Branders: Triomf

2012-01-27 10:23

‘n Gesiene vriendin kom kuier. Ons praat oor die weer, die droogte, die leë damme en die waterbeperkings. Ons wyn – en ons praat word dieper. Oor klein winkeltjies wat hul gatte sien op elke dorp en waar ook al. Oor goedgelowige mense wat van Gauteng af Kaap toe kom en dink hulle gaan die jackpot strike met nóg ‘n haarsalon of ‘n tools hiring of ‘n verfplek of ‘n kêffie wat eendag ‘n restaurant gaan word.

Ons wyn nog. En ons praat raak aan die onderkant van die put. Diep. Baie diep. Oor Zuma en Mbeki en Malema. Oor mense wat nie krag of water het nie. Oor die gemors van mense wat bosse toe moet gaan met koerantpapier of ‘n mieliestronk om hulself weer menslik te maak.

En skielik sê hierdie gesiene vriendin: Agaat. Marlene van Niekerk. Het jy dit al gelees?

Nee, ek het nie. Jy móét, sê sy. En jy sal dit meer as een keer moet lees om die bril by die ore uit te kry.

Sy vertel die verhaal in intense besonderhede, haar oë toe, haar purper lippe gloei van ek weet wat jy nie weet nie. Van die huishulp wat die miesies geword het. En die miesies wat haarself moes oorgee aan ‘n nuwe orde van afhanklikheid.

Ons wyn nog. En ek gooi ‘n teenvoeter: Triomf. Ook Marlene van Niekerk. Het jy dít al gelees? Nee, sy het nie. Kan ek dit by jou leen? vra sy.

‘n Paar dae later bel die vriendin. Jy kan Triomf maar vir jou kry, sê sy. Ek het so vier, vyf  bladsye gelees. Dis nie my mense nie. Ek wil nie oor hulle lees nie. Dis net nie ek nie.

Nou wie is “ek” nou eintlik? Ek het gedog ons almal ken iewers ‘n antie met ‘n housecoat, ‘n uncle wat sy koerant op die toilet lees, ‘n rebelse kind wat droom van ontsnap, ‘n ou toppie wat net sit en wag om te hoor of daar polonie of dalk kaas op sy volgende bordjie kos sal wees.

Dis menswees. Of jy nou ‘n gesiene vriendin of ‘n huishup of ‘n miesies of ‘n jammergat is.

Vat my ouma. Vasgevang en alleen in ‘n ouetehuis op die platteland. Op 98 agter tralies sodat sy nie van die bed af val nie. Sy kan skaars sien, sy hoor sleg, loop kan sy nie meer loop nie. Sy weet nie aldag wat sy sê nie. En ás sy iets sê, herhaal sy daai sinsnede soveel keer dat jy voel jy wil liewer gang-af hardloop.

Herken? Nie sommer nie. Hellou mammie, weet jy wie ek is? vra my ma. Ek kan nie onthou nie, sê ouma. En hier is Ian, onthou jy hom nog? Hy’t ons al die pad van die Kaap af gebring om vir jou te kom kuier. Ek weet nie, sê ouma. Wie is hierdie man? Ek ken hom nie.

Dis jou kleinseun Ian, sê my ma. Ek weet nie, sê ouma. Ek kan nie onthou nie. Ek ken hom nie. Wanneer kom hulle met die kos?

Ouma se gesig is nie meer die vrou op die foto wat op my side board staan nie. Dis vervalle, ‘n slap vel, vol rimpels, ‘n onvervulde moegheid skuil in haar oë. Sy is daar in haar bed in die piepklein, vierkantige kamertjie, maar sy is nie eintlik meer daar nie.

Hulle het haar klaar ontruim. Haar bedkassie weggevat, haar yskassie gestoor, haar outydse stoele laat verwyn, haar handsak met haar ID en ‘n bietjie kontant aan die hemele oorgegee. Haar woning het ‘n sel geword. Dead woman walking.

