Branders: Verwronge vriende

2013-01-08 12:08

By Davy’s Pool onderkant die karavaanpark in Onrus by Hermanus sit ‘n seuntjie alleen tussen sand en skulpe en klippe en skrop asof hy op soek is na ‘n diamant. Sy koppie is blink, sy petjie het al so ‘n bietjie agtertoe gesak.

Die seuntjie grou voort, die gat word dieper, die hoop sand langsaan hoër. Waarna hy ookal soek is hom blykbaar nie beskore nie. Hy kap met sy hande in die gat en buig sy kop stilletjies vooroor. Die trane maak riviertjies oor sy sprankelwit gesiggie.

Hei!

‘n Bergfiets kom maak hom staan teenaan die seuntjie se gat, spat so ‘n paar sandkorrels met die briekslag teen die kind se hempie en broekie. “Hello, ek is Stephan, besig met my morning roll, is jy besig met Kimberley se Gat?”

Die seuntjie sukkel op, vryf met sy vuisies oor sy gesig en al wat hy sien is hierdie baie fênsie fiets met ‘n groterige seun geharnas van helmet, handskoene  tot styfgespande fietsryklere en neon-tekkies.

Hy sê niks nie. Hy staan net daar. Bietjie bang. Hy weet nie wie hierdie man op sy bergfiets-gevaarte is nie. Wat wil hy hê? Hier's niemand anders op die strand nie, is nog te vroeg vir die vlieg-vlooie om uit hul slaapsakke te klim. Dis net hy, sy gegrawe gat in die sand en die oordonderende Stephan.

Stephan laat val sy fiets en kom loer in kleintjie se gat. Die onderste seewater het nou al begin deurkom. Dis net ‘n gat sonder skulpies of mossels of enige ander lewende speeldingetjie.

Hy gaan sit op sy alie en trek kleintjie nader om langs hom te kom sit. Wat is jou naam? Kom, sê vir my, jy hoef regtig nie bang te wees nie.

Anton.

Gaaf, kom sê vir my waarna jy soek. Want jy kry nie altyd die regte goed op die verkeerde plekke nie. Dalk kan ek jou help.

Stephan steek sy regterhand uit vir ‘n groet, net vir Stephan om te sien die kind se hande lyk soos opgefrommelde koerantpapier, daar is eintlik nie meer handjies nie, dis ineengetrekte kloutjies wat hy obviously probeer wegsteek.

Stephan maak asof hy niks sien nie. Hy vat Anton se regterhand met twee hande, saggies, sonder om te druk, en sê ek is bly ek het jou ontmoet.

Ek het ‘n tweede helmet, sê hy. Het jy ‘n fiets?

Ek het, sê Anton, maar… en hy wys na sy hande. Dis maar ‘n gesukkel. Die ander kinders lag vir my.

Bring daai fiets! sê Stephan. Kom ons kyk wie lag laaste!

Versigtig, byna suutjies-suutjies, trek hy sy eie handskoene aan Anton se hande, stukkie vir stukkie, vroetel hy die verloopte vingertjies in die handskoen se vingergleuwe. Maak seker alles is in plek, dat daar nie pyn is nie.

Hoe voel dit? Super! That’s my boy. Ons gaan nou rustig deur Onrus se skiereiland paddle, stilhou wanneer ons moeg is en sommer net vir die see en die golwe en die mal oggend-surfers kyk. En dan vat ek jou na Salomo se versteekte en geheime seeparadys.

My ma-hulle gaan my soek, sê Anton. Not to worry, sê ‘n flinke Stephan, ek het klaar vir hulle ‘n nota gelos: Gone Fishing!

Hulle ry verby Onrus se karavaanpark. Hulle vat die pad skiereiland toe, Stepan altyd bewus dat Anton nie so maklik kan byhou nie. Tot by Onrus se strand waar die gordyne oopgevou word in ‘n extravaganza van see en branders en blou lug en wit sand en early mornning sonsambrele. Hulle gaan sit op ‘n bankie, die seelug voluit in hulle gesigte. Die ouer een steek ‘n sigaret aan, maar blaas die rook weg van kleintjie se gesig.

“Stephan, hoekom het jy my opgetel?”

Stilte.

Stephan?

“Omdat Die Man met my gepraat het. Dis al.”

Die mistigheid maak hul klere klam. Maar dis ‘n lekker see-klamte, propvol reuke van onderwaterse geheimenisse. Tog kry hulle nie koud nie, want Stephan sit so styf teen Anton dat die biesies maar kan begin bewe.

“Waarna soek jy nou eintlik?” vra Stephan, “jou watergat het nie juis iets opgelewer nie.”

Stilte. “Jy gaan vir my lag.”

Van onder Stephan se helmet kom ‘n mooi glimlag, nié ‘n lag nie.

