Branders: Lekkerder seks – laat die hiënas lek!

2012-09-26 14:43

Maar lekkerder as die lekkerste seks, laat die oubaas – kierie in die hand – op sy Karoo-stoep weer van hom  hoor, is wanneer jy op jou maag bo-op jou kooi lê en ounooi  knaag met haar naels so al langs jou rug af en speel speels met jou sykante se vetjies en kriewel so ligweg hier oor jou gat-kant langs… Sê sy dan: bulletjie, is jy relaxed?

Sit ons mos nou een nag so en gesels in ‘n fênsie kuierplek in Bangkok. Té lekker, soos die oubaas sou sê, met ‘n Thaise biertjie en ‘n wild-in-die-mond Thaise whisky. Nié die lekkerste van lekker as dit by ‘n drink-dingetjie kom nie, maar heel lekker op die wallet.

Dis mooi mense wat hier uithang – want die cover charge is hoog. En hier kan jy ‘n bottel drienk koop en jou naam op die label skryf en dit aan die einde van jou aand of nag aan die bar man teruggee tot jy weer op ‘n ander aand ‘n verskyning sou maak – en siedaar! Jou halwe bottel is byderhand!

Maar dis natuurlik nie ál wat byderhand is nie… Met die klem op hand.

Ek steur my nie juis aan die vroetel-vingers van die sexy Thaise meisies en –mannetjies wat oraloor rondom ons flikflooi nie. Ek is die tipiese boring tipe: speel met my laptop met daai mini-foontjies in my ore en smaail maar net wanneer twee skrefie-ogies voor my opdam.

Uiteindelik, na ‘n helse gesukkel, kry ek dit! Suid-Afrika vanuit die Ooste. “Meeste Gelees” op Rapport se webblad:

•    Carte Blanche haal skouers op oor Inge se lyk;
•    G’n ‘sluwe seks’ toe hul in badkamer kuier;
•    Gemeentedogters laat ‘kaal’ ds. in die steek (no pun intended, I presume);
•    Coetzer sê haar huwelik is nou in God se hande; en
•    Húlle is glo agter fliek oor profeet.

Ek smaail sonder dat twee skewe ogies voor my opdam. Ek torring my foontjies by my ore uit en vra my vriend “het jy al ooit sluwe seks gehad?”. Hy lag. “Seks, ja,” sê hy, ‘maar ‘sluwe’? Ek weet darem nie. Is seks nie maar net seks nie? En as jy oor die draad kuier, is dit nie maar net jy en die girl en die draad nie?” Hy wienk vir my.

“En wat van dogters wat ‘n kaal dominee in die steek laat?” wil ek weet. “Of ‘n vrou wat glo haar huwelik is in God se hande? Is ‘n kaal dominee meer steekbaar as ‘n prediker in ‘n pak klere, is jou eie hande nie goed genoeg om jou huwelik self te red nie? Moet alles altyd op God of ‘n god afkom om ons lewens te skraap en gelyk te maak?”

Weer ‘n wienk van my vriend.

Ons giggel soos kinnertjies wat pas matriek voltooi het en weet hulle het nie al hul vakke ge-pass nie. Net om hiermee die Thaise vladdervinke nader te lok: “Halo-o-o-o! Welco-o-o-ome! Co-o-o-me with us!”

Ek vervies my sommer hier in die vreemde vir my tuisland. Ek is self ‘n (ja-ja, ‘n verloopte) joernalis. Maar ek kan my nie meer tuismaak met die drek wat ons skryf sonder om in diepte in te gaan in ons soektog na die ware storie nie. Het enigiemand probeer om met Carte Blanche te praat oor die rasionaal van sy uitspraak, het enigiemand agter die kap van die byl probeer uitkom oor “sluwe seks” in ‘n badkamer, het enigiemand probeer praat met die kinders wat nie aan die dominee se “verwagtinge” voldoen het nie, het enigiemand met Coetzer ‘n exclusive of met Phillip Moolman probeer beding om uit te styg teen die res van die pers nie, het enigiemand probeer om in diepte te delf in die profeet-fliek sodat ons gewone mense ook insae kan kry oor andere se kommer en woede?

Nee. En hier sit ek halftwaalf die aand in ‘n baldadige kuierplek. Ek kan binne minute ‘n Thaise meisie of mannetjie optel, as ek wil, en saamvat na my loom of haar/sy loom toe. It’s not a problem! Die gewone koerantopskrifte in Suid-Afrika is hier ‘n nul uit tien. Hier raak dit niemand nie. Die geflikfooi om jou hande is al wat tel…

Maar moenie wolly nie, Ian is nie eintlik dol op ‘n gevattery nie.