Hoe laat is dit? vra sy. Het julle vir julle ook kos bestel? Julle moet binne gaan eet. Wanneer kom hulle met my kos?

Sy lê net op haar regtersy. Wanneer jy aan haar raak, kerm sy eina-eina. Sy het seer. Sy kan skaars beweeg. Hoe laat is dit? vra sy weer. Wanneer bring hulle my kos?

Hulle bring haar kos. Hulle woel ‘n plastiek tafeltjie oor haar bors en plak die bord en ‘n lepel en ‘n plastiek beker met tee voor haar neer. En hulle loop. Te hel met ouma.

Ons help haar opskuif teen haar kussings sodat sy kan eet. Glibberige groente en ‘n souserige konkoksie met fyn vleis waarmee jy gaan sukkel om enige eetplek oop te hou.

Sy wil nie gevoer word nie. Sy vra weer: het julle vir julle kos bestel? Julle moet binne gaan eet.

Sy eet. Of liewer: sy probeer. Maar sy kry nie met die lepel geskep of om kos in haar mond te kry nie. Maar sy hou aan. Het julle kos bestel? Julle moet binne gaan eet.

Vir die eerste keer sien ons die knop. ‘n Helse bult aan haar linker sy. Dit laat die dun kombersie oor haar lyf sommer so regop staan.

Ma, sê ek, ek gaan gang toe. Ma moet kyk wat hier aan die gang is. Ouma is nie meer ouma nie.

Ek staan in die gang, ouma se deur toegemaak. Ek stap kar toe om te kyk vir SMS’e en sit toe sommer die foon af. Ek kyk terug, ouetehuis toe, en ek sien op die stoep tonele wat op sigself ‘n triomf is: ou mense in rolstoele, lewend met looprame, kieries en krukke op en af. En ek huil. Nie hardop nie. Net trane.

Haar linkerheup is heeltemal uit potjie uit, sê my ma terug in ouma se kamer. Dit sit hier bo teen haar lyf, is dié dat sy pyn het en nie kan beweeg nie. Ian, hulle sorg nie goed vir my ma nie. Hulle wag net dat sy moet dood sodat hulle haar kamer vir iemand anders kan gebruik.

Ons doen navraag. Nee, sê die verpleegster aan diens, die heup is gejinx toe sy laas geval het, daar is niks wat ons vir haar kan doen nie.

Het julle ‘n dokter laat kom? Het julle haar hospitaal toe geneem? Het julle plate laat neem? En hoekom weet ons niks van hierdie dinge nie?

Maar ek sê mos, daar is niks meer wat ons vir haar kan doen nie.

Uiteindelik moet ons groet. Onvergenoegd, maar ons moet ry. Ek soen vir ouma, ek voel die sagte lippe, ek sien die water in haar oë. Ek hou haar hande vas, daardie eens sterk hande wat ‘n leeftyd se kilometers agter die rug het.  

‘n Week later stuur hulle al haar klere en hougoed na ons toe in die Kaap. Al haar goed, wel, dit wat oor is daarvan. Nou het sy niks nie. Dis asof sy daar, lewend, in ‘n eensame grafkelder lê.

Daar in haar klein, verkrompte kamertjie. Sy is op pad om nog 99 te haal. En dan durf iemand sê “Triomf is nie vir my nie”.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Blogs-kommentaar

Dirk sê... My gesonde verstand se vir my dis beter as n kind n ma en pa het eerder as twee mas. Glo dit of nie, die gesin is n Goddelike instelling en daar bestaan sekere duidelike riglyne vir ouers, veral in "Proverbs". Sjoe, 6 duimpies in 15 minute- is jou fan club "on line"? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bloem: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior PHP Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Financial Manager

Johannesburg, South Africa
Under African Skies Recruitment
R35000 - R40000

SharePoint Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Cruze 1.6 LS
2011
R 199,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY02
2004
R 99,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.6 Trendline 5-dr
2011
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.