“Toe ek nog so klein soos jy was, het ek my verbeel ek is Livingstone, ‘n explorer, ek wou alles ontdek, aan alles vat en ruik Ek het seebamboes oopgesny om te sien wat binne-in is, ek het met seekrappe op die strand gespeel totdat hulle so moeg was en onder die sand verdwyn het. Ek het met my pa se vissersnet tussen die poele vis gevang en huis toe geneem waar my ma ‘n kiekie geneem en ek die vissies in die water gaan teruggooi het. Af en toe het ek op ‘n baba-seekatjie afgekom, ‘n fassinerende klein wesentjie net om dop te hou sonder om hom te steur. Ek het snags, in die aardse donkerte, met laagwater in Davy’s Pool gaan swem tot die koue my teruggedryf het na pa-hulle se braaivleisvuur. Snags het ek gehoor hoe flirt die vlermuise met mekaar, al fladderend. Maar die hoogtepunt was altyd om ‘n uil te hoor roep, met sy maat wat ‘n entjie verder antwoord.

“So, ek gaan nie vir jou lag nie.”

Het jy vergeet van Salomo se paradys? vra Anton.

Jy het vergeet om my te sê wat jy nou eintlik soek, sê Stephan.

Anton gaan sit op die plaveisel reg voor Stephan. “Ek soek een van daai groot, ronderige, groenerige, stekelrige toemaak-skulpe met die gaatjie aan die bokant. Hy mag nie gebreek of gekraak wees nie. Volmaak. En ek soek ‘n oortelefoon, daai gespikkelde skulpe wat soos ‘n klein skilpad lyk met die gleuf onderin wat, as jy dit teen jou oor hou, jy die see kan hoor, maak nie saak waar jy is nie…”

Tall order,” sê Stephan. “Maar kom ons kyk wat Salomo se wysheid ons dalk mee kan help.”

Hulle trap rustig verder langs die skiereiland, bly ‘n oog gooi op die gety regs wat nou besig is om skuim te bars.

By die sloep vir klein bote gooi Stephan sy fiets weer neer. Hy vra of Anton se handskoene nog in plek is. “My vingers voel vir die eerste keer soos vingers!”

Tussen die kolkende water begin Stephan grou. Liggies, baie liggies. Dit vat ‘n tydjie. Maar in sy nat lyf bring hy in albei hande daai toemaak-skulp, ‘n grote, ongeskonde, perfek, na kleintjie toe. Die water drup nog toe hy die skulp in die seuntjie se hande sit.

Die riviertjies loop weer oor die wit gesiggie. “Dankie, Stephan, so baie dankie, ek dink ons kan nou maar die fluisterskulp los, die mense hier rond sê ‘n mens kry hulle nie in hierdie geweste nie.”

Stephan draai Salomo se geskenk in sy groot sakdoek toe en bêre dit in sy binnesak. “Kom!” sê hy.

Hulle ry deur Vermont se kuspaadjie waar die branders nou al hoogty vier. Die son speel al tussen die melkhoutbome. Anton wil nog vra “waarheen gaan ons”, maar die stilte van die oggend weerhou hom om te praat.

Hulle hou stil voor ‘n houthuisie, ietwat vervalle, maar oraloor behang met skulpstringe en droë bamboes en klipkraletjies en klossies vere  en bossies gedroogde fynbos so reg uit ‘n Boheemse troue.

Binne is dit knus en warm. ‘n Kooltjie of twee brand nog in die klipkaggel. Los matte wat Persies lyk, lê die hele plek vol. Erfmeubels (dit kan nie iets anders wees nie) vervul die shack met menslikheid en toegeëndheid. Daar is selfs vars blomme op die groot eetkamertafel. Beethoven laat hom sagkans van iewers af hoor. En teen die mure hang Marjory Wallis en ‘n kleinigheidjie van Jan Rabie en van Stephan se eie reuse futurustiese skilderye.

Die seuntjie voel ‘n bietjie benoud, hier in ‘n wilde, vreemde man se huis. Oral waar hy kyk, brand olielampe en dik-dik kerse en ‘n sprankie van wierook wat oral huiwer. Hy wil-wil buitentoe, maar sien vir die eerste keer die kieries en krukke by die voordeur.

Stephan merk dit op, maar sê niks. “Kom ek gaan wys vir jou oom Salomo se mooiste mooi.”

Hy stap kaggel toe. “Kom, sê hy, kom kyk!” Op die mantle piece staan hulle, grotes, vettes, klleineres, tot babatjies wat lyk asof hulle nog enige oomblik kan rondkruip. Dis grootste versameling van spikkelskulpe wat Anton nog ooit bymekaar gesien het, die een so mooi en perfek soos die ander. Sy asem slaan weg.

“Maar?”

“Moenie vra nie. Kies vir jou wat jy wil hê. Salomo se poorte bly nie vir altyd oop nie!”

Anton vat ‘n mooi grote. Hy druk dit teen sy oor. Hy hoor die see en die wind. Hy lag vir die eerste keer spontaan. “Hier's lewe in die skulp!”

Dis joune, Anton. Dis die pappa. Hier is die kleiner mamma, ook vir jou. En toe, vanuit ‘n glaskassie, kom hy vorendag met die kleinste van klein soortgelyke skulpies: dis hul baba, ook vir jou. Koester hulle met jou hele hart, want hulle is geneig om te gee wat jy nie het nie.