Terug – ná al my joernalistieke ge-mope – by ons kuierplek in Bangkok. Dis nou al baie laat die nag in. Uiteindelik sit ek die laptop af en klap hom toe. Ek kyk my vriend in sy oë en ons lag weer. Lag is soos reën: jy kan dit net nie keer nie.

En toe, skielik: vanuit die deur verskyn ‘n lang, donker, lenige man met baie tattoos en silwer goetertjies ingewurm aan sy ore, neus, lippe en tong. Geklee in ‘n borriegeel oupa-frokkie, leerbroek en glitter-in-the-dark tekkies. “A-ha!” sê hy en pyl op ons af. “Julle is van Suid-Afrika! Ek kan dit sommer hoor en sien!” In Afrikaans. In Thailand.

“Naand-sê!” sê hy. “Ek is Jagse Jannie vir my vriende.” Net so, blatant. Ons verwissel hande, bly te kenne. Ek is dankbaar ek is nie ‘n vriend nie.

Die lang donkerte kom sit ongenooid aan ons tafel en bestel ‘n bottel Johnny Walker Blue Label. Hy gooi ons glase mildelik. Plus water en ys, indien nodig.

“Ek werk vir die Emirate,” sê Jannie en gooi ‘n skoon whisky keel-af. “Eks into veiligheid en sekuriteit en so en al daai. Maar wanneer ek af is, is ek af. Dan kom ek Thailand toe vir ‘n quicky. Money is no obtion.”

Ek en my vriend weet nie eintlik wat om te sê nie, want vir ons is besteebare geld altyd ‘n donker kol op die helderste maan.

Dan, opeens, gaan al die ligte af. Ons sit in donkerte en probeer ons glasies lippe toe bring. Maar nie vir lank nie. ‘n Spot light gaan aan, dansers verskyn – opgedress in byna niks nie met net glitters en vere en oordadige make up en uitlokkende soepel-bewegings wat jou nader lok verhoog toe. Maar ons klou vas aan ons stoele. Buiten Jannie. Hy is blykbaar die star attraction van die aand. Hy gooi daai geel frokkie eenkant toe en wikkel sy gespierdheid tussen die fopdossers in asof hy ‘n vlindervlerkie in Cinderella is. Dis net tattoos en studs waar jy kyk. Whoo-ha! sê hy terwyl hy sy wikkelspiese al meer tot uiting bring. En die dancing queens lyk asof hulle die oorblyfsels van sy erotiese danspassies probeer oplek.

Trots Suid-Afrikaans, of hoe? Of nie?

Ná die show kom plak Jannie weer sy natgeswete lyf by ons tafel langs. Nog ‘n whisky, vanuit sy Blue Label, skoon, sonder water of ys. Hys beslis nie ‘n first timer in Thailand nie.

Ek vra: weet jy wat deesdae in Suid-Afrika aangaan? Hy sê: Who cares? Hy het nog nooit van Inge Lotz se dood gehoor nie, sluwe seks is vir hom algemeen op die oor, ‘n gestekery rondom ‘n kaal dominee laat hom koud, God se hande rondom Coetzer se huwelik is vir hom ‘n sinneloosheid (“wie is sy nou eintlik?”) en die anti-Moslem-fliek laat hy goedsmoeds oor aan vir wie dit nou eintlik saak maak. En dit maak nie vir hom saak nie.

Ons groet. Babaai. Dankie vir die dop. Ons gaan terug hotel toe, uiteindelik huis toe  waar al hierdie dinge in Suid-Afrika tog saak maak. Want ons almal is nie altyd só nie.

Maar Bangkok haak vas in jou kop. Selfs tuis, waar jy tussen jou houtlepels en ysterspane in jou kombuis woeker. Die nuusberigte op jou rekenaar is oud, afgestof. Tog wonder jy oor Jagse Jannie, die man wat die Thaise kultuur sy eie gemaak het. En happy daarmee is.

En ‘n oom in die Karoo wat net soek dat sy oumie haar naels oor sy rug moet vroetel.

Dis dit. Thailand in Afrika. En iewers, iewers vanuit die niet, hoor jy ‘n hiëna grom, met ‘n tong wat oor ‘n ou karkas lek…

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-15°C Numerous showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 3-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-27°C Sunny. Warm. PE: 10-22°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Sales Consultants

Roodepoort
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Internal Sales Consultants

East Rand
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Courier Sales Executive (RecruiTech)

Cape Town
RecruiTech
R20 000 - R25 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!