospitaal na ons huis in Vermont is 5km. Vyf minute van bid, glo, hoop. Tot ek ons voordeur oopsluit en ons huisfoon hoor lui.

Ek vat aan sy voorkop – dis nog warm. My vingers spoel oor sy bietjie-bietjie hare. Ek lig die komberse op om seker te maak hy is OK, klere-gewys. Hy is.

Ek loop buitentoe. “Asseblief” het hierdie keer nié gehelp nie.

Vandag, agt maande later, is Kwaaiwater se moedhou-klippie steeds in my sak. Dis nie meer die rots wat ek gedink het dit sou wees nie. Dis maar net ‘n wit see-klippie wat binne ‘n jaar se tyd swart gevat is midde-in geloof en omgee. ‘n Watertand-klippie wat geen geluk gebring het nie.

God, are you a reality, or just another passer-by? Why do people say life is in your hands?  What hands? Whose hands? In more than a year I did not see any hands at all. Do you have a clue of what I’ve been seeing for almost a year?

Destructiveness.  A well-behaved, healthy young man becoming a skeleton day by day. With no hands available to uplift him out of his emergency call for help.

So, God, what is in a hand? Or in holding someone’s hand? I would say love. Comfort. Love. Faith. Love. Trust. Love. Well-being. Love…

Or kind of feeling empty? Forgotten? I can’t help you anymore? My soul has been picked up without any hand touching it?

Loveliness? Loneliness? Somewhere along the line forgotten?


Die begrafnis was eenvoudig, soos Mike dit wou hê. Geen kerkdiens nie. Geen gesange nie. Geen solis nie. Geen orrelis nie. Net musiek wat Mike aan die gang gehou het. En Funeral Blues, ‘n 1936-gedig van W.H Austin wat ons vriendin en mede-joernalis Reinet Kemp vry vertaal het:

Stop al die horlosies, sny af die selfoon,
Keer die hond se geblaf oor sy sappige been,
Maak stil die klaviere en met ‘n dowwe trom,
Bring uit die kis, laat die treurendes kom.

Laat vliegtuie klaend oor ons koppe sweef
En “Hy Is Dood” teen die grys lug inweef,
Bind roubande om elke brandweerwa,
Laat verkeerslui hul swart handskoene dra.

Hy was my noord, my suid, my oos en my wes,
My werkdagweek en my Sondagrus,
My middag, my nanag, my praat en my lied,
Ek dag dis vir ewig, maar my dag was verniet.

Kruip terug, julle sterre, ek wil julle nie sien,
Skakel die maan af, ontkoppel die son,
Giet uit die see, sloop elke woud,
Want alles wat goed was, is sinloos en koud.

‘n Dennehout-kis met dik toue as handvatsels. Hulle noem dit ‘n Joodse kis. Met blomme bo-op. Net wit blomme, soos Mike dit wou hê.

Afsak aarde toe. En sand en grond en kluite wat nou nog in ‘n hopie bo-op lê. Met Sophia van Aarde en Wimpie Groenewald (albei RIP) as jou naaste bure. Gelukkig was daar hande om die kis – en vir Mike – tot rus te bring.

But where were you, God? Were you present? Did you speak to Mike, holding his hands placing him back in a comfort zone? Or were you just too busy with the same kind of event in Genadendal or Keetmanshoop? Or  where-ever?

Somehow I do not think so.

Ná die begrafnis drienks en eetgoed by ons huis. Soos Mike dit wou hê. Met ‘n hele klomp mense wat die sitkamer, kombuis en stoep vol pak. Rooi wyn, wit wyn, brandewyn… en koffie en tee vir dié wat eerder meer besadig wou wees. Dit was immers ‘n graf-samesyn.

Ek het niks geëet nie, niks gedrink nie. Nooit gehuil nie, net inmekaar gesak op ‘n stoel en na die praatjies rondom my geluister. Ondanks die baie mense was die huis vir my leeg. ‘n Woning sonder ‘n dak, ‘n blyplek wat ‘n grafkelder geword het.

Uiteindelik het ek ook gaan rus. Maar pleks van slaap, was my gedagtes ‘n maalkolk van dit wat was en dit wat nooit meer sal wees nie.

God, will you this time please look after Mike. Please give him a hand, even only one hand will be enough. Can you do that? For me?

Die oggend is alles doodstil. Dis asof die hemel ons woonbuurt en ons huis in arms omvou het. Niemand op straat nie. Geen motor wat ry nie. Gelukkig kom die raserige vullis-lorrie eers later in die week.

Ek staan op. Ek loop soos ‘n robot deur die hele huis. Selfs met die trappe af ondertoe.

Terug boontoe sien ek ons hondjie het sy gebruiklike lêplek skielik verruil vir Mike se sitplek op die bank voor die TV. Wanneer ek nader kom, begin hy grom. Jy lol nie sommer met Beetie nie.

Tot vandag toe lê die spanjoel op Mike se plek in die sitkamer. En wanneer die donkerte saans toesak, kry jy hom uitgestrek op Mike se slaapplek op ons bed in die slaapkamer.

Ons bed was nog altyd ‘n streng taboe vir enige hond…

God, are you really there? Or are you just a name to inspire people? I’m not so sure anymore. But if you are, please give us a wake-up call and show us your hands. Both of them.

Hope you will read my letter – that is, if you can read.

Please give my sincere regards and love to Mike. That is, if you can speak.

Yours faithfully

Ian



Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 10-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Morning clouds. Mild. Bfn: 2-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-23°C Morning clouds. Mild. PE: 8-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Personal Lines Sales Consultant

Johannesburg CBD
Only the Best Randburg
R60 - R65 Per Hour

Recruitment Consultant

Johannesburg CBD
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R8 500 Per Month

Recruitment Consultant

Hatfield
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R8 500 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!