Branders: Lewendig dood

2012-08-30 09:49

‘n Tante reageer op my vorige blog “Dood-lewendig” en wil te sê hê my medikasie is dalk te sterk. Tone down, sê sy.

Sê ek: jy is welkom om ‘n maand (nee, kom ons maak dit maar liewer ‘n week, dalk gel ons glad nie) lank by my te kom kuier (all expenses paid) mits jy bereid is om elke keer die trappe af te loop voordeur toe wanneer die klokkie lui. En dan is daar niemand, niemand om jou raak te praat nie.

En ja, ek vat jou punt oor my medikasie: een Berocca-bruistablet per dag is dalk ‘n bietjie heavy, van nou af sal ek dit halfeer en wag op beter resultate…

Nes jy daar sê: tone down.

Soos ek reeds geskryf het, sal daar wyshere wees wat meen ek is koekoes, laf, van die pad af, besig met spek-skiet ter wille van “ag shame, die arme Ian”. Iewers moes hy ‘n blog uitkrap en toe gaan sy verouderde verbeelding op ‘n skommel-lopie na waters waar daar rus was en hy gooi die hele rivier in ‘n verkeerde rigting. Hy, met sy eie hande en voorbarstige soeke na ‘n topic om oor te skryf. (Bron: my vorige blog in Rapport.)

Spek skiet, en ‘n halwe Berocca. Dis nou ek.

Die meeste aktiewe skrywers wat ek ken, en ek ken nogal ‘n klompie, maak nie soggens bacon gaar vir die voedselwaarde (al dan nie) wat hierdie ou varkrepies dan nou eintlik sou inhou of sou weerhou nie.  Dis maar net ‘n Wimpy- en Spur-ding: lemoensap, bacon en eiers en ‘n worsie of ‘n patty en ‘n gebraaide halwe tamatie en toast met kaas en marmelade en lekker koffie dra by tot jou uitskiet van die dag.

Niemand het gesê dis die lekkerste en beste ontbyt onder die opkomende son nie. Maar dis soos dit is. ‘n Gegewe.

Ja, oupa sou dalk ook nog sy skilpadjies en soet-suur-lewer en gisteraand se oorskiet kerrie-mince op sy oggend-bord wou sien, maar dit kan dalk net té dik vir ‘n vroeë cholesterol-oefening raak.

En dis hoe dit is met skryf. Jy kan óf fiksie fabriseer (lees: uit jou duim suig, verbeeldingsvlugte koester, spek skiet, hanna-hanna en gorrel-gorrel), óf jy kan jou op die nie-fiksie-pad begewe met al die daarmee gepaardgaande navorsing en/of feite tot jou beskikking. Óf jy kan die twee kombineer om brekfis op Vaalwater lateraan op Sterkwater te nuttig. By wyse van spreke.

Jy moet net toesien (en hoop)  dat die water nie goedsmoeds ewe skielik breek nie…

Skryf is in ‘n groot mate soos geloof: jy glo elke stukkie kossie op jou bord, selfs die mooimaak-blaarslaaitjie, is ‘n aanvulling van wat jy wil sê. Ja, jy gaan nie noodwendig als opeet nie, maar die egtheid van die spyse op jou tafel beteken nie daar is iets plastics tussen-in nie.

Ek is oud genoeg om te onderskei tussen ‘n stukkie bacon en ‘n patty, selfs al is albei van vark gemaak. En ervare genoeg en by my volle verstand om nie te sê my deurklokkie lui as dit nié gelui het nie.

Elke skrywer, hallo, het ook sy/haar mate van professionele trots. Net soos die sjefs wat ons brekfis vir ons maak… al is dit ‘n ge-ykte Wimpy-plattertjie.

Snaaks, daar is altyd op ‘n plaas ‘n ou koei met pap spene sonder melk wat ‘n mens maar aanhou omdat jy jammer vir haar is. Soveel jare, soveel kallers, soveel melk. Jy voel – en jy is verkeerd – sy is eintlik nog nooit behoorlik gespeen nie, sy is dan nog so mooi, so mak, jy kan koppie krap asof sy ‘n werfhond is.

Maar daar kom ‘n dag wanneer sy vir jou beduie: dis nou tyd, sy kan en wil nie meer nie. Haar oë raak groen gevlies, haar tong kan nie meer by die lek uitkom nie, haar neus is grof en droog met skubbe, haar bene vou-vou eenkant toe.

Dis dan die tyd. Die afskeid. Die finale koebaai. Ou slapspeen in haar maai.