“En die bubble-skulpie wat jy uit die water opgediep het?” Hy is die anker, sê Stephan. Hy is die middelman, die wysheer. Die ondersese Salomo.

Stephan verpak  hul buit versigtig in sneespapier, nog papier bo-oor, en dan stewig in ‘n boksie sodat niks kan seekry nie.

Albei ry terug karavaanpark toe, glip by die ingang in en Anton beduie waar hul staanplek is.

“Is jy out of your mind?” brul pa waar hy besig is om eiers en spek en wors in ‘n skottelpan oor die kole te vergal, sy wit oupafrokkie vol vetkolle. En die snye brood wag nog hul eie vetterigheid af. “Jou ma is al van haar kop af, sy’t al die sekuriteit op jou gesit!”

Stilte. “Oom, ek het Anton hier buite op die strand ontmoet en al wat ons gedoen het, was om die beste plekke vir die beste skulpe te gaan opsoek. Niks anders nie. Ek kan oom wys.”

Stilte. “Nou wie is jy nou eintlik meneer watsenaam om my kind te kaap en op ‘n jollie patrollie die strate in te vaar? Jy weet seker nie van sy droë perske-hande nie, dat die wind hom al ‘n paar keer lelik agter die kop geslaan het, dat hy soms saans sy broek natpis, dat…”

Stephan kom staan skielik onder die oom se kennebak. Hy haal diep asem voor hy praat en druk sy wysvinger onder die ou man se keel in “ Hoekom kry jy nie vir jou nog ‘n dop nie? Ek sien jul vullisdrom is versier met Kersfeesbottels van Bells en 100 Pipers en Klipdrift en Smirnoff en Gordon’s om nie te praat van die Castles en Black Labels en Windhoek Lager nie. Kom, gooi nog ‘n enetjie, dalk maak dit so effens weer van jou ‘n nagemaakte mens. Wie weet?”

Die oom se gesig word rooi, en dis nie van die eier en spek en wors wat nou al lekker aanbrand nie. Die tier in hom het wakker geword.

“Ek gaan die polieste hier kry. Ek gaan jou aankla van menseskande, van kaping, van kindermolestering!”

Klieng-klieng kom Stephan aan met ‘n dubbele brandy en coke. In ‘n kort glas. “Daars Panado’s binne as oom wil hê. En hiers ‘n sigaretjie, vir die senuwees…”

Die oom bedaar uiteindelik. Hy sien sy seun verwese tussen die melkbosse sit, te bang om ‘n lip te roer. Hy wil nie eens onder sy petjie uitkyk nie.

Die oom gooi die gebraaide gebroedsel uit in ‘n glaspot en sit die deksel op. Hy slof deur die gras na Anton toe. Hy gaan sit langs sy kind en probeer, probeer sy arm om hom sit. “Ek is jammer oor alles wat ek gesê het. Rêrig. Pa se kop hak maar soms uit. En dan is dit die mense naaste aan hom wat die seerste kry.”

Kom wys vir pa jou skulpe, sê die oom. Dan weet ek ook waaroor vanoggend se no-no gegaan het.

“Dis by Stephan,” fluister die kleintjie. “Hy is die bewaker van Salomo se heiligdom.”

Die oom steier orent, help sy seun opstaan, stap terug vuur toe waar Stephan nog voor die laaste kole huiwer.

Jy is eintlik nie ‘n sleg klong nie, sê die oom. Anders sou jy nou al lankal jou fiets wie-weet-waar-toe gespin het. Wys my Salomo se fonds. Asseblief.

Stephan diep die heilige boksie uit sy binneste op. Hy maak dit suutjies oop tot al die skulpe in harmonie vir hulle loer.

”Dis soos Krismis in die land van God”, sê die oom. Nee, sê Stephan, dis die goudmyn waarop julle nog altyd gewag het.

Stephan maak aanstaltes. Maar die oom keer hom. “Hier," sê hy, “’n spesiale handskoen vir mense wat ‘n hand verkoor het. Jy sal die verskil sien en voel net soos Anton met jou handskoene.  En jou been, ek het gesien, bly trap, bly glo, bly die sprankel wat jy vir my seun is.”

Buite lê twee bergfietse, die een so vuil soos die ander, Stephan het sy kunsbeen ‘n bietjie uitgespalk om te rus, hy het die oom se handskoen in plek. Anton kom aangehardloop, oop arms. Hy haal sy petjie af om sy  maanlandskap te wys, Hy bring sy handjies vorentoe sodat Stephan daaraan kan vat. Hy streel oor Stephan se kunshand. Hy kan nie glo dat iemand met ‘n kunsbeen so bergfiets kan ry nie.

Hulle druk mekaar. Hulle soen mekaar op die mond. Hulle gee nie meer om nie: Salomo sy wysheid is besig om te blom.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-24°C Morning clouds. Mild. Pta: 10-25°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-20°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 9-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-28°C Haze. Warm. PE: 16-21°C Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!