Branders: Seksieste seks in die hartland

2012-10-03 06:47

Sit die ou oom nou so en wieg in sy stoel op sy Karoo-stoep en beduie met sy kierie so oor die dorre aarde heen, flip-flop wollerige pantoffels aan die voete. Geen skaap in sig nie, geen plant nie, geen blommetjie nie, net grond en sand en klippers en gesteentes wat soos bourommel lyk.

Maar: “Ma! Daar kom ‘n wolkie! Lyk na reën!” Die antie kom met ‘n japtrap stoep toe, voorskoot tussen die bene. “Ou Pappa”, sê sy, “het ons genoeg droog-lê-plek as dit sou sous? Die sinkdak lek al van vanmelewe se dae af, en ek kan nou nie eintlik met so ‘n gegieter oor my kop uitslaap nie!”

Don’t you worry,” sê die oom. En hy is nogals nie Engels nie. “Ek sal vir ons ‘n droë plekkie vind. Want slaap gaan jy slaap, my skat, reënwater of te not!”

Die antie glim. En swarrel terug kombuis toe, haar samp is besig om aan te brand.

In Phuket, die toerisme-hartland van Thailand, sit ons by die kroegtoonbank van Club 44. “Blues & Rock & Roll: Kata Beach, Phuket,” sê die T-shirts. Die eienaar is ‘n fors man, Arabies, met ‘n mooi baard en oraloor in wit geklee. Hy vra nie “fist time in Thailand?” nie, hy sê: “Jous ouks are from Africa, I can see… There’s a hell of a difference from Americans, you are real, you’re not junk food babies, you are no puppies, you are from the homeland, you and me, we brothers! Soash Africa, I presume?”.

Ons knik, en die shooters en T-shirts reën gratis op ons af asof ons saam met die oom op sy stoep wag op die wolkie om groter te word.

Ons sien dinge wat moeilik is om te vertel. ‘n Bromponie met ‘n side car rammel verby met ‘n brandende houtskool-vuur wat die verkoopbare eetgoedjies warm hou: spicy rice, crispy prawns, sweet and sour pork, cling-cling beef and chillies en hoenderpote wat lyk of hulle al klaar die Comrades gehardloop het. En moenie van die “watersakkies” vergeet nie, ‘n egte Thaise gunsteling, propvol groente en goetertjies soos lip-lekker lieste, vars on-onne, smetterige slons-pampoene, bibberende berghange en you don’t want to know what else.

Ons hou maar in die kroeg by die karige spyskaart op hande. Steak & chips, chillie chicken & chips, eggs & chips on toast. Die Arabier is baie gasvry, sy voorarms in sy skrapse wit gewaad en wit sarong om die heupe lyk soos ‘n advertensie vir Builder’s Warehouse wat ‘n spesiale reis-promosie in die Ooste het – alles span waar jy liewer nie gespan wil word nie.

Ons bestel maar ‘n ietsie. Met chips. Wat anders? “Soon-soon”, sê die Arabier. “You wait, I’ll plate!”

Ons drink ‘n besadigde drienk, ontmoet ‘n vrou wat rooi rose verkoop en toe sy vra,  sê ons nee ons wil nie hê nie. Toe haal sy haar plastiese Bingo-stelletjie uit en die Arabier verduidelik: jy speel saam, as jy verloor, moet jy ‘n roos koop. ‘n Minuut of twee later koop ons maar die roos…

Ja, daar is fantastiese wedervaringe in Thailand. Die eilande (ons was selfs op die beroemde James Bond-eiland), die drywende water-restaurante, die verskillende markte wat jou kop en jou beursie stom sal slaan met wat jy vir bitter min in die hande kan kry, die gasvryheid van mense wat nie gasvry teenoor jou hoef te wees nie, die bekostigbare vyfster-akkommodasie van gastehuise tot hotelle tot woonstelle wat jouself  nie arm maak nie, die mooiste wit strande met palmbome en louwarm seewater, lekker kos wat jy nog nooit in Suid-Afrika ervaar het nie.

Maar terug. Dankie. Net om te hoor die Karoo-oom lê inderdaad in sy tuis-bed. Beroerte. Nadat die hospitaal hom gestabiliseer het.

Mamma piekel maar die chicken-noodle-soppies aan, ‘n ou toastie met Marmite, swart rooibostee met baie suiker, en sy lees vir hom voor uit Leipoldt se Polfyntjies vir die proe.

Vra die oom: asseblief, ‘n skryfblok, of ‘n stukkie papier. En ‘n pen of ‘n potlood. En, vir oulaas, ‘n Bolandse rooietjie.

Die antie skarrel, vind wat haar man soek. “Hier pappa, pen en papier, en ‘n wyntjie, kan ek jou ophelp teen die kussings?” Sy help hom. Hy sê dankie. En begin skryf:

“jy is vir my die blink tussen die grou
die kappertjie-kleure wat my nog altyd omvou
jy is my oggendkoffie
my middagtee
my speelse tokkelossie
wat my omarm en betree
jy is my boerbeskuit
my tamatiebredie en my melktert
jy gee my in my heimwee ‘n karossie
jy weet wanneer om tyd aan my te bestee
jy is die seksieste vrou in die hartland
met my trouring hou ek ‘n ewige band”

Die antie gaan lê sagkens langs haar Karoo-man. Sy skuiwe haar arms rondom sy lyf. Sy sê niks nie, dis nie nodig nie. Sy hou hom net en druk haarself teen hom vas. Die papiertjie met die oom se geskriffie fladder vloer toe.

Uiteindelik: “Pappa?” Nie ‘n geluid nie. “Pappa?” Die kussings woel so ‘n bietjie. “Ounooi, sal jy my oë toemaak?”

Terug in Suidelike Afrika is Thailand se meisietjies en mannetjies vergete, ons is back to normal. Ja, beskuldig ons maar van seksuele barbaarsheid, maar ons het nooit van die spyse van die tafel geët nie. Bloot waargeneem. En ons weiveld is versterk met “what is going on over there”.

In die Karoo is die stilte in die slaapkamer byna hoorbaar. Die wolkie het toe nie reën gebring nie, die lekkende sinkdak is vir eers gespaar. Die wyn staan onaangeraak op die bedkassie, nie eens ‘n lip-merk op die glas nie. Die antie sit met haar man se kop op haar skoot. Sy oë is toe. Sy het die fladder-papierjie in haar hand.

“Jy is die seksieste vrou in die hartland…”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Danie Booi sê... Rippie, jy skryf so wraggieswaar hierbo: "that the rendering 'Gateway of the gods' is no longer accepted by modern scholars."~ Regtig!!!?~ Is jy seker, goëlaar Rip!!!??~ So wat jy nou sê is dat Gateway of the gods' (maw die koms van ET-God&gode vanuit die Kosmos) was al die tyd "aanvaar", as FEIT gereken/bevestig deur "modern scholars", maar dit is tans nie meer die geval nie...die "scholars" het sometime hul maainds getjainge.~ Nè!!!?~ Kom ek verklaar vandag hier dat ek en ander 'scholars' dink dat die koms en bestaan van buite-aardses, wat as 'gode' gereken is en word deur die Mensdom, steeds en altyd feit is, en sal bly, en dat 'n groepie maindveranderaars, wat self "scholars" noem, nie die volle waarheid anders as deur skyn besit nie."~ Dink jy wraggieswaar "God" het by mens vanuit Flippie se aapmaaind geland? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.