No regrets.

Midde-in menswees ervaar ek dieselfde as koei-wees. Jy klou vas, jy suig vas, jy glo nie hierdie dag van koebaai sê gaan ooit verwerklik word nie.

En dan, opeens, kom die tyd, die afskeid, die finale koebaai. Jou beste vriend is dood.

Of nie?

Dít is wat ek in my vorige blog wou vergestalt het. Niks meer of minder nie, geloofwaardig al dan nie, brekfis is op die tafel…

Die skommelinge en stotelinge en skuiwery en snags-verskynings in my huis het my aanvanklik laat dink ek moet trek na Hot-As-Hell toe. Want die dood was lewendig and all there binne-in my beskermde koekon.

Eers het die sweet my oorval. Elke geluid, selfs ‘n duif wat koer in die nag het my die creeps gegee. Om nie te praat van die uile wat hoo-hoo hierdie tyd van die jaar op Vermont en Onrusrivier nie…

Toe die slaaploosheid. Linker-sy, regter-sy, rug, selfs maag-langs. Ek kan nie slaap nie. En dan kom die kamma wit ballonne en neem my hele kamer oor, soos reeds voorheen geskryf.

Uiteindelik praat ek met my sussie wat ‘n senior verpleegsuster by die Panorama-hospitaal in Parow is. Sy werk snags in ICU, sy ken mense, sy vertel van ‘n Hollandse kollega wat weet van waaroor ek vrees. Sy, die Hollandse antie, maak ‘n studie en studeer steeds in die onderwerp oor die lewe ná die dood.

Sy, die antie, vra my suster of die gestorwene ‘n lang man was. Hy was. Sy vra of hy ‘n prominente adamsappel gehad het. Hy het. Sy sê ek moet in die aand ‘n kers opsteek en met hierdie man praat en vir hom sê “hallo, dis nou verby, dis nou klaar, als is OK, jy hoef nie meer oor enigiets te worry nie, alles have been taken care of…”

En, sê die antie, praat met die ander “besoekers” en sê vir hulle babaai, julle is besig om jul welcome te overstay.

Ek doen presies dit. Een kers, een donker huis. En net ek wat hard-op praat.

Ek kon voel, ja, lag maar, hoe die bande en kettings van vashou en ek-wil-nie-loslaat-nie van my lyf afgeruk word.

Salige slaap het my wel gevang. Sedertdien geen ballonne, bokse of snaakse staanlampe nie. Die deurklokkie is stil. Ek het weer ‘n smaail op my gesig.

Ek is weer ek – met ‘n goeie brekfis en ‘n halwe Berocca per dag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Christiaan Jooste sê... Ek het al voorheen op een van hierdie gesprekke dit gewaag om te sê dat ek nie verder kan praat nie, aangesien ek werk het om te doen. Toe het sekere bydraers (waarvan een nogal Oom Thys self was) smalend daarop gewys dat ek weg hol as ek sien dat ek besig is om te verloor, verskoning van werk gebruik as ek nie meer 'n antwoord het nie en so aan en so voorts. Hoekom wil Oom Johan nie meer deelneem nie, hoekom wil Oom Thys nou maar net selektief lees? Dit lyk vir my die skoen begin nou aan die ander voet kom. Daar is baie kras, verkleinerend en bloot onbeskof met die "gelowiges" gepraat. Hierdie optrede van die twee Omies bewys nou maar net weereens vir my die sensasionele aard van hierdie tipe gespreks forum. Klomp stof word opgeskop, 'n klomp uitsprake word gemaak, maar dit het eindelik geen effek op enige iemand se lewe nie. Net 'n paar mense kan hier kom bla-bla-bla, opstaan en beter oor homself voel. Hoeveel van hierde gesprekke het mense al gelei om hule geloof af te sweer. Hoeveel van hierdie gesprekke het al mense se geloof bevestig. Die koddige non-teïstiese empirisisme het maar net weereens vir my die gebrekkige aard van die mense se vermoëns bevestig. O ja Oom Johan, die ongelowiges is so min eenvormig in hulle denke as die strepe op 'n zebra se lyf. onder die ongelowiges kry jy die ateïiste, die non-teïste, die agnostisisme, die spiritualiste die reinkarniste (ja, hulle kan ongelowiges wees), die humaniste ens, ens. Verskil is deel van ons menslike aard. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Finance
R60000 - R62000

Senior Business Analyst

Sandton
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Project Manager

Sandton
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.